Video: Man in hospitaal ná Pta-skietery

Die bestuurder van die swart Mercedes is in die hospitaal (Foto: Crime watch South Africa, Facebook)

Waarskuwing: Die inhoud van die video kan sensitiewe kykers ontstel.

ʼn Man van Pretoria is in die hospitaal ná ʼn skietvoorval wat Maandagoggend in Erasmia, suidwes van Pretoria, plaasgevind het.

In ʼn video wat op sosiale media versprei word, wys dit hoe drie mans uit ʼn wit BMW klim en op ʼn swart Mercedes-Benz losbrand. Hulle klim dan uit die voertuig en begin die Mercedes, wat op die sypaadjie tot stilstand gekom het, met klippe takel. Hulle pluk ook aan die motor se deure. Daarna klim hulle weer in die BMW en slaan op die vlug. Die voorval het omstreeks 09:00 plaasgevind.

Volgens kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het die drie mans tot agt skote op die man in die Mercedes afgevuur. Vyf van die skote het die man glo getref.

Masondo sê een verdagte is kort ná die voorval in die Johannesburgse middestad in hegtenis geneem.

“Die man was in besit van ʼn vuurwapen wat vermoedelik in die skietvoorval gebruik is,” bevestig Masondo.

Volgens Masondo is die motief vir die aanval nog nie bekend nie en die polisie in Erasmia ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

“Die slagoffer is ná die voorval na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Kokerboom ·

Pateties die omstanders doen absoluut NIKS. Siek samelewing

Leana ·

Dit is vandag vir die mensdom belangriker om videos te neem as om te help.

Sarah ·

Ek stem saam, maar in die geval wil dit vir my voorkom die video is deur n selfoon van ‘n laptop afgeneem (seker n nabygeleë huis se sekuriteitskamera)

Persheks Adri ·

Nogals 8 skote… Ek neem aan dis gelisensieerd gggmmmfff

Sêmanet ·

Maar natuurlik sal dit lisensies hê, al die skurke het lisensies vir hul wapens.

Harley Davidson ·

Talk is cheap maar ek sal ten minste probeer het om een raak te ry die arogantheid gaan my verstand te bowe,geen maar geen vrees vir die nagevolge nie en dit lyk meer na road rage as ‘n beplande aanval.

Tiptol ·

Die kriminele gaan net voort waarmee hul besig is ten spyte van motors en omstanders om hulle. Glad nie gepla nie. Siek land waarin ons bly.

Harley Davidson ·

Nadat ek die beeld vergroot het die man in die bakkie, lyk soos sekuriteit wag klim uit met ‘n vuurwapen in sy hand en loop na hulle toe en doen niks pateties.

Wielspore ·

Hoe kan die polisie ‘n saak van moord ondersoek as die persoon in die hospitaal opgeneem is vir behandeling?

Rooikoos ·

MM, hou op om my kommentaar te verwyder.
Ek het gese dis swak joernalistiek.
Steek bietjie die ego in die sak en leer uit my kommentaar!

Janice du Plessis ·

Dagsê Rooikoos

Ons vra hartlik om verskoning vir die fout van ons kant. Die artikel is intussen gewysig om enige verdere verwarring te voorkom.
Dankie! Groetnis
Janice
nms Maroela Media

johann ·

waar sê die berig dat ‘n saak van MOORD ondersoek word ?

Misky ·

Absoluut skokkend en dit helder oordag. Hulle is nie eens gepla as ander motors opdaag en man (lyk soos sekuriteit) uit bakkie klim nie. Misdadigers is nie eens meer bang of probeer wegkom of vlug nie. Asof dit normaalste ding op aarde is. En hulle stil gestaan en moes woorde hê voor skietery. Padwoede dadelik by my opgekom soos ek video begin kyk het

Phil ·

Die arme man was aan sy genade oorgelaat en niemand wil betrokke raak nie. …

Adriaan ·

Een verdagte is in hegtenis geneem en wat is die kans dat hy reeds uit op R300 borg …

Francois ·

Mense, julle kommentaar maak nie aldag sin nie? Moes hulle dan nou tussen die koeëls inspring, en ‘n paar van die ouens vang? Die berig sou dan wees “Dapper omstanders doodgeskiet”

Bushy ·

Presies, toe die sekuriteits man opdaag het hy nie geweet wat daar gebeur het nie soos ons wat die video van begin at gesien het nie. Mense oordeel te maklik en ironies genoeg, die met die meeste kommentaar sou ook net verby gehou het. Sien dit daagliks.

Martie ·

Ek kan nie glo die man leef nog nie genade, dit was a bit of overkill!

Elinette ·

Hoe absoluut skokkend. Hoeveel mense, in hoeveel voertuie – o.m. ‘n sekuriteitsbeampte in sy offisiële voertuig – staan net by en kyk hoe die man in die Mercedes geteiken en later uitgesleep word??? Het ons mensdom dan só gevoelloos geword? Ek sê nie iemand moes inspring en die aanvallers probeer keer het nie, maar ten minste kon hulle probeer het om te keer dat hulle wegkom (die BMW se tyres stukkend gesteek het of sleutel afgeneem het). Net my mening ….

Sêmanet ·

‘n Mens sien duidelik hoe hulle hom nog skop nadat hulle hom uit die kar pluk. Niemand lyk baie haastig om die ou te help of die boewe weg te jaag nie. Hierdie was beslis nie om die kar the hi-jack nie, dis ‘n hit, en baie persoonlik.

SjN ·

Verseker n onwettige transaksie wat skeef geloop het, hul sorteer dit sommer self uit aangesien die polisie diens onbevoeg is om dit te hanteer.

Linx ·

Ek sien hiers klomp bravehearts,wie sou tussen beide getree het

Bushy ·

Niemand van hulle, sien dit daagliks, bitter min mense het die ruggraat om op te staan vir ander.

Marius ·

Die regering wil he die wereld moet bele in SA , maar dit gaan so in die land??
Geen normale mens sal bele in enigiets as dit vrot is nie. Die video beklemtoon maar net die nuwe of ou normaal in die hool .

Blomme ·

Hoe het ons land tot hier gekom.. Sjoe geen respek vir lewe en nie eens meer bang om dit openlik te doen.

Johanna ·

Wild wild west in South Africa
Wetteloosheid het begin by Zuma en Malemma.
Plunder winkels en breek net af soos julle will….
Wie gaan aan julle raak, dockets verdwyn soos mis voor die son

Frank ·

MM, hou asb ontwikkelinge rondom die storie dop? Dis beslis nie ‘n kaping nie, miskien bende geweld?

Die Boerepompie ·

Kan glo hulle doen so iets nie .En dan mag n mens nie eers jou self virdidig nie .so het die anc ons land op geneek saam met al die poletik partye

Yvonne ·

Watter gemors is dit nie….geen respek vir lewe of eiendom nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.