ʼn 42-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy amok by ʼn vulstasie in Pretoria gemaak het terwyl dit op ʼn selfoonkamera afgeneem is.
Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het Saterdag tussen 14:00 en 16:00 by ʼn vulstasie in Capital Park in die Moot plaasgevind.
“Metropolisiebeamptes was aan diens en het roetinepatrollie in die woonbuurt gedoen toe petroljoggies hulle ontbied het. Hulle het gesê die man wou brandstof ingooi, maar het hom wangedra,” het Mahamba gesê.
Op die video, wat sedertdien wyd op sosiale media versprei word, kan ʼn mens sien hoe die bestuurder besope voorkom, omstanders vloek en weier om uit sy blou Mustang te klim.
Die beamptes het hul hande vol om die bestuurder teen omstanders te beskerm wat hom wil aanrand. Die man jaag uit die vulstasie weg, draai dan skerp in die straat en jaag weer by die vulstasie in en mis ʼn voetganger skrams. Hy bots dan reg van voor teen ʼn stilstaande bakkie voor hy poog om weer weg te jaag, en word dan in hegtenis geneem.
Mahamba het gesê die man het probeer om die metropolisiebeamptes om te ry en het ook ʼn mes by hom gehad, waarmee hy hulle glo wou aanval.
Die man is op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en die besit van ʼn gevaarlike wapen in hegtenis geneem. Volgens Mahamba was die man baie gewelddadig en kon metropolisiebeamptes nie daarin slaag om sy bloedalkoholvlak te toets nie. Mahamba vertrou egter dat die polisie die nodige toetse sou doen om vas te stel of hy onder die invloed van enige middels was.
Die man se naam word weerhou aangesien dit nog nie duidelik is of hy alreeds amptelik aangekla is en in die hof verskyn het nie. Die polisie kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.
Daai man het geen hemp aan nie, dit se vir my alklaar besope. Mense wat drink verloor alle “common sense”.
Nee nee nee moenie alle mense wat drink onder dieselfde kam skeer nie, nie almal wat drink gedra hul so nie
Ja nee, so onkuis kan n mens darem nie bestuur nie
JA maar niemand se hoekom die polisie hom aanvanklik uit die kar probeer ruk het en hom ge-man handle het nie. Ek keur glad nie hierdie ou se optrede goed nie, maar as jy aan die begin van die video kyk sien jy hoe ruk en pluk die polisie aan hom terwyl hy BINNE in sy kar gesit het. watter skade doen jy aan iemand as jy IN jou kar sit? AS hy petrol wou ingooi, hoekom bel die joggies die polisie? Het hy nie betaal nie? Jy hy het daarna heeltemal bos geruk, dit is waar, maar WAT WAS DIE OORSAAK??
Dit was nie die polisie wat hom eers uit die kar probeer haal het nie. Kyk weer mooi.
Ek wil tot ‘n mate met jou saamstem, maar dit sal ook gehelp het as die mense bietjie dink. Kry EERSTE die sleutels in die hande as jy met ‘n voertuig-bestuurder onder die invloed deurmekaar raak.
As jy na die knaap se gedrag kyk kan jy sekerlik begryp dat hy buite beheer was en hom verset het? Hy moet maar sy pakslae soos ‘n man vat!
Dis reg dat jy jou maar kan wangedra en totaal besope agter jou voertuig se stuurwiel is en jy is glad nie ‘n gevaar vir ander mense nie. Ek dink daar was rond kyk twak ook by betrokke.
Die petroljoggie is seker gevloek en sleg gese dis hoekom hy die polisie geskakel het.
Dit was die polisie wat hom uit sy kar trek/ruk in die begin EN daar was ‘n klap uitgedeel van daardie kant af. Later lyk dit ook of hy dalk geskop kon gewees het – absurde gedrag. Die gereg kan dalk hier aangekla word vir mishandeling!! Ja die ou is natuurlik verkeerd. Hy het niemand probeer skiet nie – waarom is hy so hanteer – a nee a.
Hoop die kamera-werk word nie ge-edit nie.
Ai – siesa !!
Sulke swak gedrag.
Wonder wat het hy vir homself te sê toe hy weer by sy sinne was ??
Geen nugter-denkende mens behoort só tekere te gaan nie.
Kwaai movie die
Skokkend! Ek skaam my…
Brannas het nie brieke nie! Die Mustang blykbaar ook nie……
Hahahahahahaha!
Hahahhehehehiehie en rondkyk twak en baie geld ook nie. Iewers ‘n bedorwe brokkie wat net alles te maklik kry. NIEMAND SE VIR MY EK MAG NIE DRONK ONDER DIE TWAK BESTUUR NIE!!!!!
Heigent Hert Meneer!!!!!
Capital Park, nou-ja, wat meer kan ‘n mens se.
Nie mooi nie Barries
… mense in glashuise…
Is so Oordeel, mens moet nie orodeel, maar kyk dit kon nie per ongeluk gebeur het nie. Jy raak mos nie per ongeluk onder die prop, ruk jou op en neuk die hele wereld op nie. Jy beplan dit, so dan moet jy nou maar ook so dapper vat wat jou kant toe kom. Almal het groen koring, maar ek glo almal probeer hul koring nie te vol geld stop en hul word geleer om gevolge te dra, as jy nie weet van gevolge dra, dan dink jy, jy kan dronk bestuur, wat as hy ‘n klein kindjie dalk joune of ‘n gesin uitgewis het deur koppigheid, dan praat ons weer.
Barries ek dink jou kommentaar is ongevraagd, daar is commen mense in Pretoria Oos ook.
As jy nie van beter weet nie bly liewerte still!!!!! Jy bly seker in Mooikloof die dat jy neer kyk op ander mense!!!
Wonder nou net – word mens nou geken aan jou area vir die “sondes” wat jy pleeg. Wat sal ons dan nou oor waterkloof sê na die Waterkloof 4 ?
Wanneer sal ons ou nasietjie tog leer dat ons NIE meer sulke dinge kan aanvang nie… Nog ‘n ou wat hulle gaan toesluit en die sleutels weggooi!!
Uh hu sluit hom toe. Hy gaan dit weer doen!!!
Die Tswane metropolisie is bekend daarvoor dat hulle traag is om alkoholvlakke te wil neem. Pateties.
Ja brandewyn het nie brieke nie . Wys jou net jy wil n larny voertuig ry , maar het nie klas nie. Dit is seker nog die bank se kar ook. Na dese is hy op sy voete gehelp deur die polisie en die bank.
Tipies FORD bestuurders……dis wanneer die kar te GROOT vir hom raak.
Dit is bietjie van ‘n veralgemening Jannie … twee van my gesinslede en 4 van my nabye familielede ry almal Fords en sal hulle beslis nie aan sulke gedrag skuldig maak nie!
Ai ou Jannie, ek kan nou nie namens al die Ford bestuurders of eienaars praat nie, maar hoop tog jy voel gou beter. Vriendelike FORD Groete.
2 liter Coke + 1 liter Brandewyn = 3 liter Ford
By vêrre die beste kommentaar sovêr, lmga!!!!
baie skerp – nou hou ek ook sommer van wiskunde (-:
Dit is verseker nie n 3l Ford nie.
@Piet Pompies ???
2L coke en 3L brannewyn = 5L V8 (keek weer mooi)
Ek lag my pap…skerp???
Ek het geen simpatie met hom nie!
Help my as ek verkeerd is maar nadat hy in die wit bakkir vas ry, en hulle hom uit die mustang sleep….en die ou met die jean hom skop of iets….wat se die man met uniform??????
Hy sê “Don’t hit him”.
Ja maar nadat hy gese het “don’t kick him”
Drank is ‘n vieslike ding. Maak dat jy jou lewe verwoes!!!!
Hoor vir Tarzan
Te veel geld, te min verantwoordelikheid
My persoonlike opinie… daai knaap was nie net onder die invloed van drank nie, daar moes iets anders ook in sy sisteem gewees het!!
Die video shortcut onderaan die berug wil nie werk nie.
My Bokkie da vat hy …..
Hehehe goeie een
Drank en dwelms ‘n mense VERWOESTER!
Na dese kan hy ook se “Ek het ‘n mustang besit”
Hoop nie jy het ook “try so slim raak nie” hahaha grap net
Hy is nou in die moelikgeit by die bank
Daai is geen manier om op te tree nie, onder die invloed of nie, almal kyk nou na wat die man in die Mustang gedoen het, maar wat van die polisie wat hom so rondruk? Wat van die polisie beampte wat die mustang se spieël half af geslaan het? En wat van die man ( mens kan nie heeltemal sien wat in die video gebeur nie) wat tien teen een hom geskop het nadat hy uit sy voertuig verwyder is?? Gaan hy net daarmee wegkom? Dit tel in my oë as n saak van aanranding, want wie gee hom die reg om die man te skop of slaan reg voor die polisie se oë?? Dit maak my siek. Wys presies hoe dubbelsinnig ons land se wette kan wees, en dit is presies hoekom dit in ons land gaan soos wat dit doen…
2 L Coke + 1 L brannewyn + 3L Ford ☺☺☺☺☺☺☺☺☺☺hahahahaha, klassiek.