Video: Mans rand petroljoggie aan

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

WAARSKUWING: Die video is gewelddadig van aard en nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Twee mans is Saterdagaand in Tzaneen, Limpopo, in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn petroljoggie by ʼn vulstasie aangerand het. Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval is kort daarna op YouTube gelaai waarin dit as ʼn rassistiese aanval uitgemaak word.

Op die video kan ʼn mens sien hoe twee mans omstreeks 23:20 die petroljoggie herhaaldelik met hul vuiste bydam, terwyl ʼn derde man tussenbeide probeer tree. Die man slaag uiteindelik daarin om die geveg te stop, waarna die video ophou.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die Tzaneen-polisie ondersoek ʼn aanrandingsaak en die twee mans is kort na die voorval in hegtenis geneem.

Die mans het glo die petroljoggie aangerand omdat die brandstof wat hulle wou hê, nie beskikbaar was nie.

Danie le Roux (27) en Hermanus Martinus van Dyk (36) het Maandag op aanklag van aanranding in die Tzaneen-landdroshof verskyn.

Le Roux is op borgtog van R1 000 vrygelaat en borgtog van R500 is aan Van Dyk toegestaan. Die saak is tot 27 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.

Die video is deur Mkhomazi Twala op YouTube gelaai en is teen Woensdag meer as 6 000 keer gekyk. Die beskrywing identifiseer die petroljoggie as Johannes Monyela.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Rikku ·

Liewe Hemel ????
Wat gaan aan met die mensdom ?
Ek haal my hoed af vir die man wat die geveg probeer stop het. Hy het eenvoudig net nie opgegee nie.
Maroela, wie is die man ?
Ons wil hom graag bedank vir sy optrede.

Christo de Klerk ·

Rassistiese aanval? Wat van die blanke man wat hulle probeer keer het? Hoekom is dit elke keer ‘n rassistiese aanval as ‘n blanke krimineel ‘n swarte aanval, maar as dit anders om is, is dit net misdaad?

Koos ·

Selfde as die swartes wat die boere op hulle plase aanval is dit rassisties ook die media gebruik dit as sensasie

Johan ·

Daar is altyd drie kante van n saak joune, myne en die regte een……

Matrone ·

That may be so, maar dis altyd baie makliker wanneer daar video materiaal by is.

Willie E ·

Vader weet,gaan ons ou blanke afrikaanse volkie nooit leer nie???
Wat de hel is hulle probleem? Sluit hulle toe en smyt die flippen sleutel weg!!!

Paula ·

So is daar in elke nasie volk en taal sleg en goed. As mense dit begin besef sal SA n beter plek word.

Marinda ·

Hoekom so barbaars???? Baie beslis seker hulle was nie nugter nie. Ai alkohol!!!! Geen nugtere mens kan so optree nie. Het ons nie genoeg moeilikheid in ons land nie. Ten minste was daar een man wat reg kon dink en hulle probeer keer. Great vir hom.

Mel ·

Dan vra ons hoekom dit gaan soos dit gaan, mens bid so hard vir vrede maar daar moet altyd iets wees wat dit opneek

m ·

Hoekom nou die arme man aanrand oor die petrol. Is dit nou sy skuld. Wittes kan ook ma lekker common wees …..

Speedguard ·

Ja nee ig, jy slaan die spyker so op die kop, die is die spreek woordelike voorbeeld van Drank, 1ste is Pronk soos ‘n Pou, 2 de vase is Sterk soos ‘n Leeu , en dan optree soos ‘n vark ! Die arme ou wat wou help, baie dankie, ek was ook altyd daai ou het baie keer pak gekry oor dit maar my integriteit staan nog sterk !

Jan maak n Plan ·

Wat die ouens gedoen het is heeltemal nie reg nie en dat hulle vir aanranding in die hof is, is heeltemal reg. MAAR om die ouens nou te merk as rassiste is heeltemal verkeerd – gaan kyk n bietjie op vorige bladsye op Maroela Media onder enige aanvalle en kyk n bietjie hoeveel is wit skuldiges en hoeveel is swart skuldiges – en dan kyk jy wie is nou eintlik die rassiste.

Elize ·

A nee a was dit nou nodig. Gelukkig vat hul die joggie binne die vertrek min wetende van die kamera wat daar ingesit is. LEKKER!! Kry vir julle, sulke barbaarse optredes wat ons blankes se name weggooi! Ek skaam my vir jul, sies!

Desire Lombard ·

As jy die volle video sien, sal jy sien hoe glimlag die joggie. Hy is in ekstase omdat hy sy aftree geldjie basies in die bank het. Nou is dit net n vraag van HOEVEEL dit gaan wees, en of n darem vir hom n strandhuis ook sal kan aanskaf. Hy het hulle uitgelok, en ja ek ken daai stasie en ek gooi glad nie brandstof daarin nie. Die arogansie is belaglik. Ek behandel mense soos ek wil he hulle moet my behandel, maar deesdae word ek ook tot op my laaste senuwee gedruk.

andre van eeden ·

HOU OP om alles wat witmense doen rassities te noem!!!!!!
Humeure loop hoog in ons land onder wittes juis omdat ons vir alles as rassiste uitgejou word!
As dit twee swart mans was wat ‘n blanke aangeval het het ons NOOIT daarvan gehoor of op youtube of in die media gesien nie. Wat nog te sê van honderde blankes wat wreedaardig aangerand word en selfs vermoor word! Is dit dan nie rassisties nie?
Ek keur hierdie mans se dade nie goed nie MAAR hoe sal ons werklik weet wat werklik gebeur het voor hierdie insident?
Om dit rassisme te noem voor mens enige feite het is uiters onverskillig en voorbeoordeeld.

Nico Strydom ·

Andre, stem 100% saam met jou. Die media het “hulle” storie vertel, maar die die 2 ouens se kant nie. Die media is siek

Charmaine ·

Hierdie ouens was duidelik daarop uit om die petroljoggie te beseer.Hy is by sy werk,om sy geld eerlik te verdien.Ek saluut die ou day sy lewe op die spel geplaas het om die joggie te beskerm,ongeag sy velkleur.

Bokram ·

hierdie ouens is so dikgesuip,wonder of een van die houe regtig raak was

Lorraine ·

Ek stem saam sluit toe en gooi die sleutel weg want ons het hul nie nodig in ons samelewing nie. Baie dankie aan die man wat probeer om die geveg te stop. ( jy het probeer om hul te keer en daardeer jou eie lewe in gevaar te plaas.)

Johan ·

Dit laat my nou dink:”Die mans het glo die petroljoggie aangerand omdat die brandstof wat hulle wou hê, nie beskikbaar was nie.” Is dit die rede is moes hulle dronk gewees het……maar is ander brandstof in gegooi as wat hulle wou gehad het….. ek het al Unleaded gekry toe ek diesel wou hê………..dis n helse gemors…….R15 000 se skade……..jy kan dit net dalk verloor………en jou strip vir die joggie……..ek sê net……

Speedguard ·

Ek verstaan nie waarom my sinlike komentaar verwyder word nie Maroela Media, ek hou by die Termes en Voorwaardes maar nie te min , ek probeer maar weer ,Die regte ding om te doen is om uit te klim die persoon te groet en seker te maak dat die regte produk gebruik word vir die regte bedrag , die redenasie is die selfde , as die Joggie nie die water prop opsit nie het jy ook baie groot skade , so mens moet maar ALTYD seker maak om jouself gerus te stel ,voorkoming is beter as geneesing! sonie moet jy maar uithaal en wys vir die gemak!

Adriaan ·

Ek glo nie die petrol joggie is onskuldig nie. Niemand in hul regte denke sal net so af gaan op iemand omdat hy nie petrol kan kry nie. Daar moes woorde wisseling gewees het. Ek sê nie dat sit wat die 2 blankes gedoen het reg is nie, maar daar is altyd 2 kante aan ‘n storie. Kom ons wag maar en sien wat gebeur. Ek is bly dat daar iemand was wat die bakleiery gestop het. Dit kon baie erger uit gedraai het.

SlegSies ·

Lyk vir my die man met die Ligte hemp kry weekliks sy MMA videos op bestelling. Hy voer dit dan so perfek uit. Beslis drank daai!!!

Ben Prinsloo ·

Klink soos die petroljoggie se weergawe. Ek wil net vir die mense soos Lorriane vra sou dit nie die geval wees nie watse kommentaar gaan jy dan plaas. Vertel vir ons asseblief.

Grap ·

Stadig mense hier word nou erg gespekuleer en hoekom word die twee nou veroordeel en die jogie se part gevat is dit die polities korrekte ding om te doen deur huidige benadeelde persone wat altyd in vrees lewe en gebreinspoel is deur die huidige bevoordeelde regime.

Matrone ·

Grap, jy MAAK seker n grap of hoe? Jy verstaan regtig nie? Oh well, okey, ek gaan dit ook nie vir jou verduidelik nie. Gaan dink nou mooi lank en stadig wat is fout met hierdie prentjie.

Carine ·

Glo my ek keur die streng af. MAAR wat gaan met die betogers wat ons land afbrand gebeur. Is dit nie ook belangrik om na tesien nie. Die wit mens word van rassisme aangekla en vervolg maar die ander kan sê breuk brand verwoes soos hul wil.

tamboti ·

Aangehuts of nie, die manne kan hulself nie help nie. Ek reken hulle sal dieselfde gedrag vertoon waanner hul kwaad raak vir ander man, vrou, kind of hond, wit bruin of swart.
Party se handjies hoort in boeie agter hul rug.
“WAT KYK JY HUH?”

mc ·

2 x verkeerd is nie gelyk aan een REG. Dis net eenvoudig siek, maak nie saak wie dit doen nie, wit, swart, geel, pienk en gee nie ‘n duiwel om nie. Hierdie mannetjies moet kom dat ‘n mens hulle ‘n ordentlike pak slae kan gee. Ek as ma skaam my vir sulke gedrag. SIES MAN, julle is veronderstel om ‘n voorbeeld te wees vir diesulkes wat hulleself so graag tot geweld wend.

Anti petroljoggie ·

Maak dit maklik en beter vir almal. Al die eerste wereld lande gooi jy self petrol in. Jy sit jou krediet kaart en betaal self. Dan sal die petrol prys ook afkom. Ek is self gatvol vir petroljoggies se arrogante houdings. Dis tyd vir dinge self doen dan weet jy alles is reg.

Matrone ·

Ek weet nie waar jy vandaan kom nie, maar ek het in my lewe nog nooit in arrogante petroljoggie teegekom nie. En ek is al 50. Ek het wel al baie arrogante petrol verbruikers teegekom.

Gelukkig mnr petroljoggie ·

Alles word deesdae aan die brand gesteek. Mnr petroljoggie jy kan jouself gelukkig ag. Dedank die manne wat jou aangerand het.

Theuns ·

Ek is versot op die titel van een van Herman Toerien se boeke.”Die Reine Waarheid En Ander Lieg Stories”. Wat is die waarheid in die geval? Hoeveel onwaarhede raak ons kwyt(Liegstories) net omdat ons nie regtig weet wat gebeur het nie? Moenie “worry nie” die uwe doen dit ook! Ek is lief vir al my mede liegbekke!

Acca ·

En so kry die koerante sensasie want dit is mos weer rassisme. As jy jouself daaroor uitspreek word jy gesensor. Waar is die rassistiese plaasaanvalle waar ou mense met strykysters gebrand word dan word ras nie eens genoem nie want dit is net ‘n plaasaanval. Smaak my ons word hier in die media ook gesensor soos die SAUK

Cobus ·

Of die twee onder die invloed van alkohol of dwelms was gee hulle nie die reg om oor te gaan tot geweld nie. Daar is baie ergere gebeure soos moord wat plaasvind en weinig word daaraan gedoen

Schalk ·

Lewer ek kommentaar voor ek die berig lees. Ons weet darem wie dit was.

Theresa ·

Gemoedere loop hoog in ons ou Sonskynlandjie.
Waarom sal ander nou nie ook inspring en begin doen soos hul voel dit op daardie oomblik goed gaan voel nie?? A nee a. Almal is tans gespanne. Daar is ‘n soort “stille uittarting” in die lug. Daar is sommiges wat ongelooflik terughou?? Wonder net…

Jen ·

Ek lees die kommentaar en stem saam dis uiters swak, asof ons blankes nie al genoeg drama het nie. Maar een ding gaan ek jul verseker hierdie gaan hoofnuus wees, want dis nou weer blankes. En ja, skandelik want dis 2 wat een man aanrand…wat die rede ookal mag wees. Hoop hulle besef hulle het ernstige problem want hulle is blank, sommige mense leer net nie.

Acca ·

Maroela media. Wie het gesê dit is ‘n rassistiese aanval en hoekom publiseer julle net wit op swart sogenaamde rassistiese aanvalle . Ek het al by verskeie vorige geleenthede gevra hoekom noem julle nie die ras van mense wat aangeval word en die wat aanval nie maar dan word daar gesê julle noem nie ras by so iets nie. As die aanval dan so rassisties is wat van al die plaasmoorde en ou weerlose mense wat wreed aangeval word. Wat is dit anders as ‘n rassistiese aanval as 4 swart mense ‘n ou oom en tannie wat weerloos is aanval net omdat hulle wit is. Hulle hande agter hulle rug vasmaak en dan wreed martel vir ‘n telefoon of bietjie geld. Hou op op die blankes so uit te sonder of word julle ook voorgeskryf. Was dit nou anders om het ons nie eens hiervan gehoor nie soos ons van verskeie moord en wrede aanvalle op blankes niks hoor nie. Die storie is mos groot sensasie

Celia ·

Dit is nogal interresant om almal se kommentaar te lees…. Nie eers n maand terug is hier in Jeffreysbaai n petrol joggie deur Swart mans aangerand. En daar is n witman met messe gesteek deur n kleurling man. Maar dit was nie as rassisme bestempel nie. Ons aanvaar Alles so maklik in die lewe.

Acca ·

Celia is so waar wat jy sê . ‘n swart kelner het ‘n blanke man in Spur met ‘n mes gesteek terwyl hy daar geëet het en niks het daarvan gekom nie. Dit is wel rapporteer en een beriggie in die koerant en alhoewel die bewering gemaak is dat dit ‘n rassistiese aanval was het jy nooi ooit weer daarvan gehoor nie.

Allie ·

Wit man slaan swart man- rassisme! Swart man rand wit man aan- almal tjoepstill!
Gaan julle nie julle oe oopmaak en SIEN dat op elke wit man, vrou en kind n bloedige teiken geverf is nie!!

Sarie ·

Almal is so vinnig om te skreeu “Rassehaat” as die wit vir swart aanrand, maar wat is dit as swart vir wit aanrand? Dan is dit net nog ‘n statistiek. En so staan die Afrikaanse mens saam. Hoe gaan ons die land red as ons mekaar so veroordeel. In plaas van om eerder te vra kom hulle die petrol joggie so aanrand, veroordeel ons die mans wat hom aanrand. Daar is meer as wat ons sien – DIT WAT ONS NIE SIEN NIE. Elke mens word uitgelok om tot so daad oor te gaan. Kyk mooi – die petroljoggie het weg gehardloop van hulle af – hoekom? Het hy dalk iets gedoen om hulle uit te lok want hulle weet hulle het die opperhand oor ons minderheid wittes.

Rayman ·

Hoekom spring almal op julle perdtjies, waar is die ander videos van die garage wat moet wys hoekom het dit gebeur, almal lewer komentaar maar nie een van julle weet eers wat rerig dalk gebeur het nie.

elize ·

Daar het daai twee wit mans baie mooi en duidelik gewys wittes kan net so barbaars wees. En dan is daar baie wittes en ek glo hulle twee inkluis.wat se bekke altyd groot is oor ander se barbaarse optrede. Vee eers n bietjie voor julle eie deur dan eers vee julle voor ander se deure.

KarooKlong ·

Ware woorde Elize.
Hierdie ouens het hulle name met ‘n plank geslaan.

KarooKlong ·

Maak nie saak wat ookal die rede vir hierdie onderonsie is nie, wanneer die bollie in die waaier invlieg wil ek nie hierdie tipe ouens (misslaners) aan my kant hê nie.

Gerrie ·

Hi Mense, so skokkend om al die kommentaar te lees maar niemand weet wat buite daardie kantoor gebeur het wat hierdie woede veroorsaak het nie. Ek is teleurgesteld in my medemense se onkundige oordeel.

piet ·

Ek stem saam………….
daar het verseker iets daar buite gebeur….
net weer die media wat als gatkant om swaai

charlene ·

Maroela Media – Dis vreeslik die man het dit seker nie verdien nie
Maar julle plaas nie fotos van hoe wit boere gemartel word nie, hoe wit boere gesny word en aangerand word nie want dit te grafies… Maar julle kan ander goed wys as dit wit teen swart is, maar waar swart teen wit is, steek julle weg net soos die sabc??? Mag ons lesers asb weet hoekom is ons wit bloed so onbelangrik?

Gatvol ·

Ai tog, maar as hulle die wittes aanrand, vermoor of verkrag dan is dit nie rasisties nie, glad nie,
natuurlik sal hulle se dis rasisties omdat dit twee wit mans was en n swart man, dit kan nie net ‘n gewone geveg of aanranding wees nie, nee rasisisme sal nooit agter bly nie, seker maar Jan Van Riebeek se skuld, dalk moet ons maar se dis Dingaan se skuld

Jef ·

Die man wat later binnekom en iets gevat het wat op die grond gele het en toe weggehardloop het, pleeg mos diefstal of sien ek dit verkeerd.

Karma ·

Dit het vir my gelyk na ‘n stuk radiotoestel of so iets – dalk het hy hulp ontbied?

Karma ·

Dit is die resultaat van die tye waarin ons leef, mense. Ek kan glad nie die dade van die twee manne goedpraat nie en of hulle nou gedrink was of nie, weet ek ook nie. As daar drank betrokke was, dan kan mens seker aanneem dat hulle maklik ge”trigger” kon word om só kwaad te word dat hulle die joggie pimpernellakoors geslaan het. Maar om die arme joggie aan te rand oor daar nie die soort brandstof is wat hulle gesoek het nie? Pure domonoselheid!!! Die joggies doen nie die brandstof bestellings by garages nie!!! En dit is nou ook sommer snert om dit dadelik as ‘n rassistiese aanval uit te maak – so tipies van diegene wat net sit en wag om ‘n storm in ‘n teekoppie te veroorsaak. En buitendien, waar het Mkhomazi Twala dié sekuriteitsvideo se inhoud gekry om dit op sosiale media te laai? ‘n “Inside” joppie om daardie storm in ‘n teekoppie, met ‘n rasse-kleurtjie bygevoeg, te veroorsaak???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.