[Video] Meer Afrikaans op Wikipedia

Susan Lombaard, besturende direkteur van Maroela Media (Skermskoot uit die video)

Susan Lombaard, besturende direkteur van Maroela Media (Skermskoot uit die video)

Skooltake oor alles van geskiedenis tot biologie gaan eersdaags ‘n bietjie makliker wees vir Afrikaanse leerlinge. Dit danksy ‘n projek wat kenners betrek om meer Afrikaanse artikels vir Wikipedia te skryf.

Raak self betrokke: Klik hier om die opleidingsvideo’s te sien

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jaco ·

daars klaar meer as 1 miljoen nederlandse artikels op Wikipedia en dis maklik verstaanbaar vir afrikaanssprekendes. waarom nou die wiel weer van vooraf uitvind?

Emile ·

Jaco, redes:
1. Ondanks ooglopende leksikale ooreenkomste verskil die tale se grammatika, morfologie en spelreels. Vir Afrikaanse skoolkinders veral is hierdie verskille verwarrend en onverstaanbaar.

2. Daar is tientalle identiese Afrikaanse-Nederlandse woorde wat totaal ander betekenisse in die twee tale het en baie verwarring (en verleentheid) kan veroorsaak. Doen gerus ‘n internetsoektog onder “vals vriende” of “woorde wat jy dink jy ken”. Nederlandse woorde vir bv “kat” en “diere teel” word nie in Afrikaanse kindergeselskap gebruik nie.
Die Nederlandse woord “Afrikaans” verwys bv NIE na ons Taal, Afrikaans nie. Vir ‘n Nederlander word Afrikaans geassosieer met swart Afrikane. “Afrikaanse musiek” is nie Steve Hofmeyer nie, dis Ghanese stammusiek. Sê vir hom jy praat Afrikaans, dan dink hy jy ken ‘n paar woorde Swahili. Sê jy is Afrikaans, dan sien hy ‘n prentjie van ‘n modderhut en kaalbas loopneus kindertjies. Volgens hulle praat ons “Zuid-Afrikaans”
Ek lees egter iets diepers in jou stelling. Om te wys hoe slim ons is, en nie in die verleentheid gestel te word nie, leer ons om Engels baie goed onder die knie te kry. In so mate dat baie moedertaal Afrikaanssprekendes se kennis en gebruik van Engels beter is as moedertaal Engelssprekendes s’n.

Ons hoef regtig nie dieselfde houding teenoor Nederlands in te slaan nie. Afrikaans is ‘n bewese, dinamiese en selfstandige taal waarin ons ALLES kan doen en wat die moeite werd is om uit te bou. Ondersteun eerder die Wikipedia-poging. Jou bydrae sal ‘n verskil maak.

Paul ·

Die Engelse Wikipedia is ook vir meeste Nederlanders goed verstaanbaar. So dan kan die Nederlandse Wikipedia ook mos gelos word, of hoe, Jaco?
Al hierdie mense wat so moedswillig aankarring in hul eie tale en wat jou wil verplig om jou tyd daaraan af te staan. Of nee wag ‘n bietjie – niemand verplig jou om by te dra nie. Sjoe, sien hoe word so ‘n probleem darem maklik opgelos! :)

Ouer ·

Wonderlik. My kind mag nie meer Wikipedia gebruik as bron nie. Die skool aanvaar nie meer die inligting as 100% korrek nie. Ek hoop die hernuwing sal hulle weer laat dink.

Doons ·

Wonderlik,baie dankie.Ek was en is so trots om deel te wees van hierdie nasie wat nie gaan le nie,baie dankie vir n wonderlike stukkie werk.Jaco,net vir jou as jy n Afrikaner kind is sal jy nie baie van Nederlands kan verstaan nie,dit is net eenvoudig nie hierdie wonderlike taal nie!

Armando ·

Jaco, skeer die gek met ons of is jy ernstig? Ek hoop regtig dis ‘n ou grappie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.