Video: Man geskiet wat ‘rowers’ verfilm

‘n Skermgreep uit die video van die rooftog in Edenglen. Die 70-jarige man is gewond. (Video: Twitter)

ʼn Man van Edenglen in Gauteng is ernstig gewond nadat hy ʼn video geneem het van ʼn bende vermeende rowers in hul luukse BMW X5, terwyl hulle ʼn huis in die buurt beroof.

Die rowers het oënskynlik gesien dat die 70-jarige man Sondag ʼn video van hulle maak en het hom gekonfronteer.

Die video is later op sosiale media versprei.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê ʼn huisbraak het omstreeks 13:15 plaasgevind. “Net toe die verdagtes op pad uit was, het hulle die inwoners gesien wat op daardie stadium nog onbewus was van wat aan die gang is. Hulle is terstond beroof.

“Terwyl die verdagtes die erf verlaat het, het hulle ʼn buurman opgemerk wat besig was om die voorval te verfilm,” het Peters gesê.

Die rowers se luukse wegkommotor. (Skermgreep: Twitter)

Hulle het hom genader en ʼn woordewisseling het ontstaan. Op die video kan gesien word hoe die man sy sleutel in die lug hou en dan aan een (of meer) van die aanvallers sê “I haven’t got” en “what are you talking about?”

ʼn Skoot klap kort daarna.

Volgens Peters het die rowers die man se selfoon geëis en is ʼn skoot in die daaropvolgende struweling gevuur.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici van dié nooddiens, asook die Emer-G-Med-nooddiens, het die man op die toneel behandel.

“Weens die aard van sy beserings is hy met ʼn Netcare-helikopter na ʼn hospitaal gevlieg vir die spesialisbehandeling wat hy nodig het,” het Herbst gesê.

Hy was in ʼn kritieke toestand.

Peters het gesê die Edenvale-polisie ondersoek klagte van huisbraak en poging tot moord. Die rowers is nog op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Cobus ·

Jissie DewaldS, baie oplettend hoor. Seker niemand het dit gesien nie.

Mv ·

Cobus…moet nie suur wees omdat jy dit nie eerste kon stuur nie…

W ·

Net so, nou kry hulle mayers nog afslag van vonnis ook. Bring terig die hangpaal.

Johann cb ·

Kry die rowers die oorhand nou al tot só ‘n mate dat wetsgehoorsame burgers die onderspit moet delf? Wat het van wetstoepassing in ons land geword?

Gogga ·

wat help dit om SAP te kry??As hul gevang word gee Ramaphosa hul kwytskelding ?? ons bly in wettelose gekke- land!!

Ella ·

Wat gaan aan in die land?
Nou word nog 51 000 misdadigers vrygelaat. Wat gaan dan gebeur?
O ek wens ek kon hierdie helhool verlaat.

Opportunis? ·

Ek sê nie dis enigsins reg dat hy geskiet is nie, maar waarom het hy nie die polisie of ‘n sekuriteitsmaatskappy gebel instede om net aan te hou video nie? Hoe gaan ons land enigsins verbeter as ons instede van voorkoming eerder dink aan die volgende fb video??

Mb ·

Deur hulle te af te neem het hy die kar se nommer gekry. Om die polisie te bel……..wel, dan het hulle niks gehad om die diewe mee op te spoor nie. Well done.

Karlahari ·

Jou naam sê alles. Opportunis
Nie almal neem videos vir FB nie.
Die omie is 70 en hy het gedoen wat hy kon vir bewyse

Marisca ·

Twee weke gelede was my man betrokke in `n gewapende roof in `n winkel en ek het niksvermoedend buite in die motor gesit en wag vir hom. Ek het 3 verdagte mans buite die winkel sien rondhang en juis gedink dis verdag, maar nie iets gedoen en besef wat gaan gebeur nie. Na die tyd kom die verwyte en mens dink moes jy nie foto van hul probeer neem nie of iets anders gedoen het nie. So iets gebeur baie vinnig en jy dink nie reguit nie. Ek het daar besluit om voortaan `n video of foto te probeer neem en kan polisie help om uit te ken of motor besonderhede. So @Opportunis, ek dink nie dit gaan oor `n fb video nie, maar in so situasie probeer jy doen wat moontlik die skuldiges kan vastrek. Wanneer laas het jy die polisie of blitspatrollie probeer bel?

Annelize ·

My man het eendag stilgehou by ‘n robot en gesien hoe iemand van geld beroof word. Die persoon was oppad in die bank in. Die een rower het gesien my man sien hulle, en mik toe ‘n R5 aanvalsgeweer op hom. My man het vinnig weggetrek en is later die middag Polisiestasie toe, waar hulle toe besig was met die saak. Die “slagoffer” was glad nie happy met my man omrede hy ‘n akkurate beskrywing van die een met die R5 kon gee nie. Ons vermoed dit was ‘n “staged” roof.

Suzette Geringer ·

Hierdie gemors weet hulle gaan niks oorkom nie – dit is hoekom hulle enige tyd van die dag doen net wat hulle wil.

AndrewL ·

Dis gewaagd om so openlik ‘n video of fotos te neem. Natuurlik gaan die rowers dit probeer afneem by die fotograaf.

my opinie ·

elke dag slaan ek net my hande opnuut saam en skud my kop, na alles wat gebeur en aangaan wil ons nog 14 000 plus loslaat ooi ooi ooi ons kan net op ons kniee gaan. HKGK!!!!!

Lollie ·

Dis amper genoeg om enige goeie christen die duiwel in te maak. As hy swart was het hulle weer net 48 uur gegee om die skuldiges vas te trek. Ons voel uitgelewer.
Dankie aan die oom wat dapper genoeg was om iets te doen. Sterkte!
Dink net as die tussen 10 000 en 12 000 mense wat gister by die Voortrekkermonument was VF plus wou stem, hoe sterk sou ons wees? Hordes stem nie eers nie. God sê: doen jy die moontlike en Ek sal die onmoontlike doen.
Kom asb mense, saamstaan verrig wonders!

Dom Vraag ·

Nee rerig!!! Sulke mense kom niks oor nie dis hoekom hulle net kan maak wat hulle wil en daar is rerig te veel slegte mense is die land van ons en dit raak net elke dag slegter. Maak mens siek as jy sien wat in die land aangaan kan nie dink dat sulke mense niks fout sien met wat hulle doen nie. Dis net altyd “demand” vir alles wat hul soek en dink hulle verdien maar doen niks goed om dit te verdien nie, hulle help nie eers sorg vir die duisende kinders in kinderhuise, ens. nie, hulle doen niks positief nie

toy ·

Die oom het niks verkeerd gedoen nie. Die peste wat geskied hulle is die kriminele.

Gatvol ·

Die staat moet verantwoordelik gehou word vir alle mediese koste van mense want deur die kriminele onskuldig aangeval word. Hulle is verantwoordelik om wet en orde te handhaaf maar faal geheel en al in hul taak om onskuldige mense te beskerm. Daar moet ten minste nog 200,000 polisie lede aangestel word. Indien die mense eise begin instel sal hulle gou agterkom dat dit baie goedkoper is om eerder nog polisie lede aan te stel. Kom mense staan saam en stuur al julle mediese koste aan die staat. Hoekom moet onskuldige mense met ontsaglike mediese onkoste sit wat deur kriminele op hulle afgedwing is. Arm mense word weggewys na staats hospitale wat ons weet nie die nodige sorg kan bied nie en dikwels tot die dood van die onkuldige slagoffer kan ly.

toy ·

Hy moet na ‘n privaat hospitaal gaan en die staat moet alle kostes betaal. C Ramaphosa het die klomp wat vir kersfees uitkom eintlik ‘n klop op die skouers gegee en gese, weldone dat julle ons land in ‘n kriminele hool verander. Swak!

Esther ·

Mense moet soos die oom begin op staan en een of ander kasie neem. Dit is te maklik om ander pad te kyk en maak of jy niks sien nie. Is dit omdat ons bangate of lafaards gewerk het. Dit is hoekom die misdadigers die oosrand kry, oor die meerderheid wat niks will doen nie. Wees oplettend, wakker, paraat en hou op om ander and toe te kyk. More is die gemors op jou voorstoep dan will jy he ander moet jou help.
Wees dankbaar vir die enkelinge wat enige form van aksie neem en nie net anderkant toe kyk nie.

A Mac ·

“Rowers nog op vrye voet.” Nee, ek dink nie so nie, nie met daardie tipe voertuig nie. Dis net te veel werk om in die eerste plek seker die lisensieplaat te gaan naspoor.

Geskok ·

Hey, Ramapousa…. laat ek raai, hulle was net vryheidsvegters wat hul grond beskerm het ….

George in Bloem. ·

Selfs met ‘n video van die misdaad nog geen arrestasies nie? James. As dit nou ‘n kader was wat deur ‘n bende blankes gedreig en geskiet is was die hele spul verseker al almal in die tronk.

witmense ·

en al die witmense lewer kommentaar en doen verder as dit….niks…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.