Video: Malema onder skoot oor AK47

Julius Malema. Foto: EFF/Facebook

Beeldmateriaal het aan die lig gekom wat wys hoe Julius Malema, leier van die EFF, klaarblyklik ʼn AK47-aanvalsgeweer afvuur.

Die beeldmateriaal is van die EFF se verjaardagviering dié naweek in die Oos-Kaap. Op die video kan ʼn mens sien hoe Malema na die kant van die verhoog beweeg en dit lyk dan of hy verskeie rondes met die geweer afvuur.

Volgens die EFF was dit egter nie ʼn regte vuurwapen nie en is geen werklike koeëls is afgevuur nie.

AfriForum het intussen bekend gemaak dat hy strafregtelike klagte teen Malema gaan indien in verband met die voorval. Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder by AfriForum se afdeling vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die organisasie gaan later vandag die klagte by die Lyttelton-polisiestasie aanhangig maak.

Volgens Kamfer sal die organisasie ʼn klag aanhangig maak ingevolge art. 120 (7) van die Vuurwapenbeheerwet van 2000. “Volgens die artikel is dit ʼn misdryf om ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebied of openbare plek af te vuur sonder goeie rede om dit te doen.”

Kamfer het gesê AfriForum sal ook ʼn klag aanhangig maak rakende die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. “Ons wil uitvind of Malema die nodige toestemming en dokumente het om in besit van daardie vuurwapen te wees.”

Die ANC Jeugliga se eThekwini-streek het intussen die polisie versoek om ondersoek na die voorval in te stel. “Dit is ons mening dat die gedrag onveilig, onverantwoordelik en ook strydig is met art. 120 (7) van die Vuurwapenbeheerwet van 2000,”het Thulisa Ndlela, woordvoerder van die Jeugliga, gesê.

“Ons doen om dié rede ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe om die voorval te ondersoek. Selfs vir iemand soos Malema, wat moreel in gedrang is, is die soort gedrag onaanvaarbaar en moet dit veroordeel word.”

Ndlela het gesê die Jeugliga is bekommerd dat so ʼn openbare vertoning van roekelose gedrag die pogings wat gemaak word om geweld in die land te bestry sal ondermyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Irma ·

Die engelse beskrywing ” loose canon” beskryf die oportunis baie goed. Solank hy alles deurmekaar kan krap en mense opsweep is hy in sy element. Hy kry ook soveel media dekking dat hy hom verbeel hy is baie belangriker as wat goed is vir ekonomiese stabiliteit en vooruitgang.

eugene ·

dis darem wonderlik om te weet Afriforum gaan die Julius seun weer vreeslik irriteer met die hofsaak
dankie Afriforum

Paul ·

CR het met sy voortydige aankondiging oor grondonteiening, voor al die verhore klaar is en hulle het nog nie eens die dokumentasie derugewerk nie, terwyl hulle gister moes koes vir die nuustste werkloosheidsyfers, ook soos “‘n loose canon” opgetree.

Alida ·

Dit lyk my die man is nou heeltemal van sy trollie af. Vat hom vas.

gatiep ·

Die rooi lot wat ons so erg haat gaan ons nog baie sterk maak.

Sonette ·

Wonder wie die witman in die video is wat die wapen by Malema gevat het nadat Malema die wapen gevuur het? Wat maak ‘n witman by ‘n EFF vergadering?

Anoniem ·

Orkestreer die ondergang van sy eie nasie en dink die EFF gaan hom en sy familie ontsien ;-) Wat vra jy nog? Wie dink jy is die grootste dryfkrag agter die EFF, ANC ens? Witmense!

Anoniem ·

Ja, Sonnette. Die wit perd kan ok maar nader staan vir strafregtelike vervolging.

Leser ·

Wonder wie het die video geneem en dit laat uitlek? Dankie vir daai ene…

Ja ·

Ironies hoe hy die wit man haat, maar hy kry wit lyfwagte om hom te beskerm.
Hoe dan nou?

Theresa B ·

Ek stem saam Yster. Hierdie is ‘n knaap met ‘n groot ego. Niemand doen iets aan hoe hy optree of wat hy kwyt raak in die openbaar nie. Hy sweep sy volgelinge op, tart almal en doen die mees onvanpaste dinge openlik want hy weet NIEMAND gaan iets daaromtrent doen nie.

Attensie ·

Ek dink die mense wat Malema nou wil vervolg moet eers net bietjie kundige opinies inwin. Hoewel die video onduidelik is, is ek geneig om te dink dat hierdie nie ‘n regte vuurwapen was nie. Let byvoorbeeld op dat daar geen terugslag (recoil) is soos hy skiet nie en dat die wapen se loop glad nie beweeg nie. Ek het ‘n (wettige) AK-47 tipe geweer en ek kan jou verseker ‘n AK klim as hy skiet – veral as jy hom met net een hand vashou, soos in die video. Hy het ook verskeie skote geskiet, en as hy blanks geskiet het in ‘n regte geweer dan sou die geweer nie vanself herlaai het nie, jy kort sterker ammo om ‘n AK se swaar sluitstuk te laat herlaai. So ja, daar kom wel vlamme by die loop uit (veel minder as met gewone ammo) so in alle waarskynlikheid was hierdie ‘n aangepaste of fop geweer wat in vir TV or flieks gebruik word met iets soos ‘n klapper vir die klank effek en die vlamme by die loop.

Casper Labuschagne ·

Die hoofrede hoekom ek die egtheid van die geweer betwyfel is dat dit, volgens wat op die video sigbaar is, onderdak afgevuur word.

Maar, as dit lyk soos ‘n vuurwapen, voorkom asof dit ‘n volle automatiese vuuraksie het wat onwettig is vir persoonlike wapens, klink soos ‘n vuurwapen, afgevuur word soos ‘n vuurwapen en boonop in ‘n stedelike gebied en deur ‘n persoon wat vermoedelik onbevoeg is om daardie wapen te mag hanteer, dan is die SAPS verplig om ondersoek in te stel, met of sonder enige klagtes wat gelê word. Dit sal dan baie maklike wees om die betrokke wapen te ondersoek asook om die dak van die tent of gebou te ondersoek.

Wat politiek betref, sal dit beter wees as niemand klagtes lê nie en veral nie Afriforum nie, maar dat die SAPS bloot hulle plig nakom om so ‘n ernstige insident te ondersoek in die openbare belang.

Sou die SAPS nie die insident ondersoek nie moet vrae daaroor in die parlement gevra word, of moet adv Gerrie Nel ‘n hofbevel teen die SAPS aanvra sodat hulle hul plig nakom. Maar moet onder geen omstandighede teen Malema self ‘n klag lê nie want dit stook bloot sy eie vuur.

Rooibok ·

Attensie, dit is duidelik dat daar vlamme by die loop uitkom ….. jy moet bietjie jou huiswerk doen …… daar is verskeie maniere om met blanks wel die sluitstuk te laat laai ……. of dit kan ook ‘n .22 replica wees ……
Moet nie die man prober verdedig nie laat hy dan die fop geweer wys waarmee hy geskiet het …… sy intensie was wel nie ‘n fop boodskap nie.

V ·

Snaaks hoe die wit kamaraat die loop van die geweer so netjies na onder rig en die gevaar kant weg van die mense hou… Hy hanteer die wapen duidelik asof dit die ware jakob is? Die wapen is ook nie op automaties afgevuur nie, maar elke skoot moes af getrek word, die terugslag (recoil) is laer. Sal graag die dak wil sien…

Hein Engelbrecht ·

Nie ‘n regte geweer nie. Gaan vertel dit vir die hoenders man. Kyk hoe vkieg die doppies uit.

Lana ·

Stem saam, Hein. Kyk ook na die vuurvonke en hoor die geluid. Verseker ‘n “regte” AK 47.
Sal graag die lisensie wil sien.

Ja hoor ·

En ons is weer so onnosel ons dink dit is ‘n speelgoedgeweer wat hy by TOYS R US gekoop het. Was dit ‘n boer is hy onmiddellik in hegtenis geneem en was hy al vandag in die hof . maar MALEMA kom weereens met ALLES weg, so lieg en bedrieg hy die land en die wereld en hy kry net MEER ondesteuning . baie mense noem hom al MY PRESIDENT . so ja .. brace yourselves, eers raak hulle untouchable soos Mugabe, daarna pleeg hulle al wat ‘n wandaad is en word STEEDS deur die koningin vir ‘n koppie tee genooi al BLOEI DIE BOERE !!

LV ·

Gooi hom met die wetboek! Daar is nog vele ander klagtes onder die Vuurwapenwet waarvoor hy aangekla behoort te word.

Truth ·

Sê maar van hom wat julle wil. Hy is ‘n beter leier vir sy mense as wat ons ooit gehad het.

Truth ·

En dit was leiers soos ons s’n wat ons verraai en uitverkoop het. Leiers met bloed op hul hande.

Asjas ·

Selfbeskikking voor hulle op ons begin skiet, so gou moontlik!

Vermeendes ·

Kul jou hier en kul jou daar.
CR se hulle gaan die grondwet verander om grond te vat en malema speel Rambo. Is ons regtig so blind om nie te sien waar dit heen lei nie. Afriforum en solidaritei moet eerder begin gebeurlikheidsplanne in plek kry vir daai dag wat nader kruip soos n plaasaanval.
Niemand met invloed luiter meer nie.

Andre ·

As daar iemand aan die ander kant was met n vuurwapen het hy die AK weggegooi en weggehardloop

Mielie ·

Hy omring homself met wit misdadigers. Hierdie man gebruik politiek asn rookskerm vir sy ondergrondse aktiwitwite. Hy raak benoud na die ondersoeke want sy trawante en hyself gaan blootgestel word…..Dit is MO

J O H A N N E S !!! ·

Nou toe
Hy het direk gemik vir CR
Ander word sumier gearresteer
Nou jan vele partye hulle staal wys
Waar of vals

WH van der Merwe ·

Mors van tyd en geld om hom te probeer vervolg,hy het twee hofsake wat op die oomblik aan die gang is en ek glo dit gaan ook niks van kom nie

Danie ·

Gebruik daardie energie eerder vir selfbeskikkingsonderhandelinge.

John ·

Is Afrovoorom die Afrikaanse weergawe van die DA want hul werk oorvleuel. Dalk moet een van AgloForum se Ingelse kundiges vir hulle vertaalwerk doen want al die hofsake kos. Ons geagte advokaat moet oppas, daar gaan binnekort met hom gespot word want hy maak nou jag op elke lorrie met papwiele wat stof opskop.

SUSAN ·

Is dit nie onder andere Charlize Theron wat Malema befonds nie?

TP ·

Het ons net 3 politieke partye in SA: EFF, ANC en DA? Waars die ander?

SjN ·

Die betrokke lyfwag is mos identifiseerbaar op die beeldmateriaal, laat hy sy storie sing oor die gebeure, hy het ook die wapen hanteer.

Wonder mos nou ·

Casper & Attensie wat so vinnig op ‘n onduidelike video besluit dis nie ‘n regte wapen nie, wonder julle nie ook hoekom die mnr Snyman so vinnig die wapen vat en verdwyn met hom nie? As dit onskuldige pret is en nie onwettig is nie? Hkm die wapen so vinnig laat verdywn van die verhoog af? Die vent is arrogant genoeg om met ‘n regte wapen dit te doen. En die ou wat dink hy het in die dak in geskiet en daarom is die nie ‘n regte wapen nie? Really? Dink jy vir een oomblik hy gee om of hy iets soos ‘n dak raakskiet? Het Malema al ooit respek of ontsag vir enige iets of ieman gehad? Kom nou

Lana ·

Jy slaan die spyker op die kop – of liewer jy skiet die skoot in die dak.

HPV ·

Malema en sy 6% partytjie, dit regverdig werklik nie enige kommentaar nie. Sonder die media was hy niks. As die eerste skote klap hardloop hy en sy soort hulself uit hul skoene uit!

honourable member ·

Moet nie hierdie nar onderskat nie. Sy party het groot aanhang onder die jonges wat so maklik beeinvloedbaar is.

RM ·

Groot aanhangers. Dit is hoekom CR oor sy voete val om privaat eiendom to konfiskeer.

dup ·

Daar was so min ondersteuners op daai veld ek kon my verbeel ek sien net ligblou.

David ·

Ek het Clipgrab gebruik om die video af te laai en het met VLC in stadige aksie teruggespeel.

Dis duidelik ‘n regte vuurwapen. Mens kan sien hoe die rook en doppies by die kamer uitkom.

Ek haal aan uit die wet op die besit van vuurwapens: “Certain firearms are categorized as prohibited firearms and cannot ordinarily be possessed or licensed under the FCA. These include any

(a) fully automatic firearm;”

Die klag is akuraat – hy swaai daardie vuurwapen rond soos ‘n regte “cowboy” en trek die sneller.

Gideon ·

Al was dit nou ‘n plastiek geweer ook, of ‘n hout een, is dit baie duidelik dat hy daarop uit was om wanorde te saai. Hy hoef mos net ‘n windjie te laat en sy massa volgelinge, wat duidelik aan sy lippe hang, spring op en brand iets af…….gewoonlik hul eie infrastruktuur.

As ek met ‘n nagemaakte geweer in die bank in storm en dit daarmee beroof is dit nogsteeds roof.

Die belhamel hou van amok maak. Hy word toegelaat om dit te doen want hy maak die regte geluide onder sy volgelinge…..dit is nou todat hierdie gebreinspoeldes agter kom hy is nes al die politieke leiers op hierdie stadium…..NET BEK !!!! GEEN RUGRAAT !!!

Lala land ·

Marnus, risikobestuurder van Afriforum, ek hoop dat jy risiko bestuur en ekstra klem plaas op die M in jou van wanneer jy jouself voorstel… n Toe neus of verkoue kan veroorsaak dat tronkstraf jou in die gesig staar… Mense dis darem nou n gevaarlike van in die hedendaagse RSA…

Johan ·

Ek stem saam dat iets gedoen moet word en Malema vervolg word. Sulke gedrag van sogenaamde “leiers” is onaanvaarbaar. Of die NVG enige ruggraat het om iets te doen, is egter te betwyfel. Daarom dat Malema al vir so lank met klomp dinge wegkom wat in ander lande hom baie groot moeilikheid op die hals sou haal. Nee wat, nie veel vertroue in die NVG nie. Inteendeel geen vertroue nie.

Siek en sat ·

Malema doen net wat hy wil want hy weet hy is oñaantasbaar.

RM ·

MM honestly said”IF you cant see the writing on the wall let me write it for you – 1st they sang songs about killing whites, then they openly began saying it during rallies, now they are bringing guns to their rallies to rile up the people before the big massacre just prior to them taking the farms…People you can read the newspapers but can you read the signs?”

RM ·

As jy nie die skrif op die muur kan sien nie, skryf Magosha dit so uitdruklik. 1ste het hulle liedjies gesing oor die doodmaak van blankes, toe het hulle dit openlik tydens die saamtrekke begin sê, nou bring hulle gewere aan hul saamtrekke om die mense voor die groot bloedbad op te ruk net voor hulle die plase vat. Mense jy lees die koerante, maar kan jy die tekens lees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.