[Video] Man verlam ná kleinhoewe-aanval: ‘Ek sukkel elke dag van my lewe’

Braam Blignaut is sedert die aanval verlam en in ‘n rolstoel. Foto: Verskaf

Op 10 Julie 2015 is Braam Blignaut en sy gesin op ʼn kleinhoewe in die Buffelsfontein-omgewing buite Rustenburg in Noordwes deur twee gewapende aanvallers oorval. Blignaut is vier keer in sy bolyf geskiet en is sedertdien heeltemal in sy onderlyf verlam.

Hy het gevolglik sy werk as voorman by die Tharisa-myn verloor, wat hom en sy gesin in finansiële probleme gedompel het. In ʼn video wat Dinsdag op sosiale media gedeel is, vertel Blignaut hoe sy lewe handomkeer verander het sedert die voorval.

“Dit is nou twee jaar ná die aanval,” sê Blignaut (36) in die video terwyl die trane oor sy wange stroom. “Die mens wat sê dit raak beter wanneer jy verlam is, lieg. Dit raak nie beter nie. Ek het nie net die vermoë om te loop verloor nie, ek het ook die vermoë verloor om vir my familie te sorg. Vir twee jaar lank word ek elke nag van my lewe weer geskiet as ek daardie aanval moet herleef. Ek herleef daardie oomblik elke dag van my lewe.”

Maroela Media het vroeër berig Blignaut was die aand van 9 Julie tydens die nagskof aan diens toe sy vrou hom gebel het om te sê dat sy bang is omdat sy die honde buite hul huis hoor blaf. Blignaut se skof het om 02:00 geëindig en hy het daarna huis toe gejaag om te sien wat aangaan. Oomblikke nadat hy buite die huis stilgehou het, het twee aanvallers hom by sy voertuig oorval.

Die aanvallers het Blignaut in die huis ingedwing waar hulle hom en sy vrou, Izulda, vasgebind het. Sy vier kinders, toe twee, vier, sewe en 10 jaar oud, moes in die sitkamer sit terwyl die aanvallers die huis omgekeer het.

Izulda kon in ʼn stadium daarin slaag om te vlug en na die bure te hardloop om hulp te ontbied. Die aanvallers het haar agternagesit en verskeie skote op haar afgevuur. Een van die aanvallers het teruggedraai en in die huis vyf skote op Blignaut afgevuur waarvan vier hom getref het. Die aanvallers het kort daarna op die vlug geslaan met twee selfone, R250, ʼn kamera en ʼn hangertjie.

Volgens Gerda Steyn het Braam Blignaut self hierdie toestel ontwerp wat hom in staat stel om regop te staan omdat hy graag weer sy vrou wou vashou. Foto: Verskaf

Blignaut se rugsenuwee is in die aanval beskadig en hy is 64 dae lank in die hospitaal behandel. Hy het net 45 kg geweeg toe hy uiteindelik ontslaan is en as ʼn parapleeg teruggekeer het huis toe.

Gerda Steyn, Blignaut se ma, het aan Maroela Media gesê Blignaut was nog onder verdowing in die hospitaal toe hy al deur sy werk in kennis gestel is dat hy nie weer sal kan terugkeer werk toe nie. Volgens Steyn het die gesin ook nooit weer teruggekeer na die kleinhoewe ná die aanval nie en woon hulle sedertdien in ʼn huis in Rustenburg. Die Blignaut-egpaar het intussen begin om lasersnywerk op klein skaal te doen om ʼn inkomste te genereer.

“Ons het vir Braam kort nadat hy uit die hospitaal ontslaan is by ʼn stamselspesialis in Mpumalanga gehad. Die behandeling het aanvanklik tot ʼn mate gehelp, maar later veroorsaak dat hy baie erge spasmas gekry het,” vertel Steyn. “Toe hy hierdie behandeling gekry het, was daar nog beenfragmente in sy rugmurg en ontsettend baie swelling. Indien daar nou weer ʼn MRI-skandering gedoen word, sal die prentjie baie anders lyk as toe. Daar is ʼn stamselspesialis in Parys [in die Vrystaat] wat glo hy kan Braam help, maar ons het doodeenvoudig nie die geld om vir die behandeling te betaal nie.”

Steyn sê Blignaut het intussen ook gewig opgetel sedert hy uit die hospitaal ontslaan is en gevolglik is sy rolstoel nou te klein. Dit veroorsaak dat sy bene teen die rolstoel druk en druksere veroorsaak. Hy kry ook druksere op sy boude, maar geen van die akademiese hospitale waar hy al gaan aanklop het vir hulp, is bereid om hom op te neem om dit te behandel nie.

“Ek wil net so graag hê ʼn mediese spesialis met kennis van rugmurgbeserings moet Braam ondersoek en kyk of hy hom kan help. Braam kry pyne in sy lies, hoewel hy verlam is. Dit moet tog ʼn goeie teken wees? As ʼn dokter net na hom kan kyk en kyk of daar nie ʼn manier is wat hy gehelp kan word nie. Ek wil net so graag my seun help om sy lewe meer draaglik te maak. Ek wil net weer sien hoe hy glimlag,” sê Steyn hartseer.

Volgens Steyn het die polisie aan haar gesê dat een van die aanvallers sedert die aanval dood is, maar dat die tweede aanvaller nog op vrye voet is.

“Braam kry baie swaar sedert die aanval, maar die hele familie ly saam met hom. Dit is verskriklik moeilik om hom so te sien. Gister toe ons die video gemaak het, was die eerste keer wat hy oopgemaak het oor die aanval en eerlik daaroor gepraat het. Toe hy begin huil, het ons almal saam gehuil. Elke dag is moeilik.”

Kyk hier na Braam Blignaut se vertelling van die aanval en hoe sy lewe daardeur geraak is:

This how crime affects familys in South Africa! This is my son Braam Blignaut story! I want this video to go viral all over the world so that everyone can see what happend to him and his wife and 4 sons! They are dependend now on donations help them! Braam need so much to go and see a specialist and a stem cell specialist to see if there really nothing to be done for him and make his life more bearable! Pain, infections and severe spasms is a part of his life! Please support them in their struggle and make their live better! If anyone want to donate please donate at I.S Blignaut Absa / acc ; 9324353196 branch 632005Savings account. Swift Code: ABSAZAJJPlease put the word "DONATE" with every donation! Thank you and God Bless!

Posted by Gerda Herbst on Tuesday, June 6, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Lea ·

Hoekom moet die uitvaagsels soveel smart veroorsaak en daarmee wegkom?!

Wie ·

Ek voel die staat moet hiervoor verantwoordelik gehou word. Hulle deel huise en ander geskenke uit vir “ander” mense wat deur misdaad geraak is, maar hierdie arme man wat nie meer kan werk nie wat indirek deur die staat se onvermoe om sy burgers veilig gehou word verlam is, moet nou sukkel om die mas op te kom? Dalk moet daar ‘n voorbeeld gemaak word en ‘n ordentlike regspersoon hom verteenwoordig en ‘n vet eis teen die staat instel. Hoeveel mense het nou al hulle broodwinners op die manier verloor? Sommige verlam, ander word gedood in plaasaanvalle? En steeds draai die regering ‘n blind eye. Wie moet vir die man en sy kinders sorg?

Lee ·

Ai dis gladnie lekker nie. Ek hoop en bid van harte dat daar ‘n uitkoms vir die familie sal wees. Dis niks lekker. Kan hulle nie Jakaranda se “Good Morning Angels” kontak vir hulp nie? Hulle doen sulke wonderlike werk. Ek dink hy moet die myn waar hy gewerk het CCMA toe vat want jy kan nie net iemand afdank nie. Dis gemeen. Sterkte vir die familie en ek hoop regtig daar sal gou ‘n uitkoms wees sodat hy hulp kry.

Wonder maar net ·

Kan ‘n werkgewer ‘n persoon se dienste in so ‘n geval net beeindig? Moet daar nie gekyk word na mediese ongeskiktheid nie?

Peanut ·

Ek stem saam hulle kan hom medies ongeskik verklaar en aan hom n gedeelte v sy salaris beta all. Behalwe vd tragedie wat die man oor gekom het is sy werkgewer koud en ongevoelig

Rianie Castelyn ·

Dit maak my woedend! Laat weet asseblief hoe mens skenkings kan maak aan die familie.

Nico Strydom ·

Dagsê Rianie

Kontak gerus vir Izulda (Braam se vrou en versorger) by 072 387 1008 of Gerda (Braam se ma) by 076 467 1411.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Mariaan ·

Dis tyd dat die regering verantwoordelik aanvaar vir die misdaad wat buite beheer is.
Hy en elke slagoffer van misdaad moet deur die regering vergoed word.
As almal eise instel en hulle moet begin uitbetaal, sal hulle hopelik wakker skrik en begin optree.

Johann Marx ·

Mariaan, jy het dit AMPER reg….maar tog ook nie. Dis nie tyd dat die regering verantwoordelikheid “aanvaar” vir misdaad nie….dis tyd dat ons hierdie verantwoordelikheid op hulle begin af dwing. Die lewe druk daagliks my verantwoordelikhede op my af…en as ek dit ontwyk, is daar gevolge. In die nuwe Suid Afrika neem niemand geen verantwoordelikheid vir niks nie………en daar is geen gevolge vir hulle nie.

Jacqué ·

Braam, jammer ek vra so, maar jy het vir n myn gewerk. Julle het tog aan n Unie behoort, en volgens my was hierdie n saak wat jou unie jou kan help met CCMA want dit is “unfair dismissal”. Eerste plek dit was nie jou skuld dat julle aangeval was nie, tweedens die werk MAG JOU NIE op so n manier afdank nie. Jy kan hierdie nog baklei en wen. Braam dit gaan swaar maar solank jy aan God se hand vashou, Glo en Vertrou dat Hy jou Vader by jou is en na jou omsien en nie Sy hand los nie, al is dit hoe swaar en moeilik, sal Hy aan jou behoeftes voorsien op die regte tyd, Die Here se tyd. Moenie tou opgooi nie, onthou “Mind over Matter, don’t let the matter bring you down” Faith, Believe, and Trust is much stronger than the brain. Sterkte dink en bid vir julle, hou moed en baklei terug. Die Here het jou sterker gemaak as wat jy dink.

Gerda Steyn ·

Jacquè, Braam het nog nie eers n medical exit gedoen nie! Ek wil hom graag laat board van die myn af maar dit is ook n staats geheim!

Denise ·

Aan almal wat so advies gee julle het geen benul wat die staat se prosedure is nie. My seun het by die werk sy linkerbeen verloor deur growwe nalatigheid . Na twee en n halfjaar nog geen vergoeding nie en nou rus dit op ons as ouers om te sorg vir hom en sy familie en net my man werk !!!!!! Sterkte aan die man en sy familie!!!!

LB ·

Soveel simpatie voel ek vir hierdie mense! Elke dag kom daar nog ‘n paar slagoffers by wie se lewens verskeur is. Dit is tyd dat die staat verantwoordelikheid moet aanvaar vir hulle onvermoë of willoosheid om aandag te gee aan misdaad. Hulle is aandadig aan elke euwel wat gebeur totdat hulle daadwerklik begin optree.

al ·

Maak dit ñ kollektiewe eis, al die boere wat al vermoor is en aangeval is, wie se gesinne en hulself finansieel swaarkry en getraumatiseer is. Die regering is verantwoordelik nadat hul in 2009 die kommando’s afgeskaf het.

Fanie ·

Baie jammer om dit hoor en te lees… Die woorde wat die hardste tref is dat jy `n toestel ontwerp het net om jou vrou weer vas te hou… Hoop jy word geseënd met net geluk op jou pad vorentoe. Hoe hard dit ookal kan wees, en ek kan my nie self indink in jou situasie nie, maar vergewe en bou positiewe gedagtes op jou pad vorentoe, moenie dat hierdie gedagtes en die herlewing van die aanval jou terughou nie, jy gaan weer geluk kry aan jou kant!

Hennelie ·

Julle is so dapper, in die groot beproewing, dis ongelooflik !!! Kyk hierdie man was so getrou aan sy werk, dat hy tot op die end van sy skof gebly het!!! Die werkgewer moet verantwoordelik wees,nie net in die man se goeie wat hy,vir hulle gegee het nie, maar ook nou dat hy hulle nodig het!! Die mense wat beter as ek weet, moet hulle hiermee bemoei!!
Asb. Asb. help deur u betrokkenheid en kennis.

Ashlee ·

Skandelik, jy die werkgewer, en veral jy Suid-Afrika!!! Ek vergelyk hierdie gesin se leed met die van n vriend van my (ook n Suid-Afrikaner) wat 6 jaar gelede hulself in California VSA kom vestig het. Hulle het dan verlede jaar burgerskap hier bekom. 9 maande gelede beseer tydens n duikslag in sy swembad. Verlam gelaat. Dit is wat hy en gesin dan nou vir die res van sy lewe sal ontvang. 73% van sy salaris, met n jaarlikse groei. Maandelikse bedrag van $1370.00 van die staat. Jaarlikse eiendom belasting word vry geskeld. Maandelikse hulp van die food bank vir gratis kruideniersware. Gratis medicare (medies) vir sy gesin in hospitale en dokters van hul keuse.

Marlene Wilson ·

Ons het n rolstoel vir die man. Ek is van Polokwane maar sal probeer om n geleentheid te kry om dit te stuur na Rustenburg. Kan iemand my kontak of n n kontak nommer vir my stuur asseblief?

Nico Strydom ·

Dagsê Marlene

Kontak gerus vir Izulda (Braam se vrou en versorger) by 072 387 1008 of Gerda (Braam se ma) by 076 467 1411.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Hennelie ·

Julle is so dapper, in die groot beproewing, dit is ongelooflik!!!Kyk hierdie man was so getrou aan sy werk, dat hy tot op die end van sy skof gewerk het!!! Die werkgewer moet verantwoordelik wees, nie net in die man se goeie wat hy, vir hulle gegee het nie, maar ook nou dat hy hulle baie nodig het finansieel!!! Die mense wat beter as ek weet, moet hulle hiermee bemoei !!Asb. Asb help deur u betrokkenheid en kennis.

Izulda ·

Middag almal gaan dit goed dankie vir almal se kommetaar en gebede as daar enige iemand graag in kontak wil kom met ons gesin bel of whatsapp Braam Blignaut 0728834031 of Izulda op 0723871008

jeannine ·

het dit gepos op my face book hier in belgie so jammer vir die man en sy gesin niks hulp nie vir wit mense baie sterkte jy sien die man is raad op wou ik kon help

sowaar ek weet nie ·

Sowaar ek weet nie wat om te sê, ek het ‘n hele middag geneem om jou boodksap in te neem, wat ons ookal almal sê gaan nie jou probleem oplos, maar jong man, jy is op die regte pad, kyk die wêreld in die oë, jy sal van vandag af voorspoed beleef, dit is al wat oor en oor in my kop opkom. Jy is ‘n fantastiese voorbeeld van ‘n Christen, jy het die hele storie deur nie eenkeer gevra hoekom & God blameer nie, jy is ‘n voorbeeld van karakter. Jy & jou hele gesin is in my gebede.

Ronel D ·

My ma se plaas word gehuur deur Filadelfia Ark, (geaffilieerd met Solidariteit) waar hulle n ouerhuis vir hawelose witmense, n selfonderhoudende landbou organisasie en oor 350 wit hawelose mense werk en behuising verskaf. Dis n pragtige volkseie onderneming – hulle het ook n medic, n verpleegsuster en n siekeboeg. So asseblief as julle einde ten raad is, gaan klop daar aan. Hulle is in Kameeldrift op die Brits-Pretoria pad.

Anoniem ·

Maroela kan iemand my asb kontak in verband met hulp vir Braam. Ek verkies om anoniem te bly.

Sonja ·

Hi Braam en Izelda het hul info in ñ comment gesit net boontoe

Nico Strydom ·

Dagsê Anoniem

Kontak gerus vir Izulda (Braam se vrou en versorger) by 072 387 1008 of Gerda (Braam se ma) by 076 467 1411.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

malan ·

Baie sterkte aan die hele gesin met hierdie trauma. Uit eie ondervinding wil ek asb voorstel dat Mnr. Blignaut by die staats Hosp se psigiatrise afdeling moet gaan aanklop, dat hul hom kan help met anti depressie medikasie vir 6 maande of so lank as nodig. Dit help! Die trauma versteur jou brein chemie en maak dat jy net donker sien en magteloos voel. ‘N Mens het dit veral nodig as jy so jong gesin het. Gaan asb CCMA toe, want so eis verval na > 3jaar! Hulle hantteer baie suksesvolle eise. Alle sterkte, hou moed.

Ai ·

So sy werk diskrimineer teen hom omdat hy verlam is? Klink soos n hofsaak vir my. Ek ken nie die wet so goed nie maar as iets soos die labour law bots met die grondwet dan kan dit mos betwis word? Sover ek weet het ons n wet teen diskriminasie…..

Enige reggeleerde wat ons kan inlig?

Ekke ·

Baie sterkte tannie Gerda, Izulda en Braam ek hou nie op met bid vir julle nie.

Talitha Brown ·

Kan Maroela media asswblief vir my die “link” stuur vir die video. Wil n “go fund me” in Kanada begin vir Braam. dankie

Nico Strydom ·

Dagsê Talitha

Kontak gerus vir Izulda (Braam se vrou en versorger) by 072 387 1008 of Gerda (Braam se ma) by 076 467 1411.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Nico Strydom ·

Dagsê Angela

Kontak gerus vir Izulda (Braam se vrou en versorger) by 072 387 1008 of Gerda (Braam se ma) by 076 467 1411.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

marsha ·

Soek hy ‘n nuwe rolstoel kon nie mooi verstaan wat hy se van die rolstoel maar dink ek het gehoor hy se dit is te klein.

Laat my weet asseblief.

Nico Strydom ·

Dagsê Marsha

Kontak gerus vir Izulda (Braam se vrou en versorger) by 072 387 1008 of Gerda (Braam se ma) by 076 467 1411.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Catherine ·

Ai ek het nou so gehuil. Ek wens net ek kan die Lotto wen sodat ek hulle kan help. en Anoniem ek hoop regtig jy kan help. Geseend sal jy wees.

alida ·

Die CCMA is daar om mense te help wat onbillik afgedank word en die diens is gratis.

SARIE VAN HEERDEN ·

Lees hierdie man se ondervinding en dan stem jy saam of nie as daar gese word ons is almal dieselfde behalwe vir dit en dat se verskille.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.