[Video] Mbalula: ‘Misdadigers het te veel regte’

Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

As Fikile Mbalula, minister van polisie, sy sin kan kry, sal misdadigers moet afstand doen van hul regte.

“Een van die goed wat ons in ons land opgemerk het, is dat misdadigers te veel regte het. Na my mening het jy jou regte as ʼn landsburger verbeur die oomblik wat jy besluit het om ʼn misdadiger te wees wat by kriminele aktiwiteite betrokke is,” het Mbalula Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie gesê, kort nadat hy die jongste misdaadstatistieke in die parlement voorgehou het.

Die minister, wat voorheen ook wenkbroue laat lig het toe hy gesê het die polisie moet misdadigers dwing om hul eie urine te drink, het gesê gemeenskappe kla op ʼn daaglikse basis dat misdadigers te maklik vrygelaat word nadat hulle in hegtenis geneem is.

Mbalula het gesê mislukkings in die groter strafregstelsel lei daartoe dat misdadigers “herwin” word terug in gemeenskappe in. “Ek weet ons is ʼn grondwetlike land en nie ʼn piesangrepubliek nie, maar wat belangrik is, is dat ons misdadigers vasvat met betrekking tot hul misdaadrekords.”

Mbalula het gesê daar is ʼn persepsie onder Suid-Afrikaners dat die polisie nie hul werk doen nie. Volgens hom sal dié persepsie net verander indien daar op bestuursvlak stabiliteit in die polisie kom en sodra dienslewering by polisiestasies verbeter.

Die pos van nasionale polisiekommissaris is vakant sedert Riah Phiyega in 2015 geskors is. Die posisie van permanente hoof van die Valke is ook vakant. Mbalula het die feit dat die pos vir hoof van die misdaadintelligensie-eenheid ook vakant is betreur, omdat dit hierdie eenheid ook verswak.

Die minister het gesê sy versoek dat die weermag op sekere plekke waar hoë vlakke van misdaad voorkom ontplooi word, word deur die presidensie oorweeg. Volgens Mbalula sal pres. Jacob Zuma die groen lig gee indien die weermag ontplooi sal word.

Mbalula het gesê indien dit goedgekeur word, sal die weermag in misdaad-gevaarpunte in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal ontplooi word. Die drie provinsies is onder dié waar die meeste moorde in die afgelope boekjaar voorgekom het.

In Gauteng, Suid-Afrika se digbevolkste provinsie, is 4 101 moorde in die 2016/17 finansiële jaar aangeteken, ʼn styging van 6,7%. In KwaZulu-Natal is 4 014 moorde aangeteken (ʼn styging van 2,2%) en in die Wes-Kaap is die vierde meeste moorde aangeteken – altesaam 3 311, ʼn styging van 2,7%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Kannaland ·

Ja kriminele het HEELTEMAL te veel regte. Misdadigers se regte kom eerste!

noem alle feite ·

plaas meld hul statistieke van hoeveel baie hoe range daar is wat in kantore sit. ‘n brigadier verdien die salaris van vier konstables, so stel konstabels aan ipv bevorderings vir mense wat nie geskik is vir bestuursposte nie.

elize ·

ek stem saam as jy ‘n krimineel is het jy geen regte nie. begin respek kry vir fikile mbalula. dit is hoekom die kriminele dink hulle kan weg kom

Ronel ·

Uiteindelik iemand wat dit raaksien!!!! Kriminele is soos diamante in wattatjies toegedraai. Hoog tyd dat hulle soos kriminele behandel word!

JP ·

Hi ou Fikile hoe lank het dit jou gevat om op daai antwoord te kom.

cc ·

daai minister is sooooo reg…. kriminele mag nie dieselfde regte he as wetsgehoorsame landsburgers nie….. hulle misbruik daai regte en daar is niks anders wat eerlike mense beskerm nie

Pop ·

Ons moet hoor hierdie man gaan dade by woorde sit. Maar dan sal Zuma hom ook daar wegvat. Dit pas hierdie regering om n misdadige land te regeer. Sodoende is almal se aandag by misdaad en nie by ander dinge nie.

Andre ·

Fikile, wanneer het jy agtergekom dat misdadigers voorkeurbehandeling kry? Jou party maak tog die “landswette”! Die agterstand van polisiering sal nooit ingehaal word nie want jy en jou kollegas het vandag alreeds die “statistieke” onder die mat ingevee.

Cor ·

Hi mnr die minister waar was jy die afgelope 22 jaar dat jy nou eers agterkom dat misdadigers en kriminele te veel regte het, in teendeel hulle het selfs meer regte as hulle slagoffers. Die misdadiger / moordenaar bly leef maar sy slagoffer word ontneem van sy reg om te leef. Lyk my die minister was soos Rip van Winkel wat nou eers ontwaak het. Hou n referendum dat ons kan stem dat ale misdadigers, kriminele en moordenaars se regte ontneem word die oomblik as hy sy reg as mens verbeur, dan sal misdaad stop.

Sarel Strydom ·

Wat hy nalaat is dat dit die ANC regering is wat menseregte van die gewone burger ontneem het en aan misdadigers gegee het.

Alida ·

Gee die duiwel wat hom toekom. Eerste sinvolle woorde wat hy uiter.

JA ·

Bewys dit, en doen die REGTE ding en dan sal ons dit begin glo!!
En nie net vir sekere misdade wat gepleeg word nie, gaan besoek ook die Plase waar Wittes vermoor word en STOP dit en doen iets! Want om net te praat help nie!!

Leahim ·

Die minister praat baie maar doen min en die rede hoekom die gevangenes so maklik vrygelaat word is omrede die tronke oorvol is so bou nuwes of open weer die eiland en die ou fort en stel die doodstraf in vir ernstige misdade.Die tronke in Texas vsa is lewenslank tot jy doodgaan in Suid Afrika is dit 15 jaar en agv die oorbevolking sit jy efektief miskien 7 jaar.

Debbie ·

In die meeste state in die VSA kry jy lewenslank sonder die opsie van parool. Moorde wat vooraf beplan is, goed soos”felony murder” – as jy byvoorbeeld ‘n rooftog pleeg en iemand sterf tydens die rooftog. Enige opsetlike moord. En ad jy so ‘n vonnis opgelê is, kry jy nie parool nie. Dis niks snaaks om in Amerika te lees van mense wat veertig of vyftig jaar sit nie.Selfs tieners kry daar lewenslange tronkstraf. Dalk moet ons dit in Suid Afrika begin doen.

Henk ·

vergeet hierdie nar dat SY party en regeerders die mense is wat hierdie kriminele se menseregte en die piesangrepubliek se wette opstel?

Dries ·

Ou ” Frikkadel “, die parlement gaan leeg wees as hul regte ontneem word ,jy inkluis. Die grootste “NO 1”, krimmineel word deur jouself beskerm. Talk is cheap.

Josua Keys ·

Mr Mbalula, as jy kinders nie van kindsbeen af tugtig met die plathand as hulle stout is nie skree hulle op jou, vloek jou en gooi hulle n vloermoer, doen grootmense dieselfde, dan steek hulle alles aan die brand verkrag, roof, vermoor hulle daarom is die “WET” op twee klip tafels gegrafeer juis hoe om sulke mense te hanteer. Jou praatjies is net vir media aandag, die tyd om die “plathand” in te lê was lankal voorspel. Wat ek probeer sê is dat jul eie ANC wette besig is om julle in die gat te byt en die beste hiervan is dat jou eie mense saam die res van die land daaronder ly. Doen asb die regte ding en raadpleeg jou Bybel sodat die enigste Wet wat bevryding en versoening sal verseker toegepas kan word, grootpraaitjies op tv en die wereld alles te belowe is dog praatjies, die tyd van die plathand is hier in oorvloed sonder dit kan jy maar skree en gewaarborg niemand gaan luister nie.

hendrik ·

Alles wat Fikile gese het , het al die vorige “minitas” ook gese. Dit is maar wat n nuwe minister in sy nuwe departement doen.

Peet ·

Ou Frikkie, normale mense sal jou ernstig opneem as jy ‘n slag dade by jou woorde voeg. Maar ons weet dat die soustrein diésulkes afgooi…

Johan ·

Meeste sin wat ek iemand nog hoor praat. So het ons ook geleer om geduldig te wag en sien of daai mooi woordjies in praktyk gesit gaan word….. laat die wag begin

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.