Video: Man in kop geskiet vir TV

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video waarin gesien kan word hoe ʼn vrou en ʼn klein dogtertjie tydens ʼn huisroof voor aanvallers vlug en ʼn man twee keer geskiet word, word wyd op sosiale media versprei.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het laat Sondagaand by ʼn huis in Florida in die weste van Johannesburg plaasgevind.

Volgens hom het paramedici omstreeks 21:30 by die toneel opgedaag. “Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was reeds op die toneel. Iemand was besig om die man te behandel,” het Meiring gesê.

Hy het gesê die man is in sy hand en kop geskiet. “Die wond aan sy kop was ʼn vleiswond, maar ons beskou enige skietwond aan iemand se kop as ernstig,” het Meiring gesê.

Meiring het gesê die vrou het ʼn besering aan haar been opgedoen.

Die beseerdes is na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

JHB West Responders het beeldmateriaal van die huisroof wat deur veiligheidskameras vasgevang is op Facebook gedeel. In die inskrywing op Facebook skryf die organisasie die vrou se been is tydens die voorval gebreek.

“Kringtelevisiebeeldmateriaal toon dat twee verdagtes die voorste hek opgelig het. Toe die huiseienaar gaan ondersoek instel het, het hulle hom in die tuin oorrompel. Een verdagte het die huis binnegegaan en die televisiestel van die muur probeer verwyder,” lui die inskrywing.

Die inskrywing lui verder die man is geskiet en met ʼn hamer aangerand toe hy die woonkamer binnegekom het. Die verdagtes kon daarin slaag om met ʼn silwer of ligblou Toyota Corolla van die toneel te vlug.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Dit lyk in dié stadium of daar net twee verdagtes was, maar daar kon moontlik nog een in die motor gewag het. Ons ondersoek nog die voorval,” het Makhubele gesê. Hy het bevestig dat slegs ʼn televisiestel tydens die rooftog gesteel is.

Sake van poging tot moord en huisroof word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Kyk hier na die video:

[WAARSKUWING] Die beeldmateriaal kan sensitiewe lesers ontstel.

#LOOKOUT Silver or L/Blue Toyota Corolla FN73ZCGP 2b/males armed robbery Thistle Street, Florida, Roodepoort, Jhb, GP. The victim was shot in the head & hit on the head with a hammer, a second victim suffered a broken leg. Both are in hospital in a stable condition for a TV. Call your lookouts as quick as possible on the Gauteng Concerned Citizens crime fighting channel http://zello.me/k/cYC0h

Posted by Gauteng Concerned Citizens on Sunday, December 17, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ouvrou ·

Slotsom: jou lewe is ‘n TV werd Suid-Afrika. Of n selfoon, of n sakkie inkopies, of……

Pieter ·

Hulle gee nie om of die TV beskadig word nie dus gaan hulle hom oopmaak om bestandele vir nyaope te kry

Carien ·

Net nêrens is ons meer veilig nie. Moor ons mense uit oor ‘n TV of selfoon of sommer net omdat dit lekker is! Hoop die mense sal die trauma kan verwerk. Dit moes angswekkend gewees het, veral die klein dogtertjie.

HPV ·

Ons woon in ‘n oorlogsone, opreg dankbaar dat julle die aanval oorleef het! Vyftig mense sterf per dag in die helhool.

Ann ·

Dis vir my absoluut verskriklik!! HOEKOM moet hulle onskuldige mense skiet/wond? Vat net die verdomde TV of whatever jy wil, en LOOP!!
Ek is net dankbaar dat die mense nie dood is nie … my hart gaan uit na die ou dogtertjie wat sekerlik so verskriklik bang was toe haar mamma en pappa seergekry het.

Josua Keys ·

Ann as die tv enigsins iets werd was vir hulle sou hulle meer moeite gedoen het om dit af te haal, dis duidelik hier wat hulle motief was en dit is om te beseer wat in die pad kom of dood te maak die tv was net om roof as motief vir die daad te regverdig, dit is ‘n militaristiese operasie opdrag wat hier uitgevoer was en dit is presies hoe dit met plaas aanvalle ook gebeur, die doel hier agter is om paniek te saai en mense op die manier in vrees te laat lewe want dit hou jou dan in jou huis en maak die “Target” soveel makliker.

Denise ·

SKOKKEND en so word onskuldige mense elke liewe dag aangerand en dit in hulle huis wat n veilige hawe moet wees !!!!!

Tokkie ·

Dit was regtig ontstellend om na die video te kyk – die letsels wat op die arme kind gelos gaan word die res van haar lewe

Maggie ·

Dit is skokkend hoe absoluut doodluiters hulle dit doen.Hulle praat so rustig asof hulle sit en pap eet.

bosveldknaap ·

mense julle moet leer hieruit moenie uitgaan nie bewapen jou self en wees altyd peraad

Hans ·

Ek is dan seker maar onverskulig maar ek gaan nie my op stop sit vir hulle nie. Ek wil en sal elke dag voluit leef hoe lank of kort dit ookal mag wees is irrelevant vir my. Leef mense moet asb nie ophou leef nie. Dit is presis wat hul wil hê. Ja hul saai paniek, jy voel magteloos, tog staan mens weer op en gaan aan. Let wel ek was al 4 keer sulke gevalle so ek weet hoe dit voel en was al daar.

Johanna Botha ·

Ag niemand is eers eers bang vir die polisie want NIKS gebeur nie …..nuwe SA ..no rules !

LB ·

Net om die video te sien los letsels…Ek verpes hierdie land!

kat ·

Kyk wie die leiers van die land is en jy het jou antwoord oor waarom dit so gaan.

Hans ·

Hoop van harte dat hul die regte hulp sal kry wat hul nodig het na so n voorval. Stem saam al die ander inskrywings. Skurke loop buite rond en die onskuldige mense bly in hul self gemaakte tronk. Het self 4 keer deur die slefde of soort gelyk gegaan, genadiglik was my kinders nie tuis nie of het hul net nie gesien wat gebeur het nie. Alle strekte vir die pad voorentoe. Soms wonder ek of ons RSA mense nie al so gewoond is daaraan dat dit net n alledaagse sameloop van sake is nie.

kat ·

Jy isreg Hans, dit is al alledaags want dit is waarom die polisie nie iets daadwerkliks daaromtrent doen nie en ook nie die minister van polisie nie.
Soos ek se – kyk na die leiers van die land…

Pietman ·

Ás die lot gevang word, gaan dit seker net “huisroof” wees, en nie poging tot moord nie.

Bekimerd ·

Op die video kan mens duidluk in die begin sien hoe mamma met dogtertjie na veiligheid hardloop. In die vlug proses trek mamma die dogtertjie en sy stamp ha kleien lyfie teen n kas of iets wat in hul pad was waarna due rowers agter na op na en kund weer skiet.

Nerens in die berig word genoem dat die digtertjie enige beserings of skietwonde opgedoen het nie. Net van die ouers.

Ek hoop regtig nie sy het seer gekry nie en dat ma en Pa sal herstel

Werner ·

Dis seker nou nie polities korrek nie hoekom is my eerste kommentaar nie geplaas nie maar as die ou n wapen gehaad het kon hy sy gesin beskerm het

Chris ·

So bly ek het my gesin 17 jaar gelede uit daardie korrupte en gewelddadige land geneem. Ek sluit nie eers my voordeur of voertuig waar ek woon nie. En dit in n dorp van 60 000 inwoners. Sterkte aan alle SA’ners.

Andrea ·

Jy was só slim en dapper om dit te doen. Beny jou jul lewenstyl. Glo jy sê elke dag dankie.

Keelvol ·

Ek moet eerlik sê ek is n positiewe mens wat die beste in elke mens sien… Maar hierdie is barbaars. Ons kan almal bang wees in Suid Afrika. Almal van ons was al slagoffers of sal binnekort wees. Almal kry n beurt. Ek glo ook in my hart dat dit glad nie saak maak hoe jy jou probeer beveilig nie…. hulle sal nog steeds vat wat hulle wil hê en moor wie hulle wil moor. Ons is te dankbaar as hulle iets vat en nie die mense skaad nie… die feit is HULLE HOORT NIE IN JOU HUIS EN HULLE BEHOORT NIE JOU GOED TE VAT WAARVOOR JY SO HARD WERK NIE. Ek sal my kinders nie verkwalik as hulle land uit wil vlug nie… hoop ek kan saam.

Elsa ·

Sigbaarheid…Polisie en Sekuriteitswagte in elke omgewing, voorstad en straat….dit is moontlik …

linda ·

Ek is so bly niemand is dood in die aanval! Vir almal wat se bewapen jouself wil ek vra … Was jy al in so n roof? Was daar tyd vir jou om jou geweer uit die kluis te haal of even tyd om n boef te skiet terwyl hy n 9mm teen jou kind se kop hou? Tweedens hoe bewapen jy jouself as jy nie n vuurwapen mag hê agv n rekord oor iets wat jy NIE GEDOEN HET? die beste rugbyspelers sit altyd op die bank dalk moet jy 2 keer dink voor jy kommentaar lewer oor n situasie waarin jy Nog nie was! Sal maar n knipmes by my hou en vir die boef vra om te wag terwyl ek dit gou skerpmaak! Mense!!!!

Sussie ·

Dis waar Linda. Ek is self deur twee van hulle aangehou en beroof met wapen teen my kop terwyl my wapen aan my sy was. Jy us magteloos met ‘n wapen teen jou al het jy self een.

Doofbultjie ·

Wat aangaan daai man wil Tv eers breek maak dan huistoe vat, gaan by Zuma se huis probeer vat. Hoop Cyril moet self kyk en dan help vir nuwe SA

Deon Koegelenberg ·

So die polisie se SLEGS n televisie stel is geneem as of dit nie veel saak maak nie want dis slegs n tv stel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.