Video: Man sterf in wilde skietery in Randburg

WAARSKUWING: Die beeldmateriaal is grafies van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Man is dood ná ʼn wilde skietgeveg naby MultiChoice se hoofkantoor in Randburg, Johannesburg.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê minstens vyf verdagtes het in drie motors op die toneel aangekom en op ʼn geldwa toegeslaan. ʼn Skietgeveg het tussen die rowers en geldwagte uitgebreek en een van die verdagtes is gewond.

Volgens Masondo het die groep rowers met hul gewonde makker in een van die motors van die toneel gevlug. Beeldmateriaal van die voorval wys hoe die verdagte geskiet word en dan agter die motor aanhardloop voordat hy neerval. Volgens Masondo het sy makkers egter teruggekeer en hom in die motor gelaai.

Dié motor is egter later naby die toneel gevind en die gewonde verdagte is in die motor aangetref. Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare911, het gesê by paramedici se aankoms op die toneel was daar talle polisiebeamptes op die toneel sowel as ʼn polisiehelikopter in die lug. Volgens Magoro is ʼn man in sy 30’s noodlottig gewond en op die toneel dood verklaar.

Die verdagtes het intussen ʼn ander voertuig gekaap en op die vlug geslaan. Die motor is ook later verlate in Honeydew gevind. Volgens Magoro is die bestuurder van die voertuig wat gekaap is nie tydens die voorval beseer nie.

Masondo het gesê die polisie het op twee vuurwapens en ammunisie beslag gelê sowel as al die motors. Die polisie het ʼn grootskaalse soektog begin na die ander verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ouch ·

Hoekom wys julle videos wat geen mens kan oopmaak wat nie ‘n TWitter account het nie? Agneewat skryf maar net stories en los die videos as ons dit nie kan kyk nie. Kry egter glad nie die oorledene jammer nie die kriminele REGEER suid afrika …

Tania Heyns ·

Dagsê Ouch

Dankie vir jou kommentaar. Jy behoort die video te kan oopmaak, aangesien die video van YouTube af kom. Probeer gerus herlaai en hou ons op hoogte indien dit nie die probleem oplos nie.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Dankie Tania ·

Ek kon hom ‘n tweede keer oopmaak, die eerste keer het ek op Twitter uitgekom, was seker maar net ‘n glitch, hy is nou perfek baie dankie.

Neusie Verby ·

Die African Americans is minderheid in VSA. Blankes is minderheid in SA.
Kan ons nie uitruil met hulle nie?
Almal happy.

Uvonka ·

Liewe genade, die wille weste op sy beste om die hoek van my.

Michael ·

Wat het van Suid Afrika geword .genade mense ek raak nou skaam om te se ek bly in Suid Afrika Noem dit gerus iets anders. . Gansterland. of wat ook al maar nie meer S A nie.

Alida ·

Rioolland klink beter. Daar is natuurlik n beter benaming maar dit sal nie geplaas word nie. Julle weet wat ek bedoel.

Michelle ·

Ek dink ons moet meer sulke grafiese nuus sien, ons leef te sensitief. Dalk kan grafies ons wakker maak om meer gereed te wees as ons onsself moet defend met force (al is dit nou maar ook net met elmboog en whatever at hand is in ons eie spasie (huis/motor/tuin ens) soos die video wys – dead men tell no lies, no truth, not anything……sal my nie verbaas as gangsters mekaar begin vermoor net om nie implicated te word as een gevang word nie.

Yankee ·

Julle sal nooit weet hoe vreedsaam en pragtig dit buite Suid-Afrika is om veilig en gelukkig te leef nie.

Jona ·

@Yankee, ek weet presies, beste besluit was om daar uit te trek en nooit weer terug te kyk nie! Stap werk toe, gaan vir aand stappies sonder om enigens bang te wees, geniet elke oomlik!

DC ·

Yankee dis miskien nie altyd veilig soos in jou sogenaamde beloofde land nie, maar dit beteken nie dat ons nie gelukkig leef nie. As jy more so rustig oor die pad stap en jy word dan skielik raakgery gaan jy seker nogsteeds gelukkig wees, of hoe ? My punt is – ja ons het groot probleme en bekommernisse, maar dinge gebeur, dis die wereld (let op nie die land nie) waarin ons lewe. Mens pas aan en dan kan jy gelukkig wees en hoef jy nie alleen en eensaam in ‘n vreemde land te gaan sit en jou te verbeel dit maak jou geluukig nie…

Jona ·

@DC, daai raak nou al so n afgesaagde ding “dan stap jy oor die pad en tref bla bla bla” Niemand se julle leef nie gelukkig nie. Sterkte in SA, julle gaan dit nodig he sodra daai landgrype begin. Dan sal ek maar 2keer kyk voor ek oor die straat loop

Morne ·

Elke land het sy eie probleme…ek kry half die idee sommige “vlugtelinge” hier probeer hul emigrasie regverdig deur SA se foute uit te wys en om hul “nuwe land” so probleemloos as moontlik uit te wys.

Jorie ·

Ag asseblief. En jy is so gelukkig daar dat jy elke dag die nuus van SA wil lees… Bly jy nie waar klasmaats masjiengewere skooltoe bring en hul klasmaats skiet nie? En as die kêrel jou dogter uitvat vir fliek verwag hy meer as n koebaai soentjie voor hy loop…

Pieter ·

‘n Storie met ‘n gelukkige einde. Julle moet baie meer sulke mooi stories plaas om die harde werklikheid van ons voormalige eerste wereld land te kan hanteer.

Yankee ·

Morne, ag nee tog. Dan word die ganse Wereld seker ook beskou as ” vlugtelinge” ook so sekerlik dan jou voorouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.