Video: Man rook dagga tydens SAUK-onderhoud

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Andre du Plessis, hoof van die Cannabis Working Group, het Maandag tydens ʼn regstreekse onderhoud op die SAUK ʼn daggasigaret aangesteek.

Die SAUK het beeldmateriaal van sy Newsroom-program op YouTube gelaai wat wys hoe Du Plessis tydens ʼn vurige debat met David Nayever, adjunkvoorsitter van die Central Drug Authority (CDA), ʼn daggasigaret aansteek en kort daarna opstaan en die ateljee verlaat.

Du Plessis is ʼn vurige voorstander vir die wettiging van daggagebruik. Hy het intussen aan eNCA bevestig dat dit ʼn daggasigaret was wat hy in die ateljee aangesteek het.

Die SAUK sê by die YouTube-video dat hy nie Du Plessis se gedrag goedkeur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peet Schabort ·

So, Es Ei Bie Sie, what is the problem?
You can sing “Kill the Boer, kill the farmer”https://www.youtube.com/watch?v=6fzRSE_p1Ys and “Bring me my machine gun” (Umshini wami)
https://www.youtube.com/watch?v=lof6XJ8b1SU
and now you are upset about a dagga cigarette?
Ai jai jai . . .

Anel Viljoen ·

En die beste van als is dat dit sy blou boeties is wat die goed langs die pad verkoop!!!

jacques ·

Haha ja doen dit hoe kan daar voorgeskryf word deur goverment wat is goed en wat is sleg vir jou.

Shannon ·

Ek’s nou half verward. Het die “kerk” al sy sê gesê in hierdie verband. Waar is die woord voerder domini wie namens God praat ?!!

Anel Viljoen ·

@Shannon… wie sê die ou glo in God?? Hy kan seker maar sy zol rook as hy wil…

scalla ·

Wat het hy probeer bewys deur aaptwak op tv te rook, benadeel net sy eie gesondheid.

Paul ·

Interessant dat jy noem “benadeel net sy eie gesondheid”. Sy eie gesondheid is sy eie saak.
As dit so is, dan is dit mos reg. Niks anders as iemand wat ‘n bottel wyn op TV drink nie?

Theresa ·

Goeie genugtig. Mense kan hulle darem ophou met snert. En dit terwyl ons land en mense verniel en vernietig word……………………………………

Pretorius ·

Wat is die verskil tussen n bottel branewyn en n dagga sol

Esther Louw ·

Andre du Plessis het duidelik bewys hy is reeds breindood van die dagga wat hy so vrylik rook. Goeiste nou wil hulle dit wettig, maar die radio vliegtuie beperk. meer mense is dood gemaak deur dagga gebruikers of dagga self, net so ook is meer misdaad gepleeg as gevolg van selfone. Gaan hule fone ook onwettig verklaar, ag waar om? In die nuwe SA is misdaad mos die orde van die dag solank die regering net nie uitgevang word met hulle misdaad bedrywighede nie, tog so bang hulle word uitgevang met die vliegtuigies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.