[Video] Ma waarsku: ‘Hou jul kinders dop’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Ma van Johannesburg, wie se tweejarige dogtertjie glo amper in ʼn winkel ontvoer is, het ander ouers gewaarsku om ekstra versigtig te wees wanneer hulle met hul kinders in openbare plekke is.

Jennylee Jordaan (24) het Woensdag beeldmateriaal van die voorval op haar Facebook-profiel gedeel. Sy het vertel sy was omstreeks 10:30 Dinsdagoggend in ʼn klerewinkel met haar tweejarige dogter in die sitplek van die winkelwaentjie.

“Die winkel was leeg en ek het nie eers gesien toe drie mans die winkel binnekom nie. Ek het dit eers later op die beeldmateriaal van die winkel se veiligheidskameras gesien,” het Jordaan aan Maroela Media gesê. “Terwyl ek besig was om te betaal, het die winkelwaentjie met my dogtertjie in so effens skuins agter my gestaan. Ek het net gehoor hoe my kind sê “mamma” en ek het omgedraai en gesien hoe ʼn man met haar in sy hande staan.”

Jordaan het gesê sy was so geskok dat sy nie ʼn woord kon uitkry nie en die man net aangestaar het. “Hy het haar vinnig terug in die waentjie gesit en in Engels gesê ‘Nee jong, moenie in die waentjie regop staan nie. Jy moet sit’.” Volgens Jordaan het die drie mans nog ʼn rukkie in die winkel vertoef en sy is met haar dogtertjie uit die winkel uit.

“Ek is die volgende dag terug na die winkel toe om hulle te vra of ek die beeldmateriaal van die veiligheidskameras kan sien. Daar het ek presies gesien wat gebeur het,” het sy gesê.

“Die winkelassistente het gesê die man het moontlik my kind opgetel om te sien of my handsak onder haar is, maar my handsak was oop en bloot oor my skouer. Ek is seker as dit is waarna hy op soek was, sou hy opgemerk het die handsak is by my. My instink het net heeltyd vir my gesê daar is iets baie verdag aan die saak. Ek dink hy het my kind probeer vat.”

Volgens Jordaan was sy by die polisie om ʼn klag van poging tot ontvoering in te dien, maar die polisiebeampte aan diens het gesê daar is nie iets soos ʼn poging tot ontvoeringaanklag nie. Hulle het haar glo na ʼn ander polisiestasie verwys.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, die provinsiale woordvoerder van die polisie in Gauteng, het aan Maroela Media gesê daar bestaan wel ʼn poging tot ontvoeringaanklag, maar die polisie neem sekere elemente in ag voordat ʼn saak geopen word. “Dit sal afhang van die omstandighede en die feite wat die klaer aan die polisie voorlê. Hulle sal dan besluit of daar genoeg bewyse of inligting is om ʼn saak oop te maak,” het hy verduidelik.

“ʼn Klag kan by enige polisiestasie ingedien word en dit word later oorgeplaas na die polisiestasie waar die beweerde voorval plaasgevind het.”

Jordaan het gesê sy sal later vandag na nog ʼn polisiestasie gaan om vas te stel of sy ʼn klag kan indien. “Ek wou net die beeldmateriaal met ander ouers deel sodat hulle kan sien hoe vinnig so iets gebeur. Dit is enige ouer se grootste nagmerrie. Hou asseblief jul kinders die hele tyd dop in die winkels. Ek weet nie wat ek sou gedoen het as hulle my kind gevat het nie.”

We always think these things will never happen to us…In Mall of the South yesterday(26 July 2016) a man tried to take my 2 year old daughter out of my trolley, when she noticed she didn't know the person picking her up she immediately said mommy… that's when I looked. At that moment this man made it seem like he was helping her sit properly in the trolley. Which seemed like it could've been the case because she did stand up a few times in the trolley. My instinct told me otherwise and I went to get the camera footage this morning. My worst nightmare nearly came true… please please watch your kiddies closely in the shops… I dont know what I would have done if he'd taken her… ????

Posted by Jennylee Palmer on Wednesday, July 27, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

CF ·

Jou instink is heeltemal reg, hulle wou jou kind vat! My nekhare rys as ek so-iets sien!

Marina ·

Sjoe, genugtig my mond het nou letterlik oopgeval. Mammas asb as jou kind in ‘n waentjie is maak seker dat die waentjie die hele tyd binne jou oog is. Ek was so rukkie terug saam my kleindogter in die mall, mamma het heeltyd gestres, maar ek het seker gemaak sy is nie buite my sig vir EEN oomblik nie.

Monique ·

Ek sou nie so rustig gewees het nie ek sou hom dalk met die vuis of handsak geslaan het.

Wilmien ·

Sjoe, dis scary…..mense los liewer klein kindertjies by die huis ….kyk hoe vining gebeur so iets.
Die lewe het lelik geword…..

Beth ·

Nie almal van ons het iemand wat ons klein kindertjies kan oppas sodat ons gou winkel toe kan gaan nie.

Ekwilibrium ·

Dank Vader. Van al die sinistere moontlikhede, seker iets te doen met muti… Hulle moet gevang word en gou; waar gaan hulle volgende toeslaan?

Komonstaansaam ·

Dankie tog daar het nie iets erger gebeur nie, maar hul kon die vrou netsowel oorrompel het-moenie jou klein (of groter) kinders blootstel aan so-iets nie! Mense moet bedag wees daarop dat die swerkaters daarop uit is om mensehandel te pleeg-dis aan die orde van die dag! Laat kinders eerder tuis met betroubare toesig, so-nie moet ma’s nie alleen winkels toe gaan nie; gaan eerder in groepe en laat ‘n paar op ‘n slag toesig oor die kinders hou, terwyl die ander inkopies doen. As jy so ‘n verdagte teekom, plaas hom /haar onder burgerlike arres en hou die pepersroei byderhand. ons sal nie ontslae raak van hierdie uitvaagsels met die huidige bestel nie-so, asseblief: wees wakker en hou jou oe en ore oop!

Mams ·

Ek het my kind aan een van daardie harnassies met ‘n leiband winkels toe geneem. Wanneer sy geloop het, het ek haar aan die leiband vasgehou en wanneer sy in ‘n waentjie of in ‘n restaurant gesit het, het ek die harnas aan die stoel vasgemaak. Ek kan nie oorvertel hoeveel mense my openlik aangeval het en beskuldig het dat ek my kind soos ‘n hond behandel nie. Wel, niemand kon haar gryp nie….

nic ·

Ek het dieselfde gedoen en is ook aan sulke verwyte blootgestel, totdat ons saam met die plaaslike buurtwag en polisie so ‘n voorval laat afspeel het in ‘n wi kelsentrum. Toe was die kritikus se mond doodstil. Sy het nie eers na die bevelvoerder van die polisie op die toneel gegaan om komentaar te lewer nie.

Lollapot ·

Ek het ook een van daardie harnassies – en ja, ek kan heelhartig saam met jou stem oor die deurborende kyke want mens kry. Ek voel ‘n veer!! Dis my kind, en sou iemand my openlik aanvat oor die harnas, moet hulle maar regstaan vir ‘n venynige antwoord – hierdie mamma is reg daarvoor!

Wern ·

Baie goeie idee, en die wat julle snaaks aankyk se opinie is enelkgeval niks werd nie.

Griki ·

Mams, jy doen die regte ding. Sulke mense is belaglik en hulle aanmerkings moet geïgnoreer word met die minagting wat dit verdien.

Tania ·

Dit lyk rerig of hy die kind wou vat en nie verwag die mamma gaan so vining omdraai. Die ander twee mans het gemaak of hulle shop. Sjoe wees baie versigtig mammas!

Wern ·

Die mans is nie die tipiese klient wat in so ‘n winkel koop nie. Laat die polisie of privaatspeurder inelkgeval die mense ondersoek, hulle word dalk met vermiste persone verbind.

m ·

Ons leef in n siek samelewing met baie siek mense in dit…..n Mens is ma net nerens mee veilig nie want orals is hierdie elemente wat dwalend is in die winkels…

Reynhardt ·

Ek dink hulle het haar aandag afgetrek van die kredietkaart masjien. Hou die verkoopspersoon dop. Terwyl haar aandag afgetrek is druk hy iets in sy sak / of hy ruil iets om.

Amanda ·

Reynhardt. Jip jy is reg. Hulle is so goed om mens se aandag af te trek dat mense nie eers op die video dit agterkom nie.

Daleen ·

D – Reynhardt ek het nie eers gekyk na die verkoopspersoon nie!! hy het defintief iets snaaks daar gedoen.

Maria van Dieweeck ·

Ek weet soos ek die derde keer kyk. dat my oe agtertoe sou rol vir n oomblik en dat n bol woede sou uitborrel! As iemand dit durf WAAG! Ek dink ek sou hom met die trollie verbrysel! Daar is ook n oplossing wat ek voorheen gesien het, Dit is n bandjie om die kind se arm en n sensor aan mamma, Jy kan dan n radius stel, As baba buite daardie sirkel beweeg gaan die alarm af. Die naam was Angel iets, en is in die Kaap ontwikkel. Help baie as hul begin stap! Ek het eenmaal gesien n ou loer by my aantrekhokkie 7n. Toe hy uitstap het hy sommer by al die dames ingeloer en elke keer n beleefde “o, jammer” saggies aan elke dame!! Ek was gelukkig geklee en agtervolg toe die vark. Daar stap hy reguit na sy swanger vroutjie, waar sy babaklere in die winkel koop!! Wel ek het die HELE Woolies laat weet!! Ek het dit wat hy gedoen het uitgebasuin, Sy vrou moet ook weet as hy dit doen. Ek sou wou! Bestuur het hom kom vergesel en hulle het toe ook deure ipv gordyne ingesit, Bleefdheid en verslae wees, is waarop hul teer. Skree, klap, krap, byt ens en kry dan later bewerasie. Dankie vir die deel van die video, bly baba is veilig.

Wern ·

Maria jy is n sterk mens, dankie dat jy dit gedoen het, mense soos jy maak die wereld n beter en veiliger plek.

vierkleur ·

Ek dink jy het n punt hier. Wat haal die man uit sy sak en dan doen hy iets by die kaart masjien?
Hier is beslis n slang in die gras.

Heidi ·

Hoekom het die verkoopspersoon agter die toonbank niks gedoen om die vrou te waarsku nie. Hy kon duidelik sien wat voor hom besig is om te gebeur.

Francois Le Cochon ·

Julle almal jaag spoke op. Dit is duidelik dat die kind ongelukkig was, en wou uitklim. Die man het hom net oor die kind ontferm, terwyl die ma aangegaan het met haar “shopping”. Hierdie man het net die kind uit die stoeltjie getel, en haar in die trollie gesit om te staan.

Annette ·

Francois ek respekteer jou opinie maar dit lyk tog verdag. Dink jy nie hy sou eers met die mamma gepraat het en dan die baba probeer ‘help’ het nie? Ek dink dit is goed om so n insident te ondersoek net ingeval die persoon wel skuldig is en miskien reeds deur die polisie gesoek word. Dit is ook goed om herinner te word om bedag te wees hoe vinnig ‘n kind gesteel kan word. Ek is baie bly daar het nie iets ondenkbaar erg gebeur nie.

Uys ·

Francois Le Cochon wat rook jy ek hoop nie jy het kinders nie.
Wie gee hom in die eerste plek die reg om aan die kind te vat.
Ek is 1.98m kort.
Hy sal nie daar uitstap nie.
Ek sal amok maak om my dogter te beskerm.

t ·

Francois ek wil ook met jou saamstem. Ek sal baie eerder dink die man het die kind laat regop staan om die kassiere ‘n kans te gee om skelm te wees. Die kans dat hy sou kon wegkom met ‘n ontvoering so diep in die winkel en so naby aan die ma is maar baie skraal. Hulle is slu, nie onnosel nie.

Lance ·

Dis hierdie spoke wat sonder dokumente of n vingerafdruk die grense oorstap na SA ….ons almal weet dit …so dit is wat nou gebeur en so baie ander misdaad ….polisie skrik vir n slag wakker julle weet wat die probleem is so doen om vadersnaam iets vir n slag wat proaktief is !

Penellope Jones ·

O my liewe genade tog !!!! Ek sal totaal van my kop afraak!!!
Soos ek hier sit is ek hoendervleis – dankie tog dat haar instink skerp ingeskop het !!

Yolandi ·

Ek het die week n baie oulike rugsakkie gekoop by n vriendin haar sussie maak dit jou kind gespe die sakkie om hul lyfies vas en dan het jy so tipe leiband aan maar dis nie n opsigtelike leiband nie. Dis eintelik vrek oulik want dit lyk soos n normale sakkie waarin hulle kos en waterbottels kan kom

Andrea ·

Ek dink nie ons het n idee hoeveel kinders gesteel word en oor die grens gevat word nie! My vriendin werk by n plek van veiligheid vir kinders. Sy het vertel v n wit dogtertjie van 9 wat pas daar aangekom het. Haar bene en arms is doelbewus gebreek sodat sy nie kon probeer wegkom nie. Op n manier is sy by n grenspos ontdek. Haar dwelmverslaafde ma het haar aan n Nigeriër verkoop…

SNEL ·

Goeie aarde Andrea, dit is vreeslik wat daardie arme kind moes deurmaak. Dit skeur n mens se hart in stukke. Net bitter bly sy is nou veilig, maar dan dink mens hoeveel is so die land uit met gebreekte arms en bene en in watse pyn moet hulle wees terwyl daai varke met hulle doen net wat hulle wil. Ek dink mens sal op jou rug val as mens van alles weet wat aangaan in die wêreld. Net bly die mamma se kleinding is veilig en dat haar kleinding alarm gemaak het en “mamma” geroep het, om die mamma se aandag te trek, want duidelik sou die een agter die toonbank niks gedoen het nie. Dis skandelik, en ja, miskien was daai een ook nog besig met met boosheid.

Cornelia ·

Jennylee Jordaan jy moet maar so gou as moontlik by jou bank uitkom en n staat trek.
Jy sal dan mos sien of daar gepeuter was met jou kaart. Die winkel assistent lyk baie verdag.
Het saam met drie ander gewerk om Jennylee se aandag af te trek van transaksie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.