[Video] Meisie helder oordag oorval, beroof

’n Skermskoot uit die video.

Die 17-jarige Danélle Breedt het verbete teen ’n grypdief terugbaklei terwyl ‘n straatwag bloot toegekyk en toe omgedraai en weggeloop het.

Volgens Jaecqueline Breedt het haar matriekdogter Sondag omstreeks 16:20 van ’n winkelsentrum in Rooseveltpark, Johannesburg, waar sy promosiewerk gedoen het, na ’n vriendin se huis, sowat 500 m verder, gestap.

In kringtelevisiebeeldmateriaal kan gesien word hoe ’n rooi VW Polo naby Danélle in die straat stilhou. ’n Man klim uit die passasierskant en loop na haar. “Hy het haar vir aanwysings gevra en sy het gesê sy weet nie.” Volgens Breedt het die man haar dogter se foon probeer gryp.

’n Stoeiery het uitgebreek waarna Danélle op die grond geval het terwyl die man voortgaan om haar foon te probeer afneem. “Hy het in ’n stadium ’n mes uitgeruk en gedreig om haar dood te maak.” Nadat die man die foon afgeneem het, spring hy terug in die motor en die bestuurder jaag weg.

Volgens Breedt is die straatwag wat in die agtergrond gestaan en toekyk het, intussen afgedank. “Die wagte word deur ’n veiligheidsmaatskappy aangestel en moet straatpatrollies doen. Hulle het nie vuurwapens nie, maar wel ’n paniekknoppie. Hy het nie eens die paniekknoppie gedruk nie.”

Breedt het gesê haar dogter is behalwe vir ’n paar krapmerke en bloukolle ongedeerd. “Sy is natuurlik ook getraumatiseerd deur die voorval. Sy kyk so mooi na haar goedjies. Mense sê dis net ’n selfoon en ten minste is sy oukei, maar dit is háár selfoon en niemand het die reg om dit net te vat nie.”

’n Saak is by die Linden-polisiestasie aanhangig gemaak.

https://youtu.be/9iLTfzxC5tE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Rox ·

Ek stem en dit gaan nie beter raak nie. Ek is dik en keelvol!!!
Die gemors het meer regte. Baie dankbaar die meisie het niks oorgekom nie.

Piet ·

Waar was die persoon wat die video geneem het, kon hy haar nie help nie. Seker te bang?

Cherokee ·

Ja Piet, die outomatiese stadskameras was ‘seker te bang’. …tsk…tlk….. (skud kop) siestog.

Lynette ·

Die absoute blatantheid en vermetelheid is om van naar te word….

Johann ·

Mens stap net nie meer alleen nie, veral nie ‘n dame nie, nog minder daardie tyd van die aand

Cali ·

1) Dis 16:25 in die middag.
2) Sy was oppad terug van n vriendin se huis af wat 3huise weg is.

Tipies ·

LET THIS GO VIRAL. Wys asb die OORSESE lande wie die aanvallers is terwyl die DOODSKIS saak nou so opgang gemaak het. Hierdie man het haar AANGEVAL en op die grond neergegooi en aangerand. So snaaks dat die ‘wag’ aan die oorkant van die straat alles staan en bekyk en net wegdraai, hy het nie probeer om haar te help of te red nie, hy het doodluiters net weggestap. THUGS, THIEVES, almal kop in een mus!!

Theo van Frankryk ·

As ek nie afrikaans was nie, het ek nie die kus saak gesien nie. Die sal nie viral gaan nie, as dit sou, sou dit al reeds. Trek uit die land, begin n nuwe lewe dogter, en moenie terug kyk nie.

Afrikaanse Knaap ·

Ek is geneig om met Theo saam te stem. Gee die keiser wat hom toekom. In SA se geval, gee hom niks. Hy verdien niks. Sy regering verdien niks. Ek is baie life vir SA en sy mense, maar ek verag ons regering wat elke maand my hard verdiende geld vat, en dit aanwend vir twak, ipv my veiligheid.
Gaan na ‘n land waar die regering jou waarde vir jou geld gee.

**anoniem** ·

Hoekom help die ou wat aan die oorkant van die straat loop haar nie, hy staan ook net en kyk hoe die vark haar besteel. Seker net so skelm soos sy maatjie!!! Dis nou Suid Afrika vir jou !!!

donker duiwel ·

omdat :
1. sy wit is
2. omdat sy ‘n wit vrou is
3. omdat hy ‘n laffard is net soos die rowers

Andre ·

As die slagoffer ‘n pepersproei kannetjie so groot soos ‘n man se duim, by haar gehad het, kon sy die rower uitgesit het!

Wees paraat!

Of word ‘n statistiek!

As haar ouers / vriende vir haar pepersproei as geskenk gegee het, sou sy as oorwinnaar uit die situasie gestap het.

donker duiwel ·

pepersproei – rerig ?! as sy hom gemis het sou hy haar beslis met die mes bygekom het

snoefie ·

maak nie saak van tyd of plek nie. ONS VERDIEN OM VEILIG TE WEES.

Ben ·

Dit is verbaasend hoe ons as Suid Afrikaner vir Wolf Skaapwagter maak. Gaan dink bietjie daaroor.

Tammy ·

Dit is elke burger in hierdie land se demokratiese reg om veilig te leef. Ongelukkig het ons nie n regering van formaat waarop die burgers kan staatmaak nie. Klomp slapgatte!!!!

Piet Pompies ·

Die meerderheid geweldsmisdaad in SA word deur buitelanders gepleeg.

Jannes ·

Ons bly tussen wilde diere. Dis deesdae veiliger in die Wildtuin tussen leeus.

Skop ·

Daardie goed gemikte skop tussen die pote ag, ek bedoel bene. En so waar, daar is toe niemand wat daar verbyry!!??

Claudia ·

Nasionale biddag in Bfn met oom Angus. God sien, oordeel kom ons nie toe:-)

Neilia ·

Nee kyk as jy by die tyd weet dat jou kind/ers nie aleen loop maak nie saak hoe oud gaan jy dit nooit weet nie.. Waneer mense besef ons is kluisenaars en kriminele baas sal meer oplettend wees.

koos ·

“…. en niemand is nog inverband met die voorval in hegtenis geneem nie.” Ek hoop ek is verkeerd maar ek glo nie hier gaan veel van kom nie. Dis “petty crime”, sien. Sterkte kind, ek hoop jy en jou mense kan dit agter julle sit.

erik ·

Ek is net bly sy is veilig…uiters moeilike tye vir almal. Dit behoort glad nie so te wees nie. Die beste raad vir jong mense is om die land te verlaat en nie weer om te kyk nie. My hart is elke aand stukkend…

Danie ·

Die motor het mos `n nommerplaat. Volg die nommer op. Dit behoort nie moelik te wees nie.

Nicoline ·

Seer sekerlik ‘n geswelde kar…die rooi motor lyk te goed om aan ‘n rondloper grypdief…m ‘n mes,te behoort.So die eienaar gaan onskuldige wit persoon wees.

Emma ·

So keelvol vir hierdie land. Ek moedig my kinders aan om die land te verlaat. Ek beleef dit daagliks. Op die pad, in winkels en selfs by die werk. My velkleur tel teen my en ons moet alles maar net afsluk. Ek bid dat as my dogter oor 2 jaar haar graad het dat sy uit hierdie land kan kom. Hopelik kom haal sy my dan….

Aan Emma ·

Om eerlik te wees sit en bid ek elke dag vir dieselfde ding. My seun het so pas begin werk, en moet nog ‘n praktiese eksamen voltooi in ingenieurswese, maar ek bid kliphard dat hy ‘n werk oorsee kry en my saamneem. Ek kan nie meer na die misdaad en onregverdigheid en rassisme en ondergang van SA kyk nie. AS jy kla oor DIENSTE is jy ‘n rassis, as hulle kla oor DIENSTE is dit deel van die struggle, ek is jammer daar sal altyd ‘n ONS en JULLE wees, daar sal nooit vrede in hierdie land wees nie, en daar sal nooit NIE rassisme wees nie. Die wittes sal altyd blameer word vir alles wat verkeerd gaan in ‘n land waar mense nie kan regeer nie .. so ja . ek BID vandag net weer dat my seun ‘n werk in AMerika kry dat ek saam met hom kan trek, want op my ouderdom sal ek nie alleen daar kan kom nie .. maar as ‘n ouer kan jy darem saam met hulle gaan …

Cobus ·

So bly die meisiekind is ongedeerd, maar ek hoop volgende keer oorhandig sy die aardse goed sonder ‘n geveg. Ons moet net weereens besef ons stryd is teen bose magte. En wat die straatwag betref. Waar is al die “straatwagte” wat elke dag moet toekyk hoe Jacob Zuma hierdie land verwoes deur sy blatante bedrog en korrupsie…?

Aan Cobus ·

Weet jy wat ontstel my, dat ons in ons buurte STRAATWAGTE betaal omdat ons dink hulle gaan ons veilig hou of darem ten minste ‘n paniekknoppie druk wanneer daar moeilikheid is om die sekuriteitsfirma in kennis te stel. NEE ons skep net NOG werk vir useless mense wat rondstaan en KYK hoe word ‘n jong meisie beroof en teen die grond neergegooi word. OM hom af te dank HELP NIKS, hy het gestaan en kyk hoe word sy aangerand en wou nie betrokke raak nie, hy is beslis aandadig. Die krimineel was ook glad nie afgesit deur sy teenwoordigheid nie, so hulle het geweet hy gaan nie teen hulle optree nie. Ons is besig om vir SKELMS werk te skep en om hulle te BETAAL terwyl hulle niks doen nie. Soveel van hierdie aanvalle en moorde word onder verdagte omstandighede gepleeg, die sekuriteitswagte word ‘vasgebind’ so speel hulle almal saam en deel in die BUIT!

Lynni ·

Iemand praat van pepersproei. Wat van sy maat wat in kar sit. Die bestuurder.

Judy ·

Hierdie land maak my so naar!!!!! Sies ! Vieslike goed wat ons mee moet saamleef!

Oom Johan Willemse ·

Die Grondwet waarborg ‘n veilige omgewing. Die Regering van die Dag kan nie lees nie. Hulle is onbewus van Blankes se menseregte. Hul lees selektief.
Die afgedankte wag behoort aangekla te word as medepligtige as medepligtige aan aanranding, poging tot moord en diefstal. Hy kan mos nie net skotvry loop nie?

anton ·

Die video werk nie!!!
Ek stem saam dat pepper sproei haar kon help in die geval.
Dan kon sy kans kry om weg te hardloop.
Die een in die kar sou nie sommer agter haar aan hardloop en sy motor net daar los nie.

Janie Monsieur ·

Dagsê Anton

Dankie vir jou terugvoer. Ons het inderdaad ‘n tegniese probleem dat die video’s op sommige toestelle glad nie wil speel nie. Ons hoop om die probleem so gou as moontlik op te los. Probeer asseblief op ‘n ander toestel of direk in jou webblaaier by maroelamedia.co.za indien jy die video op die app probeer kyk het.

Groetnis
Janie
nms Maroela Media

wilma ·

In vandag se tyd kan geen vrou, meisie of selfs ‘n man dit nie meer waag om alleen te loop of te draf nie dis net te gevaarlik. Reël eerder dat iemand jou op of aflaai as jy iewerheen moet gaan. Mens is eintlik nie eers meer in jou motor veilig nie. Ons word regtig verdruk en ons reg op menswees word regtig van ons ontneem. :-(

tamboti ·

Blykbaar is (MM spits julle ore en raak ingelig) die man van die SPUR insident DOOD aangetref by Boskop dam op 24 Maart – met skietwonde en gebreekte nek. (Mzanzi Live die bron)
Niemand anders berig daaroor nie, niemand ontkan dit nie!
Ek kan maar net hoop mense eien daardie rooi motor se registrasie nommer en “sort hulle uit”.
Help my as ek verkeerd is!

Janie Monsieur ·

Dagsê tamboti,

Die webtuiste waarop hierdie ‘nuus’ gepubliseer is, is ʼn vals nuuswebwerf. Die gerugte is absoluut onwaar. Lees gerus Maroela Media vir betroubare nuus.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Koos B ·

Ek is ‘n blanke man met ‘n werkswinkel.Ek het in 2012 al ontslae geraak van die mense wat by my gewerk het of sal ek se gesteel het en heeltemal afgeskaal.Ek werk nou alleen slaap goed en het nie meer nodig om Ccma toe te gaan as ek diewe afdank nie.

Marsha ·

Ja dit is vreeslik dat sy aangeval is maar toe sy sien die motor stop en ‘n man klim uit moes sy hardloop soos nog nooit te vore nie en ook skreeu soos nog nooit te vore nie.Waarvoor staan sy stil en knoop ‘n gesprek aan met hom.Ag nee wat sy woon in Suid Afrika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.