Video: Mamba verras mans op boot

Die Swartmamba wat twee Middelsburgse vriende verlede week op hul boot op die Loskopdam verras het. (Skermskoot uit video / Spyker Dormehl)

ʼn Yslike swartmamba het twee Middelburgse vriende verlede week op hul boot op die Loskopdam in Mpumalanga verras.

Spyker Dormehl (45) en sy vriend, Willie Cloete (55), het op Cloete se boot visgevang en was op pad terug toe die boot sonder brandstof gaan staan het.

Die twee het brandstofkanne op die boot geruil. Toe een motor nie wou aanskakel nie, het Dormehl gebuk om die balletjie van dié motor te pomp. Dis toe dat hy die drie meter lange swartmamba gewaar.

“Ek het myself amper bedinges.

“Ek het gedink hy [die slang] het my gepik, want hy het my vinger geraak. As hy het, sou ek dit nie gemaak het nie, want ons was nog sowat ʼn halfuur weg van die damwal.”

Dormehl sê hy is nie in die algemeen ʼn bangerige mens nie, maar het daai dag as’t ware gevries.

“Ek het eers ontspan toe ek sien hy sit onder die motor vas.

Die Swartmamba wat twee Middelsburgse vriende verlede week op hul boot op die Loskopdam verras het. (Skermskoot uit video / Spyker Dormehl)

“As daai ding in die boot beland het, was ons in die moeilikheid.”

Dormehl het die slang eindelik met sy visstok teen die kop geslaan en met ʼn mes doodgesteek.

“Dit was die eerste keer in my lewe dat so iets met my gebeur het. En dít nogal op Loskopdam waar ons gereeld visvang.”

Hy sê hy is nie seker presies hoe en wanneer die slang op die boot beland het nie, maar dat die reptiel beslis nie die hele dag daar kon gewees het nie.

“Ons was van 09:00 tot 16:00 op die water.

“My erdwurmbakkie lê in die hoekie by die pompie van die motor, so my hande was heeldag daar in en uit. As die slang vroeër daar was, sou hy my beslis gepik het. Ek vermoed hy het opgeseil toe ons klaar visgevang en ʼn bietjie ontspan het.”

Die Facebook-groep Snakes of Southern Africa het die video van die voorval van hul blad verwyder omdat hulle meen dat Dormehl die slang met ʼn visstok “mishandel” het.

Dormehl sê egter dat hy geen ander uitweg gesien het nie en gedoen het wat nodig was om homself te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Misky ·

Ek stem saam met Dormehl. As dit in so situasie kom en dis jy of die slang – dan is dit jy en die slang kan bokkeveld toe gaan!!!!

Nettie ·

Eksou dieselfde gedoen hwt hoekom jou lewe in gevaar stel deur n giftige slang.

Marius ·

Dit jammer dat die slang vakkant gemaak moes word, maar ter wille van oorlewing sou ek dieselfde gedoen het.

annie ·

Ag ja… Ons moet tot slange deesdae troetel… G’n iemand sal in die hel beland omdat hy ‘n slang wat hom bedreig vankant maak nie….

Noël ·

In ander nuus: slang verdrink nadat hy 177m ver geslinger word deur verraste visserman.

Noël ·

Jy is seker baie fun by ‘n braai Casper. Hyperbole vir effek.

Frank ·

NUUS PAS IN: Nuwe giftige Suid Afrikaanse slang spesie ontdek….. en hy kan vlieg!!

Louwrens ·

Ek sal hom ook doodgemaak het met wat ookal beskikbaar was.

Corne123 ·

Moet se ek wonder wat wk sou doen ook boeglam skrik en dan wel hopenlik gebeur dit nooit met my nie

Patch ·

As ek nie ‘n banggat vir slange was nie sou ek dit ook dood gemaak het, maar omdat ek ‘n vrees vir slange het sou ek eerder op water gehardloop het om veilig op die wal te kon kom.
O ja… ek swem ook in geen rivier of dam nie, daarom sou ek bo-op die water koers gekry het.

Faraway ·

Dis miskien omdat ons prioriteite agterstevoor is deesdae dat dit gaan soos dit gaan . . .
in hierdie situasie . . . maak hom vrek!

Sandra ·

Ek sal se wat ek sou doen as dit my oorgekom het, maar dis ‘n publieke forum die. Die slang het vasgesit in die enjin?? Miskien sou hy in elk geval seergekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.