Video: Man in oprit deur kapers geskiet

SOG het die foto op sy Facebook-blad gelaai.

SOG het die foto op sy Facebook-blad gelaai.

Beeldmateriaal van ‘n kringtelevisiekamera is beskikbaar gemaak wat wys hoe ‘n man Dinsdagaand in die oprit van sy huis in Alberton deur kapers geskiet word voor hulle met sy motor vlug.

The Citizen berig die voorval het Dinsdagaand omstreeks 19:30 in South Crest plaasgevind. Du Toit Lambrechts, eienaar van die veiligheidsmaatskappy Special Operations Group (SOG), het aan die koerant gesê die eienaar van ‘n wit Volkswagen Polo was besig om in trurat uit sy erf te ry toe hy deur ‘n ander motor afgesny is. In die video kan daar gesien word hoe die man vinnig terugry in die erf in voor twee kapers uit die ander motor spring en na die Polo hardloop.

Lambrechts het aan The Citizen gesê die man is twee keer geskiet. Een van die kapers het die man deur die passasiersruit geskiet terwyl ‘n ander kaper hom deur die bestuurder se ruit geskiet het. Hy is in die linker- en regterarm geskiet en het ook ‘n wond aan sy bors opgedoen. In die video kan daar gesien word hoe die kapers die gewonde man uit sy motor pluk voor hulle wegjaag. Lees meer hier.

Bron: The Citizen

Die video is deur SOG op Youtube gelaai. WAARSKUWING: Die beeldmateriaal kan sensitiewe kykers ontstel.

Lees ook:
Kapingsvideo: “Dis maar dinge wat gebeur”
Man in kapingsvideo dalk Vrydag ontslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

David Petzer ·

Daai bleddie hond is ook net n pillevreter en lyk my ken die rowers!

Suzette Avis ·

Lyk my of die hond die een aan die passasiers kant ken. Kyk hoe waai die hond sy stert in erkenning van die terroris.

Hondjie ·

Hoekom gebeur sulke dinge met onskuldige mense, wanneer sal mens ooit kan veilig voel in jou eie huis, dis om van naar te raak. of jy nou swart , wit, pienk of pers is moet jy kan veilig voel waarookal jy is, kom ons gee die land n nuwe uitkyk en begin saamstaan teen geweld en maak ons land n beter land

Jasper ·

Ek wonder net hoe het die drek geweet dat die man gaan ry om so skielik agter hom te stop ?

Antoinette van der Wat ·

Ons bly nou al 14 jaar in Botswana. Ons is te bang om met ons Botswana reg in SA rond te ry. Ons was amper eenmaal gekaap op die afrit by Jetpark in Boksburg.
Dit is pateties dat jy nou nie meer injou eie erf veilig is nie. Die geweld raak net erger in SA.

Jean Rossouw ·

Ja Antoinette, ons woon in mosambiek. En ons weet nie van die tipe ding nie maar nogsteeds soek die SA pers en mense die kleinste te dingetjie om Mosambiek sleg te maak.

BETS DE VILLIERS ·

Ja dit is vreeslik om die te sien. Kom SA ons kan saamkniel in gebed. Net Jesus kan ons land red.

helgaard ·

Net ver baas dat die hond nie agrisief voor gekom het teen oor vreemde persoon nie , en dat hulle ,hulle nie eers aan hom gestuur het nie, het nie eers woorde of verder kommetaar , kan net dankie sê vir die Skepper dat die gewonde nog kans het om aan te sterk

Jean Rossouw ·

Julle word daagliks vermoor in julle eie huise. Ek woon in Mosambiek en het nie hierdie nonsense nie. En as daar net klein bietjie slegte nuus hier is dan wil die pers en die Suid afrikaners hulle self verlustig daaraan . haal af julle oog klapppe en kyk wat om julle aan gaan.

Peter Says ·

Sommer net, Nee, net wond is nie n opsie nie, more is hulle weer doenig.

AmY ·

Dis vir my so sinneloos en wreed. So onnodig. Wanneer en waar gaan alles eindig?

Marlito ·

Wanneer daar niks meer oor is nie, dis wanneer hulle ons gaan terug smeek …

Nuus_Leser ·

Dis tragies… Een ding wat vir my pla, is die honde , hulle doen niks? Is honde nie veronderstel om juis in sulke gevalle te byt nie? Of maak ons diere lief hebbers ons honde te mak groot?

Susan de Klerk ·

Saans as ek tuiskom “reverse” ek die kar in die garage in. Voordat ek die garage deur oopmaak skakel ek die kar aan en sé vir myself as hier enige gewapende XXXXXXXXXX is ry ek hom onderstebo. Sommiges sal sé ek het nie n kans nie, maar ek sal my voertuig gebruik as n wapen.

sarah ·

Ek is n persoon wat naby my Here leef, maar van die voorval in Bethulie attie, klein willemien , vrou,is ek n ander mens veral as ek sulke goed ook moet lees>>>>> dit grens aan bitterheid….

Mariëtte du Plessis ·

Ek is in 2005 ook in SouthCrest gehijack ook so voor ons kompleks se hek. Dit is die aakligste gevoel. Dit was die begin van die sindikaat op kapings van vw’s in die area. Hulle ry in die gebied rond en soek karre wat ‘n sagte teiken is. Kyk mooi na die kar wat by die hek verby gery het voor die man uitgery het. Dit is hulle wat hom raakgesien het en terug gekom het. ‘N Maand na my voorval was daar reeds amper 10 ander gevalle net in ons woongebied. Kan nie glo dit gaan nogsteeds aan nie!! Ek het ook altyd gesê ek sal hulle omry of hulle skop en slaan, maar glo my. As jy daardie pistool in jou gesig sien werk jy maar saam. Ek dank net die liewe Vader dat hulle my nie saam geneem het nie en net my polo gevat het. Ons het ook die kar dieselfde aand terug gekry. My gebede gaan uit na die familie in die video. Dit is regtig traumaties. En mense, wees maar wakker. Kyk uit vir verdagte voertuie en rapporteer hulle. Wat de duiwel soek hulle daar in die eerste plek!!!

Susan de Klerk ·

Jou kommentaar word gemodereer. Iemand wat geheel en al nie kan spel nie is meer aanvaarbaar vir julle as kommentaar wat dalk skoorsoekend is. Ek het so dan en wan die webblad besoek maar vandag was dit die laaste. Hoekom berig julle nog oor gevalle waar mense geskiet word net om hul besittings te roof? Emosies moet beheer word en niemand mag kwaad word nie. Ons bly nie in LALA land nie, maar klaarblyklik dink julle so.

Sollie ·

@Susan de Klerk – die dinge gebeur mos, moet Maroela nou maak asof dit NIE gebeur en NIE oor dit berg nie? Dis mos laf! Die realiteit is die dinge gebeur en mens kan dalk net iets leer uit wat gebeur – BYVOORBEELD deur agteruit in te ry sodat jy kan sien wat om jou aangaan ens.Kommentators kan dalk van hulp wees met voorstelle om so iets – indien nie kan verhoed maar minstens tyd gee vir ‘n persoon om alarm te maak of iets. Die mense wat die hond nou so slegmaak, aaaaarde tog… dit IS heel moontlik iemand wat hy ken en die wat hy niks doen nie – weereens kan mense dalk hieruit iets leer (die eienaar of polisie kan dan dalk agterkom dit is wel iemand wat bekend is aan die eienaaar).

Max ·

En mense vra my hoekom ek ‘n wapens ondersteuner is… Mens staan net ‘n beter kans. Al wil jy nie teenstrydig wees nie sal hulle jou martel en beseer of doodmaak. Dit is nou net wat misdaad geword het in Suid Afrika… Gewapende roof eindig ongelukkig meestals in die wegneming van ‘n Suid Afrikaanse lewe… Ek sal eerder uitgaan met ‘n wapen in my hand. Ek bid vir my mede Suid Afrikaaners en julle geluk en veiligheid.

Nicolene ·

Ek sou my kar in reverse gesit het en soveel skade op hulle kar en my kar maak dat hulle meer vir die skade moet betaal as wat hulle gaan kry vir die kar. Want skiet sal hulle jou skiet, maak nie saak wat jy doen nie.

Morne ·

ek is reeds deur sewe voorvalle van gewapende roof, kapings en “smach en crabs”in die laaste vier jaar, ek se genoeg is genoeg, mooi praat help nie meer nie, soebat help nie meer nie, ek is KEELFOL vir al die twak in ons land

Max ·

Verkieslik iets kompak wat gemaklik dra… Maar niks minder as ‘n 9mm Parabellum nie. Mense moet hierdie rerig oorweeg… Meisies ook… ‘n Dame het onlangs haar eie lewe gered deur vuurwapen gebruik in ‘n soortgelyke situasie. Bewapen jouself wettiglik en gaan vir opleiding. Mens weet nooit nie.

Yvonne Crouse ·

Jasper – Die motor waarin die kapers was het sekondes voor die hek behoorlik oop was al verby gery. Duidelik gesien die man gaan nou ry en toe omgedraai in pad en terug gegaan om hom te kaap. Ek was op dieselfde mankier gekaap. Hoop van harte dat jul die vuilgoed kry, wat bereid was om n man se lewe te neem en dit vir n motor. En die arme ou hondjie, kan mos nie hiervoor blameer word nie. Dit is vir my baie duidelik dat die arme ding die kapers geken het, want hoekom swaai hy net sy stert, en verder doen hy niks om sy eienaar te beskerm nie.

ashwin ·

If this driver had a gun, would he have used it? With or without a gun they still shot him. i say get yourself a pistol, at least then you stand a better chance of scaring the hi-jackers away even if you miss, the next time they know not to mess with you, they will go and find an easier target.
Hope he pulls through….me i carry my glock 19 everywhere i go – you should too. VW/Toyota Fortuna/Hilux owners must buy a gun with these vehilces.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.