Video: Maak gereed vir Pretoria se mooiste wedloop

V.l.n.r.: Lebo Phalula, Lebogang Phalula, Desmond Borrageiro, Rene Kalmer, Bouwer Bosch, Mev. SA Sarah-Kate Scott en Mapaseka Makhanya. Foto: Verskaf.

V.l.n.r.: Lebo Phalula, Lebogang Phalula, Desmond Borrageiro, Rene Kalmer, Bouwer Bosch, Mev. SA Sarah-Kate Scott en Mapaseka Makhanya. Foto: Verskaf.

Die bekendstelling van die Pretoriase been van die Spar Women’s Challenge padwedloop is Donderdag by die Atterbury-teater in die hoofstad gehou.

Altesaam 25 000 atlete, drawwers en lopers neem elke jaar aan die 5 en 10 km-wedloop, wat wegspring in Centurion by Supersportpark deel en volgens die organiseerders is dit nie net een van die top padwedlope in Suid-Afrika nie, maar ook die grootste in die Spar Challenge reeks.

Vanjaar se wedloop sal op Saterdag 29 Augustus om 14:00 plaasvind en deelnemers is tydens die bekendstelling uitgedaag om vir ʼn saak, liefdadigheidsorganisasie of welsynsprojek van hulle keuse te hardloop. Die padwedloopreeks samel jaarliks geld vir verskeie welsynsorganisasies in. Van vanjaar se begunstigdes is organisasies soos Stand for Stan, wat prostese vir minder bevoorregtes maak, die Helpnet Fonds, Hanna Grobler se liefdadigheidsorganisasie, Irene Homes, die Crysalis Stigting en die Cupcakes for kids with Cancer organisasie.

Maroela Media het die geleentheid bygewoon ʼn met een van die ambassadeurs van die wedloop, Bouwer Bosch, asook een van die steratlete van die wedloop, Irvette van Zyl, ʼn organiseerder en die verteenwoordiger van Irene Homes oor die wedloop gesels. Bosch en Van Zyl het ook ʼn paar fiksheidswenke gedeel.

Vir meer inligting oor die wedloop besoek www.sparladiespta.co.za of besoek die wedloop se Facebookblad vir nog fiksheidswenke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.