Video: “Malema het aggressieprobleme”

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die oorspronklike video.

ʼn Video wat wys hoe Julius Malema ʼn man in ʼn kitskosrestaurant in Tzaneen, Limpopo rondstamp, het die publiek aan die gons.

Talle skaar hulle by die EFF-leier, wat beweer hy het slegs die personeel van die eetplek probeer beskerm teen wat hy beskryf as die beledigende optrede van ʼn “besope rassis”.

Ander glo egter weer vir Cassie Moller, wat beweer Malema het, sonder dat hy uitgelok is, aan hom begin stamp en hom beledig. Lees meer oor die voorval hier.

Volgens Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het Malema aggressieprobleme en is dit die derde voorval waarvan die organisasie bewus is waarin hy handgemeen raak met lede van die publiek.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit sal darem vir my baie lekker wees om hierdie vet boef alleen te kry sodat sy bullerigheid uitgesorteer kan word.Dit is tipies van n ding wat niks gewoond is en nou met lyfwagte rondstap.

Eugene ·

Baie goeie insetsel Daniella en eNuus! Aktueel, regverdig en gee altwee kante weer, sonder om kant te kies of ‘n mens te probeer invloed in ‘n rigting in. Ek kan nie verstaan dat die SAUK en Beeld se nuusspanne dit nie ook kan regkry om onpartydige kwaliteit nuus te vervaardig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.