Video: Ma voor kinders by skool beroof

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn 37-jarige vrou van Pretoria is Maandag in die parkeergebied buite ʼn laerskool in Centurion, ten aanskoue van twee kinders, beroof.

Dié voorval, buite Laerskool Wierdapark op die hoek van Meyer en Chris Hougaardstraat, is op kringtelevisie vasgelê en op sosiale media gedeel.

Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die Wierdabrug-polisiestasie, het aan Maroela Media bevestig die rooftog het Maandagoggend omstreeks 07:05 plaasgevind.

“Twee verdagtes, waarvan een met ʼn vuurwapen gewapen was, het uit ʼn silwer Audi A3 geklim en die vrou genader terwyl sy die kinders se tasse uit die bagasiebak gehaal het. Die gewapende man het die vuurwapen op haar gerig en haar ring van haar hand af gegryp. Hulle het ook haar voertuigsleutels afgeneem voor hulle gevlug het,” het Huma gesê.

Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die Audi se registrasienommer is onbekend.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die skool was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

Huma het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie te skakel met inligting wat hulle in hul ondersoek kan bystaan, of as mense ʼn verdagte voertuig wat by bogenoemde beskrywing pas, in hul omgewing opmerk. Bel die polisie by 071 675 6459 of Crime Stop 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Jean ·

Sagte teikens, ouers wat vir kinders sit en wag, ouers wat hulle kinders kom oplaai of aflaai, dit is al ‘n ou ding, weet net nie hoe om dit te verhoed nie .. wat van ‘visible policing’ by skole, jy het nie 100 polisiemanne nodig nie, maar daar kan darem twee by ‘n skool aan diens wees tydens spitstye? Ek weet nie wat anders nie . ‘n ma kan seker darem nou nie met haar wapen die kinders by die skool gaan aflaai en aan die skiet gaan nie? Of dalk maar weereens ‘n private sekuriteitsmaatskappy wat die area patrolleer?

Gerda ·

In stede van in groepies by die robotte te staan, kan hulle gerus patrollering doen by skole.

Ouer ·

Op FB het ‘n ander dame gesê dieselfde het met haar gebeur by ‘n kwekery in Centurion. Ek dink almal in die omgewing moet maar ekstra versigitig wees, dit klink na ‘n klomp wat rondry en geleentheid soek met sagte teikens. Wees maar oral ekstra versigtig as jy in of uitklim uit jou motor. Regtig kommerwekkend. As ringe nou die teiken is moet ons dit dalk maar vir eers by die huis los, kan beter wees as om ‘n teiken te word.

Hennie ·

Ek is seker die polisie kan die nommerplaat van die moter laat lees deur n deskundige IT ou. Seker te veel moeite vir hulle.

IT ·

Hi Hennie,

ek is n deskundige IT ou en ongelukkig kan jy net soveel van die beeld materiaal af kry aswat die kamera toe laat, en maatskappye dink altyd hulle kan die “budget cut” by kameras.

Jean ·

Dankie dat jy dit geopper het IT, ek wonder altyd WAARVOOR het meeste winkels en ander plekke kameras as die beeldmateriaal van so ‘n swak gehalte is dat hulle nie die persone of registrasienommers of enige detail kan afneem nie? Dit is net ‘n eye-blind. Ek het altyd gewonder hoekom word die mense nie vervolg nie, dit is omdat die kwaliteit van die beeldmateriaal skokkend swak is en niemand daarmee iets kan maak nie.

Chris ·

En die voorval het gebeur 5 meter van n “gun free zone” bordjie, kan jy dit nou glo.
Lyk my die skelms kan nie lees of prentjies uitken nie.
Of kan dit wees dat hulle vere voel vir die wet?
Dis net wetsgehoorsame mense wat hulle steur aan sulke goed.

Philip ·

Moet egter nie vergeet nie. enige bordtjie of kenisgewing wat mense van iets belet, is “n veilige “Den” vir kriminele, want hulle volg nie reels nie. En weet mos die wets gehoorsame mense gaan maklike teikens dan wees….en ongewapen in die geval. Dis hoekom kriminele kan moor, en jou mag skeit sonder om seker te maak. Jy wat ‘n wets gehoorsame is, mag nie sommer net jouself beskerm nie, jy moet wag tot jy klaar aangeval is en besig is om dood te gaan… Lieflike land wat die krimineel veilig hou…

Tannie Mossie ·

Chris, skrik jy nou eers wakker? Hulle het hul nog nooit aan wette gesteur nie en waar ek bedags ry, ry al wat taxi en ander motors deur rooi verkeersligte en nou begin die ‘wittes’ dit ook doen.

Kowa ·

Die mamma wat met die wit klere by hulle getalm het kon seker tog sien wat gaan aan. Waarom het sy nie maar die registrasienommer afgeskryf of alarm gemaak nie? Dit lyk asof sy met hulle gepraat het. Kon sy dan niks agterkom nie?

Nel ·

Dit sou in elk geval ‘n vervalsde registrasienommerplaat gewees het.

Jakkalas ·

Eks seker sy was gevra met die vuurwapen op haar gerig om te loop. Dit lyk asof sy haar boeglam geskrik het en hulp gaan soek het. Hulle het net daarna hulself uit die voete gemaak. Die kar het die uitgang versper sodat hulle nie ingebox kon word nie.

Karen van Zyl ·

Kowa het jy dalk gesien dat sy verskrik en bang daar amper weggehol het?

Lienkie ·

Hoekom het hul haar motor steutels ook saamgevat? Kan iemand my dalk antwoord.

Alida ·

Ai Lientjie, seker maar om die motor later te kom haal. Dit is tog logies !!!!!

Philip ·

Hulle het goeie kontakte, kan jou besonderhede en adress vinnig kry. Dan kom beroof hulle jou by die huis, ry sommer hulle buit in jou eie kar weg want hulle het mos die sleutels..

Lewies ·

Dit is baie kommerwekkend om geen poliseering in die voor stede sien nie. Mense roof soos hulle wil, taxis ry soos hulle wil. Ek ry elke oggend so 5.30 Marikana toe die manne met hulle boulig motor fietse jag almal verby op die Shoshanguwe pad en staan langs die pad en gesels in groepies. Verder dink ek al die polisiemanne en voertuis is in Shoshanguve gestassioneer soos wat die Bloue ligte van voor kom in Pretoria toe. Ek het ook al baie gesien dat mense se voeruie geen ligte agter het en onpadwaardig en die “Spietkop” jag maar net verby.
Meskien weet iemand hoe om jou wyk se raadslid aan die hande te om sulke goed by hom of haar uit teklaar,of is die raadslid nou gekies , verdien n salris en klaar

IR ·

Vrouens by skole is beslis sagte teikens. Ek vind net hierdie gebeure redelik vreemd – die kriminele is in die parkeerterrein, daar is hoeveel mense wat rond beweeg, maar hierdie spesifieke ma word geteiken, daar word lank met haar gepraat, sy lyk nie juis gestres of skree vir haar kinders om te hardloop nie en dan op die ou einde steel hulle net haar en haar alleen se ring? Dit lyk vir my na baie moeite net om ‘n ring te steel.

Sydney ·

Lewies, “jag ” jy bedoel sekerlik jaag… voertuis – voertuie of het jy dalk bedoel dat die polisie manne op volstruis(e) gaan jag het… meskien het die polisieman ‘n verkeerde volstruis gehad langs die pad met ‘n blou lig op sy kepsie .. :-)

Wiebo ·

Wat help die kamera as dit van swak gehalte is? Dit is dan nutteloos? Hoekom mors die skool dan die geld hierop? By The Club sentrum in Pretoria is daar ORALS kameras. Daar was n bakkie gesteel uit die parkeer terrein 2 vloere ondergronds, en GEEN beeldmateriaal was beskikbaar nie. Wys jou net, kameras is n foefie!
Baie bly die ma en kinders het niks oorgekom nie!

Theresa ·

Het die mense met die wit motor wat agter die Audi parkeer het in die straat dalk die nommerplaat geneem??? veral toe hul sien dis die twee skobbejakke wat wild inspring en wegjaag??

Lalla ·

Dit is kommerwekkend hoeveel motors sonder nommerplate rondry. Daagliks op die N1 sien jy of ‘n Audi of ‘n VW Golg (gewoonlik swart), sonder nommerplate. Ek kan nie verstaan dat die MPD nie onmiddelik jou voertuig skut as jy sonder nommerplate ry nie. Dit is een van die dinge wat teen die wet is, maar nou ja, wette is mos in SA om gebreek te word, nie nagekom te word nie.
Ek is bly die mamma en haar kinders het lewendig daar uitgekom, en nie erg seergekry nie.
Hoog tyd dat ons die regering begin dagvaar vir sulke dinge wat met ons gebeur.
Waarom betaal ons hope belasting elke maand???

Maria van Dieweeck ·

IT jy is so reg! Ons doen cctv en gebruik n vooraanstaande produk. Jy kan letterlik n muntstuk op die grond uitken, maar mense gaan ongelukkig baie maal die goedkoop chopsuey roete en benader ons dan na n krisis.

Tania ·

Somtyds,voel mense,dat hule juis NIE mut skree ni ,want dan skiet di kriminele dalk+hule sal dit bja keer wel doen,omdat jy hule gesien het+hule indi hof kan uitken.Dit wat hule steel,is ni belangrik ni,dis wereld se gut,dis beter om eerder ni di kans te waag+jouself+jou kinders se lewens in gevaar te stel ni. Hulle het al bja net mense se selfone gesteel+ di persoon dood geskiet ,sodat di persoon di krimineel NIE sou kon uitken ni.Ek dink sy was net n sagte teiken,omdat sy wel buite di motor was, kon di roof viniger plaasvind,as wat hulle iemand beroof wat nog indi motor sit.Hulle weet ale vrouens dra tog ringe+hulle kan vinig kontant indi hande kry,hule verpand di ring. Moeni iets simpels aanvang,veral as di krimineel n vuurwapen het ni,want deesdae,sal hule NIE 2 KEER dink ,om jo dood te skiet,vir n item wat eintlik ni waardevol eers is ni.Kies eerder jou+ jou kinders se lewe,laat di item mar gan,want wat sou gebeur,as jy iets simpels sou aanvang+ jy dood geskiet word,,dan sou jou kinders sonder hulle ma sit+ dit oor iets wat jy gedoen het- di krimineel raak paniekerig+skiet jou dood nee wat ,di beste wat jy in so n situasie kan doen is ,om vir DIE VADER TE BID,dat HY julle veilig sal hou,dat HY di situasie sal ooorneem+ JULLE BESKERM!

m ·

Hierdie mense raak nou lekker mak as hulle al mense by skole beroof as jy jou kinders aflaai. Nuwe trick ….

Sê net ·

Skoolparkeerterein en ingang moet omheinde toegang met kaart installeer sodat af-en oplaai veiliger is. As skool dít nie wil dan sal hul twee wagte MOET aanstel.

Grap ·

Alweer swart mans wat ‘n wit vrou aanval as dit andersom was sou die opskrif gewees het wit mans in rasse aanval maar om polities korrek te wees is mos die in ding

Dom Boer ·

‘n Mens skryf TEN AANSKOUE VAN, nie “ten aanskouing van” nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Dom Boer,

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Karkommer ·

Is dit `n Audi? Dit lyk baie soos `n Hyundai Sonata. Kyk na die kantlyne en die chrome-streep op die boot net bo die nommerplaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.