Video: Man verskyn ná moord op 5-jarige

‘n Skermskoot uit die video.

Betogers het Donderdag buite die landdroshof in Khayelitsha in Kaapstad saamgedrom waar ʼn man verskyn het vir die verkragting en moord op ʼn vyfjarige dogtertjie van dié woongebied.

Die man is Maandagaand in Harare in hegtenis geneem, ure nadat die kind vermis geraak het.

Volgens die polisie het Uyathandwa Stuurman by haar ouma se huis gekuier en is later daar weg na haar ouerhuis toe. Sy het egter nooit by die huis aangekom nie en gemeenskapslede het na haar begin soek.

Haar klere is later naby ʼn plakkershut gevind en kort daarna is haar liggaam gevind. Sy is herhaaldelik in die bors gesteek.

Talle gemeenskapslede het Donderdag buite die hof gesing en dans ter ondersteuning van die dogtertjie se familie. Die saak is tot 23 Augustus uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liberaal ·

Linkses en liberaliste, verenig om te kla omdat die man se reg op privaatheid so geskend word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.