[Video] Man vra jawoord op Mango-vlug

Damion en Tamsyn. Foto: Facebook

Damion en Tamsyn. Foto: Facebook

Damion van Alphen het sy vriendin die jawoord gevra op ’n Mango-vlug van Kaapstad na Lanseria, op dieselfde wyse as wat dit in die rolprent The Wedding Singer gedoen is.

Volgens Mango het Van Alphen Donderdagaand op vlug JE 706 die groot vraag gevra. Van Alphen het in die gangetjie afgestap gekom terwyl ʼn liedjie uit die rolprent The Wedding Singer gespeel is. In die rolprent sing die held (akteur Adam Sandler) vir die heldin (aktrise Drew Barrymore) ʼn liedjie oor die vliegtuig se interkomstelsel voordat hy haar vra om te trou.

“So geseënd met almal wat dit moontlik gemaak het. Dit het begin met ʼn idee om toestemming te kry om aan boord die groot vraag te vra terwyl ʼn liedjie oor die interkomstelsel speel. Mango het met alles gehelp, insluitend ʼn kameraspan en selfs ʼn fotograaf. My senuwees het dit gehou danksy al die wonderlike mense wat betrokke was. En die beste deel … sy het ja gesê … ek kan nie gelukkiger wees nie,” het Van Alphen op sy Facebookblad geskryf.

Die video wys hoe Van Alphen na sy vriendin, Tamsyn Clark, se sitplek loop voordat hy op een knie afsak en haar die groot vraag vra. Clark sê ja waarna Mango-personeel vir die paartjie vonkelwyn skink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HENNA ·

Dis nou te dierbaar !! BAIE geluk julle – mag jul baie
gelukkig saam vlieg

Bleek Sannie ·

Wat is die mooi Afrikaans nou weer vir ‘cringe worthy’?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.