Video: Man besoek opspraakwekkende ongelukstoneel dekades later

Christopher White (Skermskoot uit die video)

Drie dekades nadat Christopher White lewend uit ʼn motorwrak geklim het wat oomblikke vroeër iets soos 30 verdiepings ver geval het, het White dié einste ongelukstoneel vroeër vanjaar vir die eerste keer sedert die opspraakwekkende motorongeluk weer besoek.

Dit was ʼn ongeluk wat wêreldwyd aangegryp het: Jare lank is ondersoek ingestel na hoe White met enkele beserings uit dié wrak kon klim ná ʼn ongeluk wat veronderstel was om noodlottig te wees.

Die ongeluk – wat later as een van Suid-Afrika se bekendste ongelukke bekend sou staan – het in 1988 op Chapman’s Peak Drive naby Kaapstad gebeur. White het ná die ongeluk aan verslaggewers gesê hy het vir ʼn oomblik fokus verloor en toe van die pad af gery.

Eers jare ná die voorval het kenners saamgestem: White het oorleef omdat hy ʼn veiligheidsgordel gedra het én omdat hy in ʼn Mercedes Benz-voertuig gery het – volgens kenners in daardie stadium een van die veiligste motors op die pad.

‘n Skermskoot uit die video

Nou het dié motorvervaardiger White ná 30 jaar gevra om dieselfde toneel in ʼn nuwer Mercedes Benz te besoek, maar dié keer in ʼn motor met selfaangedrewe tegnologie.

In ʼn kort dokumentêr wat Mercedes Benz vervaardig het, sê White: “Ek was op ʼn goeie plek en besig om na musiek te luister. Tracy Chapman se liedjie ‘Fast Car’ het nog in die motor gespeel. Ek het vir letterlik sekondes my oë van die pad afgehaal toe die ongeluk gebeur het. Ek onthou nog hoe al die kassette in my motor by die sondak uitgevlieg het. En toe skielik die slag.

“Ek weet nie hoe lank ek in die wrak was nie, maar ek het self uitgeklim. Dit was die wonderlikste ding: Ek het die veiligheidsgordel ontkoppel en uitgeklim. Dis angswekkend om te dink jy was in die voertuig wat so ver geval het. Om die ongeluk te herleef maak my nogal emosioneel,” sê hy in die video.

‘n Skermskoot uit die video

Die video wys hoe White in die selfaangedrewe Mercedes-Benz S-Class verby dieselfde toneel ry waar hy 30 jaar gelede byna sy lewe verloor het.

Die dokumenter is vervaardig as deel van die motorvervaardiger se bemarkingstrategie vir sy jongste toevoeging tot die mark.

Mercedes-Benz het in 1990 ʼn advertensie geskoei op dié voorval vervaardig wat wêreldwyd versprei is om as bewys van die motor se veiligheid te dien. Maande nadat die advertensie in 1990 die lig gesien het, het die motorvervaardiger BMW ook ʼn soortgelyke advertensie geskiet, maar dié keer aangevoer dat White nie beheer oor die voertuig sou verloor het indien hy ʼn BMW-voertuig gery het nie.

https://youtu.be/N_N5suuajsk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Tyd ·

Dit het niks met die voertuig te doen nie, dit was net nie sy tyd om te gaan nie…

Albaster ·

Gaan gaan ons almal gaan, maar daar is nie n voorafbepaalde tyd nie.

VanAfrika ·

My argument ook om te gaan Albaster. So rukkie terug het ek vir mense gesê om op te pas wat hulle sê. Ek het my baba aan die dood afgestaan en dan het mense die voorbarigheid gehad om vir my te sê dit was sy tyd of as hy nie gesterwe het nie was sy jonger boetie nie nou gebore nie. Bly eerder stil as julle nie beter raad het as dit nie. Frikkie dis nie wat Albaste bedoel het nie. God belowe verlengde dae, nie vroegtydige dood nie.

Die regte rede ·

As die persoon wat gesê het dat Mnr. White slegs oorleef omdat hy ‘n sitplekgordel aangehad het en ‘n Mercedes Benz bestuur het dan so seker van sy saak is sal hy seker nie omgee om in ‘n 2018 model vir ons ‘n illustrasie te doen as bewys van sy kommentaar nie?

Nee meneer jy is verkeerd. Mnr. White het slegs oorleef omdat die lewende God Sy hand oor hom gehou het.

Koos ·

Hulle kan gerus vir hom ‘n nuwe C-klas gee in ruil vir al die gratis publisiteit destyds. Land Rover wou ook ‘n advertensie skiet om munt te slaan uit die gebeure, maar die stadsraad was bang al die olieplasse sou die pas nog gevaarliker maak!

Henk du Toit ·

Koos ekt jare terug ‘n Land Rover gehad. Ek kon saamleef met die olie lekke, Ten minste het dan geweet die ding het nog olie in. Wat ek nie mee kon saamleef nie is die winters-oggende wat ek na garage op die hoek moes stap. Ek moes noodgedwonge die Landy daar parkeer oornag anders het het hy my sta wakker breek in die nag. tjietjietjie Hilux of niks.

HPV ·

Dit sal ook gaaf wees van Mercedes om te verduidelik waarom duisende motors se bedrading opgevrot het, asook waarom die motors nooit herroep is nie. Ek was die eienaar van so ‘n motor. Ons moes dit teen duisende Rande self laat herstel.” Google mercedes degradable wiring harnass”.

Bittergal ·

Na die ongelukasdvertensie het BMW hulle kar om die draaie daar laat ry met die opskrif:
“BMW beats the Bends”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.