Video: Malema uit parlement verjaag

Foto: @POWER987News

Foto: @POWER987News

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), is Donderdagaand gevra om die parlement te verlaat nadat hy geweier het om sy aanmerking dat die ANC mynwerkers in Marikana vermoor het, terug te trek.

Malema het Woensdag in sy eerste parlementêre toespraak die uitlating gemaak tydens die debat oor president Jacob Zuma se staatsrede. “Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die uitlatings wat deur die agbare Malema gemaak is onparlementêr was en nie in ooreenstemming met die betaamlikheid van hierdie huis is nie,” het Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, gesê.

Modise sê hoewel vryheid van spraak in die parlement toegelaat word, daar beperkings deur die grondwet ingestel is. “Die uitlating deur die agbare Malema suggereer dat die regering, wat bestaan uit lede van die huis, doelbewus besluit het om mense af te maai. Dit sê nie net dat hulle onbehoorlike motiewe gehad het nie, maar beskuldig hulle van moord.” Modise het Malema hierna versoek om sy uitlating terug te trek.

“Voorsitter, wanneer die polisie misdaad verminder kom julle hiernatoe en sê die ANC het misdaad verminder. Wanneer die polisie mense doodmaak, wil julle nie hê ons moet hiernatoe kom en sê die ANC-regering het mense vermoor nie. Dit is teenstrydig, agbare voorsitter,” het Malema geantwoord.

Modise het Malema weer gevra om sy uitlating terug te trek. “Ek is jammer maar ek sal dit nie doen nie,” het Malema gesê. Modise het toe gesê sy het geen ander keuse as om Malema te versoek om die parlement te verlaat nie. Malema en die ander EFF-LP’s het opgestaan en die parlement verlaat.

Lees ook:
Malema: ‘Zuma is bang vir wit mense’ (video)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hannes ·

Hier kom ‘n ding met die trawant in die Parlement. Hoop iemand gaan die ou/ens vasvat. Hy is so min ‘n agbare soos my hond se agterent.

AmY ·

Hy is darem maar ‘n dom-astrante mannetjie. En so arrogant, dis om van naar te word. Niks aan hom is snaaks nie.

Boerie ·

Ek het van die begin af geweet Malema is ‘n groter gevaar vir die ANC as vir die witmense. Hy gaan en het al reeds die ANC baie meer skade gedoen as wat hy aan die blankes kan doen. Hy is nog die enigste parlementslid wat die “guts” het om in die parlement vir Zuma te sê hoe sleg is hy. Hy gaan Zumpie en die ANC vernietig, maar ongelukkig gaan S.A. “collateral damage” wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.