Video: Man doodgeslaan na hy glo selfoon steel

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n video wat wys hoe ‘n man deur ‘n groep mense doodgeslaan word nadat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy ‘n selfoon gesteel het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê voorval het in Stilfontein Uitbreiding H buite KwaMhlanga plaasgevind. “Dit het op Vrydag 16 Mei plaasgevind. Ons is in besit van die video maar dit het eers verlede week aan die lig gekom. Ons is op soek na die mense in die video en hoop dat ons met behulp van die gemeenskap arrestasies sal kan maak.”

Die video wys hoe ‘n man geskop en geslaan word. ‘n Skare kyk toe terwyl iemand die voorval op hul selfoon opneem.

WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Doen dit met moordenaars, verkragters en almal wat mense in hul eie huise kom martel, vermoor en beroof van die goed wat jy voor hard werk. Dit kan baie statistieke afbring soos dit kan die oorbevolking in tronke drasties verminder. Dit kan korrupsie/bedrog tussen bewaarders en gevangens verminder. Meer word gespraar aan belastingbetalers se geld wat vir ander meer doeltreffende dinge aangewend kan word ensomeer……………….

Monic ·

So wreedaardig! En die beste is hulle pleeg ‘n groter kriminele wandaad as om ‘n selfoon te steel.

Pierre ·

Ongelukkig is dit iets wat ons alhoe meer gereekd gaan sien omdat die regstelsel in ons land onvoldoende is. Krininele beland hethaaldelik terug op straat en mense eaak moeg daarvoor om in vrees te lewe dat hulle beroof woord. Die huis moorde en martelings rooftogte woord nie op video gesit nie maar vertou my, misdadigers is baie meer ongenadig as dit…

Lourens de Beer ·

Een skelm slaan ander dood! Dis so eronies in ons wêreld vandag. Hoeveel van die wat daar om staan en deelneem het nie dalk al self gesteel nie. Siek wêreld, siek! Die satan is die heerser van die wêreld!

Loraine Ginns ·

Werk raak al hoe minder, mense raak desperaat. Om te steel is om the bestaan.

Die Unies skrik ons af om enige nuwe besighede te begin wat n oplossing kan bewerkstellig.

BEEE is die ander afskrik. Dan is daar die hoeveelheid immegrante wat kom werk soek en dit jaag ook die desperaatheid in n krimineele rigting.

,Maklike antwoorde is volop maar werkende antwoorde is min. Almal weet wat ons moet doen maar ons hande is afgesny (wetliks gesproke) voor ons kan begin. Die wette sal moet verander voor ons n nuwe rigting kan inslaan om werk the skep vir die wat wil werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.