[Video] Ma waarsku ander ná man kleuter byna ontvoer

Argieffoto

Nadat ʼn Johannesburgse vrou se kleuterseuntjie byna by ʼn bekende familierestaurant ontvoer is en die voorval op beeldmateriaal vasgevang is, wil die ma nou ander ouers waarsku om versigtiger te wees.

Lauren Haynes het Maroela Media Woensdag vertel van die skokkende voorval wat op 1 November verlede jaar in die Eagle Falls Spur in Fourways Crossing afgespeel het.

Haynes het gesê sy wou aanvanklik nie gehad het inligting oor die voorval moet in die openbare domein versprei word nie, omdat sy nie ʼn moontlike polisieondersoek wou beïnvloed nie. Nadat dit egter duidelik geword het dat die polisie nie die saak verder gaan ondersoek nie, het sy besluit dat die beeldmateriaal van die voorval op sosiale media gedeel moet word om ander ouers van die gevaar bewus te maak.

Haynes en haar man was die betrokke dag saam met hul seuntjie, toe 22 maande oud, by die restaurant. Hul seuntjie het in die rigting van die speelafdeling in die restaurant gestap, toe ʼn onbekende man onverwags van agter af gekom, hom opgetel en vinnig in die teenoorgestelde rigting gestap het. Haynes se man het gesien wat gebeur en dadelik opgestaan om die man te konfronteer.

“Die man het net dadelik gesê hy het ʼn grap gemaak en uiteraard het dit ʼn woordewisseling tot gevolg gehad,” het Haynes gesê. Sy sê daar was twee ander mans en ʼn vrou saam met die man wat haar kind gegryp het. “Ek vermoed hy wou my kind vir die vrou aangee sodat sy met hom by die restaurant kon uitstap, omdat dit minder verdag sou lyk. Almal van hulle het ook rugsakke by hulle gehad en jy sal nooit weet wat daarin was nie. Dalk ander klere? Ek weet nie.”

Haynes, wat in daardie tyd hoog swanger was, sê sy het probeer om ter wille van haar kind kalm te bly en hulle het die Spur-personeel gevra om die polisie te ontbied. Sy vertel dat haar seuntjie nie besef het wat gebeur toe die vreemde man hom skielik optel nie en nie tyd gehad het om te reageer nie. Weens die hewige woordewisseling tussen die vier verdagtes en die egpaar, het veiligheidsbeamptes die verdagtes by die winkelsentrum uit vergesel. Teen die tyd dat die polisie opgedaag het, was hulle reeds weg.

“Die polisie het ons verklaring afgeneem en ʼn saak van poging tot ontvoering is geopen. Toe ek ʼn paar dae later die polisie bel om te hoor hoe die saak vorder, het hulle vir my gesê die saak is gesluit aangesien die man aan ons gesê het hy het net ʼn grap gemaak,” vertel sy. “Ek het daarop aangedring dat die saak heropen word en dat die voorval behoorlik ondersoek word, maar dit was tevergeefs.”

‘n Skermskoot uit die video.

Haynes sê sy het later beeldmateriaal van die voorval bekom en besluit om dit op sosiale media te deel om ander ouers te waarsku. “Dit gaan glad nie daaroor om Spur in ʼn slegte lig te stel nie. Ek dink hulle het die situasie in daardie oomblik so goed hanteer as wat hulle kon. Hulle het ook agterna weer met my kontak gemaak en gevra of daar iets is wat hulle anders of beter kon doen. Dit kon in enige restaurant of enige ander openbare plek gebeur het,” sê sy.

“Ek wil wel ander ouers en ander restaurantpersoneel en kelners waarsku oor hoe vinnig so iets gebeur. As my man dalk net ʼn oomblik afgekyk het na die spyskaart toe my kind gegryp is, kon hierdie storie baie anders geëindig het. Ouers moet weet dat sulke goed gebeur en dit gebeur vinnig. Hulle moet waaksaam wees en altyd ʼn oog op hul kinders hou.”

Beeldmateriaal van die voorval het intussen soos veldbrand op sosiale media versprei en is teen Woensdagmiddag reeds meer as 370 000 keer gekyk.

Spur het Woensdag ʼn verklaring uitgereik waarin hulle die gebeure bevestig en sê die polisie het besluit om nie die man te vervolg nie. “Die ouers van die kind was tevrede met die manier waarop Spur die voorval hanteer het en die seuntjie se ma het Spur se bestuur geloof vir hul vinnige optrede. Die gesin was sedert die voorval gereelde besoekers aan die Eagle Falls Spur,” lui die verklaring.

“Die veiligheid van kinders is ʼn topprioriteit vir Spur en ons het onlangs landwyd ons personeel in die speelafdelings vermeerder.”

Legal Notice: I have the permission of the mother to display and share this video.People please beware, always ALWAYS keep an eye on your kids when visiting restaurants, malls or any public area.This little boy was nearly kidnapped if it wasn't for the vigilance of his mother and father who spotted the child being picked up by a person and taken away from the play area.From my conversation with the mother, criminal proceedings are underway and also please people, leave the racist comments, finger pointing for your own house and not for this post. Please share to make other parents aware of the dangers out there and let's all keep our kids safe.Please people, I say again, this is NOT about the franchise or race. This is bout the constant dangers out there and we have to be vigilant and protect our kids at all costs.

Posted by Dewald Wessels on Monday, June 19, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

Aster ·

Swak! Swak van die polisie. Hulle moet die man vervolg. Dalk is hulle nog deel v ‘n sindikaat wat kinders ontvoer. Wie de hell maak ‘n grap om ‘n kind te vat “ontvoer” van sy ouers. Belaglik!?

Klag teen held ·

Spur gaan seker die man wat opspring nou ook belet omdat hy so “aggresief” nadergeloop het?

wdp ·

Ek het presies dieslefde gedink, wonder wat spur se CEO hiervan gaan sê

Kaspaas ·

Yip hy gaan verseker belet word van alle Spurs, en die persoon wat die kind gevat het gaan omverskoning gevra word. Het vanoggend by Shell buite Worcester gestop vir ontbyt. Toe ek sien dis n Spur toe klim ek maar in my kar en ry verder.

MissDemeanor ·

Jul sit duidelik die pot mis. Spur het mos baie hard en duidelik laat verstaan waar hul staan in die saak. Spur se verklaring maak dit duidelik dat hul die ouers ondersteun en dat hul sulke gevalle in die toekoms wil voorkom. Ken jul die woord “nuance”?

Lees tog ·

Die man wat opspring is die kind se pa. En die ouers sê tog duidelik hul waardeer Spur se ondersteuning.

amvi ·

Die vieslike ding! En waarom het Spur personeel hom laat wegkom?

christiaan ·

Dit is absoluut so skrikwekkend wat in die land aangaan en wat die polisie ignorer, dit voel regtig of ons nie meer n polisiemag het nie, die eens fantastiese diens wat elke suid Afrikaner gehad het is total weg, ek is bitter jammer vir die polisie mane wat eerlik en in hulle harte n beskermer is maar ongelukkig is dit n klein % dit maak n mens bang elke minuut van die dag

Anti Spur ·

Ag asseblief moet nie so …kruip nie.Waar was julle personeel wat kliente se sitplekke aanwys? Dan sou dit in die eerste plek nie gebeur het nie. Mense hou julle kinders weg want Spur het weereens bewys dat hulle nie bevoeg is om na kliente se kinders om te sien nie.Spur is nie kindervriendelik nie.Julle kinders is in gevaar by enige Spur.

AV ·

Ek wil graag weet of die SPUR nou die vermeende ontvoerder ook gaan verban vir sy onaanvaarbare optrede of is dit maar OK?

Spyker ·

AV! Ek dink as dit i blanke was dan sou hy nie sy gat kon draai nie, dit is mos SPUR se manier!

MWT ·

Dis jammer dat hulle nie fotos van die 4 mense geneem nie. Of net ‘skets van die mense.

Laurika ·

Nina, Spur is ‘n familie restaurant wat juis speel areas vir kinders aangebring het omdat hulle daar welkom is. As jy nie daarvan hou nie, eet liewers tuis.

AhAa ·

Ekt al my kinders toe hulle klein was gestaan en oppas in die speel area, want ek was te ontrustig. Hulle is immers baie meer werd as ‘n bordkos.

m ·

Liewe hemel ek word yskoud as ek dink wat kon gebeur het. n Mens is net nerens mee veilig nie. Jy weet nie wie sit en loer nie….

Oom Charles ·

Netso AhAa. Die Spur verkoop kos. Dis al waarvoor hulle ingestel behoort te wees en al wat van hulle verwag word. Klaar. Hulle is, soos almal behalwe hulle self besef, eerstens nie daar om politieke posisies in te neem en uitsprake te maak in persoonlike geskille nie. Netso ook nie om elke kind in die plek voltyds dop te hou nie, dis so goed as onmoontlik, dink self. Ouers is alleen en voltyds vir hulle kinders se veiligheid verantwoordelik totdat hulle eendag die huis verlaat. Ouerlike verantwoordelikheid word nie uitgekontrakteer nie. Net eenvoudig nooit nie. ‘n Pedofiel of soortgelyke onmens kan op enige plek opduik (selfs tussen eie familie en bekendes). Weet waar jou kind is en moet net nooit jou waaksaamheid verslap nie.

AJ ·

Dankie Maroela Media vir ‘n baie volledige berig, ek het vanoggend die video met ‘n skakel na Huisgenoot gekry waarna ek hul op Twitter gevra het oor die rede vir tydsverloop van November tot nou. Geen antwoord v hul af ontvang nie.

Gerd Lourens ·

Hierdie skelm sal die pakslae van sy lewe gekry het as dit my seun was!!!

Sal nie met ons gebeur nie, want ons gaan nie meer Spur toe nie…

Kaspa ·

As jy sou waag om jou stem dik te maak sou jy nasionale nuus gehaal het en Spur sou jou seker verban het.

Joe ·

Janee Gerd, dit sou sy laaste grapgewees het. Ons wittes leer mos nie, ons gaan nog steeds Spur toe???!!!

Hendruk ·

Nee Hendrik, as jy groter sosiale sirkels gehad het sou jy geweet het daar is baie meer variasies van name.

Jack Russl ·

Die sekuriteitswagte werk heelwaarskynlik saam met die ander 4. Hoekom sou hulle anders die klomp uit die sentrum vergesel en hulle nie aanhou tot die polisie opdaag nie?

Ek neem aan daai 4 is ook verban uit alle spur restaurante…

Maggie ·

Waarom laat ‘n ouer toe dat kind van 22mnde ronddwaal weg van hulle af? Kinders hoort bý die ouers en onder hul oë.
Vra maar net!

Aiai ·

Probeer jy nou n 22 mde baba heeltyd op jou skoot hou! Verder is die restaurant groep bekend vir veilige speel area……. of stel jy voor die ouers kan nooit uiteet tot hul kinders oud genoeg is stil te sit of moet hoogswanger Moeder haar kind in Spur oppas, dog sy gaan eet, nou moet sy heeltyd baby sit

Charmaine ·

Plein en pure nalatigheid om n 22mnde oue kind alleen te laat loop.Maak nie saak waar die voorval gebeur het nie,ouers is direk verantwoordelik vir hul kinders….

Coen ·

Ouens…net n vriendelike waarskuwing. Die sg ” veiligheidswagte” is by hoogste uitsondering effektief. Hulle is eintlik net daar vir n afskrikmiddel. en dit het baie skelms nou al ontdek.
Ek het ook al so n ondervinding in n welbekende supermarkgroep gehad, en die “veiligheidswagte” het net daar met hulle handjies agter die rug gestaan en niks gedoen nie. Sedertdien boikot ek hulle maar net. In ons dorp het ek al saam met Mapogo se manne gewerk en hulle het opgetree !!
Beste raad is….wees wakker en voorbereid. Veral ons wat in n vreedsame era grootgeword het. Dis moeilik om aan te pas, ma dis die feite. Oumense, pas op. Wees wakker…julle is sagte teikens.

botterblommetjie ·

Huh?!!!???? Hulle laat loop ‘n ontvoerder? Hoe gebeur dit… is die artikel reg? Het die man die kind perongeluk gevat…. of gevat met die plan om nie terug te bring nie….. Die gebeurtenis maak geensins sin nie… Wat het dit met spur te doen? Hoekom loop ‘n misdadiger in spur in en vat ‘n kind, wat maak kleur saak van kind of kinderrower…. Wat sou gebeur het as pa dit nie gesien het nie… Dan sou spur skuus gesê het en ouers die spur belet gewees het omdat hulle toegelaat het dat hul kind gesteel word in ‘n familie restourant…. Ek dink ek het sirkeltjies, prentjies en pyltjies nodig om te verstaan hoekom die man vry op straat is…

Catherine ·

Was die ander dag op lughawe. Wou middagete geniet. Alle eetplekke vol , behalwe Spur. Het maar sonder kos gebly!

Gerhard Burger ·

Gegewe die omringende omstandigheidsfeite is daar geen gronde vir die polisie om te besluit of ‘n saakdossier ondersoek moet word of nie. Die verskoning van ‘n ‘grap wat gemaak is’, sal myns insiens moeilik slaag. Dan, die handeling van die ‘verdagte’ kom in terme van die reëls van ons Strafreg eerder op die misdryf ‘menseroof’ (poging as dit moet) neer as ‘ontvoering’. Dit is juis daarvoor wat ‘n saakdossier aangelê moes gewees het EN ondersoek moet word. Na voltooiing van die ondersoek moet die polisie die dossier aan die NVG voorlê vir ‘n beslissing – INDIEN hulle twyfel. Die ouers behoort die saak met die polisie op te neem, by gebrek aan ondersteuning kan hulle die Onafhanklike Klagtedirektoraad ens nader. Die aanklag soos dit tans op die dossier (indien daar een is) aangedui word, kan nog gemaklik met ‘n pennestreep verander word. Hierdie was afleibaar ‘n gefnuikte poging. Daarom, gegewe die omstandighede, het die sekuriteitspersoneel na my mening fouteer deur die verdagte op daardie stadium te laat gaan.

Erick ·

Ons gaan by die huis bly ja. Geniet jou ou Spur. Nooit weer Spur.

Annatjie Kruger ·

‘n Goeie rede om NIE jou kinders by openbare speelplekke in restaurante en winkelsentrums te laat speel nie, maar jou kinders by jou te hou.

Beth ·

Stem saam Annatjie
Ons gaan om as gesin te gaan eet, my kinders 7en 11 het nog nooit die voorreg gehad om in ‘n speel area van ‘n eetplek te speel nie al is daar hoeveel “toesig” ons lewe in ‘n siek land.

Meraai ·

Persoonlik dink ek die ouers moes meer oplettend gewees het. ‘n Amper 2jarige los jy nie op sy eie om te loop na die speel plek nie. Ek hou glad nie van die plekke wat ‘n speelplek het nie.

Ruby ·

Meraai en Frikkie, dis JUIS omdat die pa oplettend was dat hy sy kind kon red!

$ ·

Die ouers was oplettend. Dis waarom die pa onmiddellik gereageer het toe sy seun opgetel is; tel die sekondes tussen toe die kind opgetel is en sy pa uit sy sitplek opgespring het.

Waarom blameer julle ALWEER die slagoffers in plaas van die misdadigers?

Anton ·

…jy los nie jou kind van 22 maande om, in enige plek, alleen te loop nie…ek neem die ouers kwalik…en nie Spur of die Polisie nie…die kind was 22 maande, genade wat weet hy van enige gevare wat 10 tree voorentoe vir hom wag…ek hoop daardie ouers speel daardie video opname tenminste 1 maal n maand vir hul self…

Liewe Heksie ·

Ek stem SO saam met jou Anton!!! Mense is eenvoudig nog STEEDS agtelosig en dink so iets kan nie met hulle gebeur nie!! Ek word woedend as ek dit sien! Die ouers WEET mos kinders word ontvoer! HOE kan jy jou kleuter sowaar alleen laat loop!??? Julle ouers moet begin wakkerword!!!

dpj ·

SPUR bly maar voordurend vir die verkaarde reedes in die massa media.
Hoop hulle verbied die man wat op gespring het lewens lank uit hul restourante. Dit sal net regverdig wees óf is hulle nou net rassiste ???

o ·

‘n Restaurant is nie ‘n speelpark nie. Ouers. pas julle kinders op en leer hulle tafelmaniere. Die wereld is boos daarbuite!

Tanya ·

Ongelooflike swak hantering van die polisie. Dit is maar hoe die polisie so swak naam kry deur insidente soos hierdie. Ek is innig dankbaar dat die pa dit gesien het anders was die situasie heeltemal anders….

Magda ·

Dieselfde Spur as die vorige geval, en JA hoekom word die saak nie ondersoek deur die Polisie en SPUR nie, kan die SWART man duidelik genoeg sien – WIT KIND?? – Dankie tog ek besoek geen Spur nie.

KarenG ·

Ek kam verkeerd wees, maar dis nie dieselfde Spur as die vorige geval nie.

Gaapnet ·

Moontlik wel net ‘n grap, maar is die Haynes familie toe Spur belet na die woordewisseling…?

Ges ·

Ag man julle ry nou n stok ou storie holrug ons eet nog gereeld by spur met of sonder spoeg word groot die is n helle ander story

Koos ·

die spur moet begin dink om armbandjies vir die kinders te gee wat in die speelkamer speel – soos by funky frogs. As hy om jou arm is kan jy nie by deur uit nie en dit maak n alarm… easy peazy… maak dit veleiger vir julle target market nie dat julle anyway worry nie… boikot hulle mense

Steven ·

n kind van amper twee, nie 22 maande nie, in my 348maande raak die net meer irriterend.

Anoniem ·

Wel nou sit ek net en wonder hoeveel ander kinders het weg geraak in die omgewing weens hierdie onkundige hantering.

Scalla ·

Spur stel wel die privaat sekuriteit kamera inligting vry, hoekom dan nie die ander rasse geval nie, seker bang die waarheid kom uit, hul sal my nie weer sien nie.

cor ·

Hoeveelste Spur is dit nou waar die kliente aangehou en beroof word, nou is nkind amper ontvoer wat gaan Mnr van Tonder en kie doen aan die veiligheids situasie by die Spurs. O ja dit is n wit kind en dit sou nie veel skade aan die Spur groep se beeld gedoen het nie en die vermeende kinder ontvoerders se fotos is seker ook nie in surkulasie by al die Spurs nie en hulle is seker ook nie verbied nie.

Nettie ·

Veiligheid binne die konsessies – oftewel ‘franchises’ – sal nie onder die beheer van Spur Corporation val nie. Dit sal die konsessie-eienaar of die kompleks waarin die konsessie is se verantwoordelikheid wees. Gaan jy jou buurman verantwoordelik hou vir die insident as daar by jou ingebreek word omdat hy net langs jou bly? Dink tog ‘n slag!

Leslie ·

Ouers moet self na hul kinders omsien. Spur raak baie besig en is nie ń crèche nie! !

marinda ·

Die ouers moet aanhou met saak vn ontvoering. Hy moet gestop word. Netnou is dit iemand anders se kind. Ons kinders is kosbaar.

ant ·

Jig! Dit maak mens moedeloos as dit duidelik nie ‘n grap kon wees nie! Laat mens wonder of SAPD deur ontvoerders gekorrupteer kan wees, of is dit eerder deur rassisme? Ek dink op hierdie stadium is dit elke lid van Jan Publiek se plig om te help dat die SAPD dit wel sal ondersoek, eerder as net die ouers s’n. Ons as publiek, vir ons beskerming. Kom, SAPD, wat was die grap??

Lise ·

Snaaks, in ‘n dorp in die Wes-Kaap waar ek woon het daar nou al twee restaurante, waarvan ek weet, se speel areas toegemaak en die ouers kla baie daaroor. Ouers sit en eet heerlik en die kinders speel eenkant. Baie maklik om ‘n kind so te ontvoer. Hier is baie siek mense in die wêreld. En geld is die euwel van alle kwaad.

Michael ·

Wat soek die mense nog daar baie beter restaurante as die spur

Deon ·

Dis nie n resturant se werk om kinders op te pas nie. Dis juis al die kinders wat so ronddwaal en hardloop in Spur wat almal irriteer. Ouers is self verantwoordelik vir hulle kinders

Kobus ·

Wat ek graag wil weet is hoekom het die Spur personeel wat by die deur staan om die klieente te ontvang ‘n persoon of persone met oorpak en rugsakke die restaurant toegelaat. Soos genoem is daar nog wat gewag het moontlik om die kind aan die vrou te oorhandig. Ek vra die vraag maar realiteit moet gesien word hierin en hierdie Spur se sekuriteit is ondoeltreffend.

Ai ·

Spur gaan seker die familie verban van enige spur en vir die skelm onverskoning vra. Die hele spil is pateties. Sit my voette al lankal nie meer in daai plek nie. Ouers hou julle kinders dop leer hulle oor die parasiete wat mens se lewe oor neem.

Dellaq ·

Ouers moet hul eie kinders oppas. Kom nie op vir Spur nie, gaan nie soontoe nie,maar ons as ouers moet verantwoordelik vir ons eie kinders neem. Wat kommerwekkend is, is dat spur die incident nie verder geneem het nie…hoe op dees aarde kon dit ‘n grap wees? en die SAPD?? sies! g’n wonder alles verval in die land nie….en die ouers? ek as ouer sou hierdie 3 aangerand het daar in die restaurant dat hulle MY sou verban het….

Johan. H. ·

Jy gaan na i restaurant om te eet.. Jou kind sit langs jou , hopenlik sonder musiek en verjaardag lawaaie,, pas jou kinders op , DIS JOU PLIG, as jy dit nie doen nie is jy i slapgat ouer,,, Die wereld i nie meer soos toe on klein was nie,,, As jy as n ouer nie luister nie sal jy voel, Die wereld het ontsetend boos geraak na 1994

Emsa ·

Dis elke ouer se plig om sy kind om te sien moenie spur blameer nie. Raak moeg vir die spur stories

foxi ·

Ek dink regtig hierdie stories van spur raak nou afgesaag. Dit is regtig nou nie Spur se skuld dat die kindtjie ‘amper ‘ ontvoer was nie. Enige restaurant met n speel area is n probleem. Kinders speel rond en bond en dit is nie so maklik om jou oog ter elke minuut net op jou kind te hou nie.
Hoe op dees aarde hou jy n kind by die tafel terwyl ander kinders lekker speel. Ek dink ook mense raak nou liggeraak met elke insident wat tevore kom. Ouers met kinders moet eerder by n restaurant gaan eet waar daar geen speelarea is nie, dan het hul kinders geen keuse as om by die tafel te dit nie. Kinders moet ook in elk geval nie in die gangetjies en tussen die tafels rond beweeg nie. Probleem opgelos……

Vryheid ·

Spur sal nou onderstebo “Jan pierewiet deur hulle ….. fluit om hul beeld te beskerm.

G ·

Ag lekker man. So die ‘ek het ‘n grap gemaak’ deel, maak hul onskuldig? Wie wil ‘n bank gaan roof? Die polisie sal jou vrylaat as jy sê dit was ‘n ou grappie.

Afrikaanse Knaap ·

Ek sien geen verklaring van spur dat daai “grapmaker” en sy trawante nie meer welkom is in ‘n Spur nie.
Ek is seker die pa van daai seun gaan nou ook geskors word want hy vat mos ‘n man in die Spur aan wat hom wangedra.
As ek nie iets hoor van Spur wat ondersoek instel nie gaan ek ook maar my Spur aandele verkoop en by die Spur boikot aansluit.

MWT ·

Dis jammer daar is nie foto’s of sketse om die mense te vang. ……Ons polisie diens is hopeloos!

MT ·

Dis jammer daar is nie foto’s of sketse om die mense te vang. ……Ons polisie diens is hopeloos!

SARIE VAN HEERDEN ·

Skrif teen die muur: BLY WEG VAN ENIGE SPUR AF.

jaco ·

grap of nie, as dit my kind was, was daai man nou ‘n Doves klient.

Marsha ·

Het julle die ouers dopgehou in die video.Die ma kyk nie een keer om waar haar 22 maande oue seuntjie is nie.As dit my kind was en enigiemand raak aan hom wit,swart ,man of vrou sal ek soos ‘n besetene geskree het en nie rustig daarheen loop nie.Dit is nie Spur se skuld nie maar hoe hulle dit hanteer het is hulle skuld.Hulle moes almal daar gehou het totdat die polisie opdaag.Maar ek het NOOIT toegelaat dat my kinders is waar ek hulle nie soos ‘n valk kan dophou nie.

Werner ·

Iemand wat ‘n kind probeer steel, moet net daar tereggestel word. Die wereld het nie plek vir sulke mense nie.

m ·

So kom die kriminele weg met alles. Hy se net dit was n grap en dit maak nou alles reg. Was daai person ordentlik ondervra gewees. Sekere “grappe” in hierdie land is lankal nie meer snaaks nie want ons het baie siek mense in ons samelewing. As jy wil snaaks wees gaan werk in die sirkus!!!

WILLIE ·

as ek n bank beroof en word gevang se dan vir die polisie dit was net n grap sou hulle my gelos het het die spur dalk nie toutjies getrek om hul naam te beskerm vra maar net

Big daddy ·

Laat ek raai? Die verdagte gaan omverskoning gevra word en verniet kan eet in die spur vir 5 jaar en die rasistiese ouers vd kind gaan spur belet word regoor die land.

Sanet ·

Aaaaag mense. Julle ry die Spur storie nou hol rug. Julle mis die punt. Hierdie kon enige plek gebeur het. Onthou die ma se kinders in die trollie in die apteek? Die vrou het die trollie by die deur uitgestoot toe die ma by ‘n rak gebuk het…. Toe die ma haar keer… selfde storie “ek het ‘n grap gemaak”. Dit het ook in Pick ‘n Pay gebeur. Ook die trollie met die kind weggestoot… ook “Ek het ‘n grap gemaak”. Ook in Toyzone in Centurion. Kind by die deur uit, en die sekuriteit het hulle voorgekeer omdat hulle verdag gelyk het met die seuntjie. Ek praat hier van artikels wat ook daaroor geplaas is, nie hoorsê stories nie….. Haal uit die artikel wat hulle prober sê: “Ons het laks geraak, en hulle weet dit. Hou jou kinders dop”.

Shaun ·

Ek soek weer die chips met die pink sous, eintlik pink sous met bietjie chips in.

Thea Gerber ·

Ek leer my kinders by die skool iets is net ‘n grap as beide die partye daaroor kan lag. ‘n Grap is ‘n grap, maar hierdie is wragtig nie snaaks nie. Ek het gekyk en gekyk, maar ek sien geen iemand lag nie.

Sê Net ·

As jy in ‘n leeuhok gaan rondloop dan gaan die leeus jou opvreet. As jy by die Spur gaan eet soek jy mos vir moeilikheid. Dan is daar mense wat dit nog steeds nie verstaan nie.

grap ·

Dan kan alles wat verkeerd ismet n grap reg gestel word . En net loop IN Brits mol wou hulle n vrou se handsak gryp en gelukkig styf vas gehou en raai wat net omgedraai en gese was n grap en gelag en uit gestap

Sissie ·

In ons mall was ‘n dogtertjie gevat toe hulle haar 30min. later gekry het, het sy reeds ander klere aan haar hare af gesny en bedwelm. Dit is hoekom ek nie inkopies doen met my kinders nie ek gaan as hulle in die skool is of my man saam is dat daar teen aller tye ‘n oog op hulle kan wees. As dit met ons moes gebeur het was daar ‘n klomp dooie grapgat gewees en my man in die tronk. Hy sou bilistic geraak het net omdat jy aan sy kind gevat het.

Verstom ·

Net nog ‘n rede hoekom ons nie weer spur sal ondersteun nie. Human Trafficking is aan die orde van die dag en wie sê dit was nie in die geval so iets nie? Fotos van die mense moes bekend gemaak geword het.

Sê Net ·

Ek stem saam. Ek kan jou amper wed dat Spur niks sal doen of sê in die media om hulle kant te stel nie. As dit ‘n swart familie was sou dit voorblad gewees het hoe hulle onverskoning sal vra aan die familie. Hulle sou ook vir toekomstige berading betaal het. Laat mens wonder, ne?

WILLIE ·

die spur storie nie holrug gery ons soek atwoorde soos 6km vanaf die spur waar die blanke man verban is, is in n ander spur in alberton n jong blanke man ook deur ander kleuriges dood geskop ons wil net weet wie is verban het sy ouers vouchers gekry is hul ook vir sielkundige behandeling gestuur

mamma ·

Ek sal nie my kleinkinders by Spur of enige ander openbare speelplek sonder my persoonlike toesig laat speel nie.

Bella ·

Dit is vreeswekkend! As dit ‘n blanke man was wat die kind gegryp het was Hy nou nog in die tronk! Mense pas julle kinders op. Die duiwel is Los in hierdie land.

POP ·

Ai julle dit is nie SPUR se skuld dat dit daar gebeur het nie. Dit kon in Wimpy of Dros of Panaroties of enige ander eetplek gebeur het. Die mense van SPUR het die mans voorgekeur maar die sekuriteitswagte het hulle uit gevat. Die SAPD sê dan self hulle ondersoek nie meer die saak nie – so as die mense aangehou was sou hulle tien teen een n saak teen die gebou personeel gemaak het. Julle kan tog so op hol raak met iets. Ek eet nog in SPUR. Dankie vir die van julle wat nie meer daar is nie want dit is so lekker rustig daar en ons word vinnig gehelp. Die kos is heerlik en diens vriendelik. Ek wag vir die dag dat dit aan die lig kom hoe dit in ander eetplekke gaan…. waarheen gaan julle dan hardloop? Die take away stalletjie op die hoek?

Jip ·

Jip jy is reg, enige eetplek kon dit gebeur, maar die verskil is in enige ander eetplek, sou hulle nie die man laat gaan het nie. Dit wat hier gebeur was nie ‘n grap nie, jy kan sy skelm vinnig houding sien. Ek stem saam met almal soos duidelik deur Spur bestuur gediagnoseer en bepaal is, as dit andersom was, sou die man geskors gewees het en heel waarskynlik in die tronk.

madels ·

Ek kan nie glo dat hulle die man laat gaan het nie??? Dit was geen grap nie! Kyk mooi na die man se houding nadat hy die kind gevat het, hy was vasberade om met die kind uit die Spur te stap… Plaas dat hulle hom vang en kyk met wie is hy in kontak, ek kan absoluut glo dat die man verkeerde motiewe gehad het en nou loop hy skotvry net om n ander kind te steel.

O genugtig ·

Ek kry sommer weer ‘n angs aanval as die Pa nie sy seuntjie dopgehou het nie, was hy weg. Daardie man het ‘n professionele manier gehad. Kind omgedraai opgetel, sodat die kind nie moet huil of skree nie. Vinnig weg beweeg. Vir almal wat so sê Spur storie is holrug gery, op die tafel lê 2 voorbeelde 1. Kinderkamer voorval en geveg daarna – Spur tree Polities korrek op – regverdig die fout met beledigende aanmerkings teenoor hul kliente (klasifiseer hulle)
2. ‘n Kind word skielik skelm opgetel om te verwyder, Pa konfronteer die man, Spur laat die skelm gaan en Polisie doen ook niks, want die geveg het andersom gebeur as geveg 1. As die man die kind gesteel het, sou dit nie in die nuus gewees het nie. Die ouers het die video geplaas. Werklik dink jy nog mense oordryf oor Spur.

TINA ·

Nee Wat, SPUR SAL ONS NOOI OOIT WEER SIEN, Ek WONDER MAAR NET, WAT gaan aan AGTER DIE GORDYNE, HOE KAN MENSE SOMMER NET IN LOOP, WAAR IS DIE STAFF BY DIE DEURE? SOMETHING IS FISHY….

Sersant ·

As die saak deeglik ondersoek was kon daar baie vinnig resultate gewees het. Al die winkelsentrums is toegerus met van die beste kamera stelsels. Gewoonlik word alle in en uitgange gedek.
Dus kon vidoe materiaal van al die verdagtes betrokke vinnig verkry word.
Ook kon die identiteit van die veiligheidswagte verkry word en deeglike verklarings verkry word.
As verdagtes enige aankope by enige ander winkel of Spur gedoen het in Sentrum en betalings elektronies gemaak het kon kaartinligting nagegaan geword het.
Was parkeer areas toegerus met kamaras?
Gewoonlik word bandopnames gestoor vir n tydperk en kan daar navraag gedoen word.
Die Ouers het n goeie beskrywing van verdagtes en so kan gesig samestelling gedoen word.
Dit sou baie beteken het as verdagtes se fotos en gesig samestellings landwyd in al wat n eetplek en Spur opgesit kon word!
Ek dank wel die Here dat dit nie opgeeindig het in net nog n statestiek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.