[Video] Man ‘gelukkig om te leef’ ná beton deur voorruit vlieg

Foto: Verskaf.

Jacques van Dyk (46), ʼn sakeman van Witbank, meen hy is gelukkig om te leef nadat ʼn stuk beton van ʼn brug af gegooi en deur sy bakkie se voorruit is.

Van Dyk was verlede Donderdag van Parys af op pad na Johannesburg toe die voorval omstreeks 20:15 plaasgevind het.

“Ek het naby die Grasmere-tolplaza gery en daar was betogings aan die gang waarvan ek met my selfoon ʼn video gemaak het. Naby die Potchefstroom/Vanderbijlpark-afrit het ek die betogers wat voertuie met klippe bestook aan die regterkantste baan gesien en toe in die linkerkantste baan in beweeg.

“Daar was ʼn brandende band in die pad aan die linkerkant en ek het toe weer regs geswaai. Dis toe dat ek onder die brug deurgery het en die stuk beton deur my voorruit gegooi is,” het Van Dyk aan Maroela Media gesê.

Foto: Verskaf.

Volgens hom is hy skrams op sy arms getref en het die beton op die agtersitplek geval. Daar het stukkies glas in sy oë gespat. “Die linkeroog was erger geraak as die regteroog,” het Van Dyk gesê.

Hy het onmiddellik Vodacom911 gebel wat hom toe deurgeskakel het na ʼn nabygeleë polisiestasie. “Die man wat antwoord sê toe: ‘Jy het mos versekering? Wil jy ʼn IR-nommer hê?’. Ek het vir hom gesê dit gaan nie daaroor nie, maar oor die lewensgevaarlike situasie op die pad, ons word met klippe gegooi! Hy het die foon in my oor neergegooi.”

Van Dyk, ʼn kontrakteur, het by die Grasmere-tolplaza se badkamers gestop, sy oë uitgewas en agter iemand aangery na die naaste kliniek. “Hulle kon my nie daar help nie en ek is toe na die Life Fourways-hospitaal vir behandeling,” het Van Dyk verduidelik.

Foto: Verskaf.

Hy het Vrydag ʼn spesialis gaan spreek wat bevestig het daar is geen permanente skade aan sy oë of sig nie. “Daar is nog baie swelling, maar dis gelukkig al beter. As daardie klip my teen die bors of kop getref het, was ek vandag nie hier nie.”

Volgens hom het hy ongeveer 100 km/h gery ten tyde van die voorval. Sy ruit, paneelbord, radio, GPS, selfoon en sitplekoortreksels het skade gely. Volgens hom het hy die voorval by die Witbank-polisiestasie gaan aanmeld waar hulle vir hom gesê het om ʼn ongeluksverslag in te vul.

“My vrou is nou so bekommerd oor my en wil nie hê ek moet iewers heen ry nie,” het Van Dyk gesê.

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hettie ·

Baie sad maar is bly jy leef darem! Moet maar baie versigtig as jy verby brug ry en moet nie selfde reguit ry nie, ry verby!

Baie bly ·

Baie bly vir jou dat jy nie erger seergekry het en well done, goed kop gehou en aanhou bly ry. Dit het jou lewe en besittings gered. Ek kan net nie dink dat geen Polisie tot nou die brue dophou en die gemors vang nie.

Geregtigheid ·

Kan ‘n regskenner asb sê hoekom word daar nie ‘n saak van poging tot moord ondersoek deur die polisie nie? Want hierdie is tog duidelik poging tot moord? Kan die slagoffer, mnr Van Dyk, nie so ‘n saak van poging tot moord oopmaak by die polisie nie? Selfs al kom daar niks daarvan nie en is dit net om ‘n stelling te maak. Dis tog nie die eerste keer wat hierdie tipe ding (beton / baksteen wat na ‘n motor geslinger word of van ‘n brug af gegooi word) gebeur nie?

snoefie ·

is dit nie al n fyn kuns in die omgewing van Grasmere nie? die beampte by die polisie stasie moet ook aangekla en onmiddelik geskors word. sulke “diens” in onverskoonbaar. stuur briefaan fikile mbalula en n eis n verduideliking vir die amptenaar se optrede.

m ·

Altyd aan die betoog oor iets maar betaal vir niks……. ai ai

Keelvol !!!! ·

Bitter bly Mnr. Van Dyk is okay. Dit is net vir my een te veel dat die polisie weet hulle is besig om bande te brand en skade aan te rig sover hulle gaan. By die tyd moet die polisie seker al weet die wetters staan op brue. Hoeveel keer het dit nou al gebeur en mense se lewens gekos. Kan hulle nie die brue ook patroleer en skiet waarnodig. Te hel met rubber koeels. Hulle gebruik nie rubber klippe. Skiet die wetters en kry klaar. As dit met my, my man of met een van my kinders gebeur sal ek dit heeltemal verloor. Dan wil hulle sê asb moenie gereg in eie hande neem. Hoe anders moet ons oorleef. Dit is een siek spul……

Manie ·

Aangesien geweldadige betogings en stakings net gaan eskaleer, is dit nie veiliger om soveel afstand as moontlik tussen jou en die oproeriges te kry nie? Beweeg eerder weg na veiligheid sou ek sê, as om in die kake van die leeu te beland omdat jy selfoonvideos wil opneem.

cor ·

Ja dit is die “We want” army, want 22 jaar terug is daar beloftes gemaak en dit is nie nagekom nie, nou is dit die motoriste se skuld en nie die belofte makers wat net vir hulle en hulle gabbas sorg nie.

Chivago ·

Baie min mense (nie eers die polisie nie lyk dit my) besef dat hierdie tipe skade nie gedek word in terme van hul korttermyn versekering nie – Sasria moet opdok so maak seker julle het hierdie dekking ingesluit by jul polisse!

Johan. H. ·

Iemand het my vertel hulle, die polisie kan vinger afdrukke lig op daaie sement, maar dis i duur proses, Weet nie of dit waar is nie, maar miskien moes jy navrae doen en kyk of jy nie die gemors kon opspoor nie, en hom stilletjie laat verdwyn nie.

theo ·

briljante komentaar ons is al klaar in ‘n lae tensiteit burger oorlog

Ai ·

Bly hy lewe al is het hy wel seergekry. Hy moes dalk vir die polisie gese het hy het een van sy aanvallers aangerand, 5 polisie karre sou binne minute daar gewees het.

Kallie ·

Net gisteraand daai pad van PTA af gery,ek kry koue rillings!! Die mense wat die wet moet toepas in hierdie land van ons skitter in hulle afwesigheid!!

Johannes van Staden ·

Die mense is alles onder sie son belowe …nou kry hulle niks en wil ook nie werk vir iets nie …sie staat en die anc het mos belowe …en nou is ons junk status …nou is daar nog minder

Elize C ·

Jacques is “gedwing” om spesifiek in die regter-baan onder deur die brug te gaan met die brandende band in die linker-baan, want daar is geweet die klip-gooier staan presies bo die regterkantste baan. Ek het al die gewoonte aangeleer om tydens onluste, of as ek noodwendig in die donker moet ry, en onder-deur ‘n brug moet gaan, so ver as wat dit moontlik is op daardie oomblik onder die brug van baan te verwissel Die klip-gooiers sien jou voertuig aankom in die linkerbaan, en staan daar en wag om die klip te gooi, gewoonlik as jy weer onder die brug uitkom, as jy intussen van baan verwissel het, kan hul nie vinnig genoeg na jou baan beweeg op die brug nie, en tref die klip jou dan net skrams of glad nie. Dis ‘n ontsettend gevaarlike situasie, hoevele mense het al hul lewens verloor agv klippe wat van ‘n brug afgegooi word. Baie bly om te hoor Jacques het minstens met sy lewe daarvan afgekom. Maar ja….wat van die skade?

andre ·

Die klipgooiers hoop seker jy is dood sodat hulle jou kan beroof,dit is wat hier gebeur.

andre ·

Die klip gooiers hoop seker jy is dood ,sodat hulle jou kan beroof. en vat wat jy by jou het.
dit is wat hier gebeur.

Gert ·

Die selfde gebeur tussen Potgietersrus en Naboomspruit ook as jy in die nag ry word daar bakstene op jou voertuig ge gooi van brue af. Jy kan maar gaan kla daar kom net mooi niks van nie.

Delien ·

Kla asb die betrokke polisie beampte aan! Plaas dit in koerante en op sosiale media! Moet dit nie laat verbygaan nie asb. Lig Agriforum daaroor in. Trouens,word lid by hulle. Hoe durf die polisie die foon in n noodtoestand in iemand se oor neergooi. neergooi! Hy moet sumier ontslaan word.
En prys die Here jy s OK!

Fanie van Rensburg ·

Dit is hoe krimenele beskerm word vir hul stemme in volgende verkiesing. Waar is die dae toe wet en orde gehandhaaf is . Vandag maak polisie seker die krimenele is veilig en word hulle begelei in optogte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.