Video: Matfield skerts oor rooi “EFF-hoedjie”

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Victor Matfield het Donderdagaand geskerts hy het sy “rooi EFF-hoedjie” op toe hy met ʼn rooi pet by ʼn perskonferensie opgedaag het ná ʼn uitlating vroeër vandeesweek dat sy kamoefleer-kopskerm aanstoot gee.

Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, het onlangs gesê die kopskerm wat Matfield in die Springbokke se toets teen Skotland gedra het, herinner aan dié van die polisie se onluste-afdeling tydens apartheid. Klik hier om meer te lees.

“Die Springbokke is almal trotse Suid-Afrikaners,” het Matfield tydens ʼn perskonferensie waar die Bulls-span vir Saterdag aangekondig is, benadruk.

Bulls pak die Stormers Saterdag net na 17:00 op Nuweland in Kaapstad.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Hierdie hele sage, grens aan, belaglikheid…net in Afrika !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.