Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, verskyn weer Donderdag in die Randburgse landdroshof in verband met die beweerde aanranding van ʼn polisiebeampte in 2018.
Die staat se twee ooggetuies sal na verwagting oor die volgende twee dae ondervra word.
“Ons hoop dat geregtigheid in hierdie saak sal geskied. Lede van die publiek is keelvol vir die EFF se blatante minagting van wet en orde,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.
Die burgerregteorganisasie se regsverteenwoordiger tree ingevolge ʼn waaksaamheidsopdrag in die saak op.
Malema en Ndlozi staan tereg op die aanranding van kol. Johannes Venter, ʼn senior polisielid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Malema en Ndlozi word al sedert 2019 vervolg nadat AfriForum die hof met ʼn mandamus-aansoek genader het om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te dwing om ʼn besluit oor die vervolging van Malema in hierdie saak én twee ander hangende sake teen hom te neem.
Duvenage sê die EFF se leier “wys sy ware kleure” aangesien hy vanjaar reeds in drie afsonderlike sake op ernstige aanklagte in die hof verskyn het. “Gelukkig sal dit die EFF se reeds kwynende ondersteuningsbasis verder laat krimp,” meen Duvenage.
- Die beweerde aanrandingsvoorval het in April 2018 by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela plaasgevind toe Malema en Ndlozi glo die kolonel in uniform aangerand het.
CIC @julius_s_malema appearing at Randburg Magistrate Court #HandsOffCIC https://t.co/yb7dL7HL9j
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) April 7, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
29 Kommentare
Dat ons so moet sukkel met dié Zimbabwean. Hy is nie eens ‘n Suid Afrikaaner nie.
Bedrywige knapie, as hy nie onmin stook nie, is hy in die hof vir aanjaag.
Untouchables
Help my asb. as ek verkeerd is.
Ek het iewers gelees dat Julius Malema n burger van Zimbabwe is.
Hey mal emmer hoekom teiken jy nie Adriano Mazzeoti die skatryke wit man in wie se huis jy bly. Maar nee hy line jou gatsak en Anton Rupert wil dit nie doen nie. Haat hom maar jy drink sy wyn van sy plaas. What a disaster of a person you are and that’s putting it mildly