[Video] Mej. SA vertel van kapingspoging

Demi-Leigh Nel-Peters. Foto: Skermskoot/Facebok-video

“Ons Hemelse Vader het gisteraand vir my al sy engele gestuur om my te beskerm.”

Só sê Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, nadat drie gewapende mans Woensdagaand haar motor probeer kaap het. “Ek is veilig en ongedeerd en ek glo die voorsorgmaatreëls wat ek geneem het, het ʼn groot rol in my veiligheid gespeel.”

Nel-Peters sê sy het onlangs ʼn aantal veiligheidskursusse gedoen wat haar gehelp het om so kalm moontlik te bly. Nel-Peters is in Jan Smutslaan in Hydepark, Johannesburg, deur drie gewapende mans genader en ʼn vuurwapen is op haar gerig.

Die voorval het in spitsverkeer plaasgevind en Nel-Peters kon daarin slaag om uit haar motor te kom waarna ’n barmhartige samaritaan haar opgelaai en met haar van die toneel weggery het.

“Aan die onbaatsugtige en dapper jong vrou wat stilgehou en my opgelaai het in die middel van die pad, jy is my held en ek weet regtig nie hoe om vir jou genoeg dankie te sê vir wat jy vir my gedoen het nie.”

Nel-Peters is ook vol lof vir drie ADT-veiligheidswagte wat van diens af was sowel as lede van die plaaslike buurtwag wat haar bygestaan het.

“Dis mense soos julle wat my selfs meer hoop gee vir ons pragtige Suid-Afrika. Ja, ons beleef beproewinge, maar die goeie weeg altyd swaarder as die slegte.”

Our Heavenly Father sent me all his Angels last night to protect me. I am safe and unharmed and I definitely believe that the precaution I took also played a very big role in my safety. To the selfless and courageous young lady that stopped to pick me up in the middle of the road, you are my hero and I honestly don't know how to thank you enough for what you did for me. To the three off duty ADT and Neighborhood watch security guards that put themselves in harms way to see me safe, thank you!SAPD, @official_misssa organisation and @CellC thank you for all your support and assistance in making this traumatizing event as seamless as possible.It's people like you who give me even more hope for our beautiful South Africa. Yes, we experience hardships but the good always out ways the bad.????????????

Posted by Demi-Leigh Tebow on Thursday, June 8, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Geen man in hierdie land het meer ‘n verskoning om nie aan ‘n buurtwag te behoort nie.
As jy nie betrokke raak nie, gaan dit met jou ma, dogter, suster, pa, broer en seun gebeur.
Ek is dankbaar sy het niks oorgekom nie.

Confused ·

Verstaan nie wat die berig bedoel met “genader” nie – was sy binne of buite haar kar? Het sy haar venster oopgemaak?

PJ ·

Maak nie saak nie…bullets gaan deur glas…
As hy daai loop teen jou venster druk..is jy in die moeilikheid…

onderdiearm ·

Jammer dat Johann Botha nie op die selfde beskerming kon staat maak nie.

Hannetjie ·

Ongeag Wat net bly sy veilig. ..om gehijack te word bly altyd by mens. ..

Sandra ·

So bly sy is ongeskonde. Sal net baie graag wil weet hoe presies het sy uit die situasie/motor gekom met drie wapens op haar gerig sonder dat een van die drie geskiet het. Dit kan ons ook dan bemagtig om dieselfde te doen as so iets ons moet oorkom, hopelik met dieselfde positiewe resultaat

Jammer ·

Jammer dat die minister nie ALMAL bel wat aangeval word nie? Dit gaan alles oor die IMAGE, iemand met ‘n IMAGE word gebel en dit word oral uitgesaai dat almal dit weet. Ek is BAIE bly sy het niks oorgekom nie, sy is ‘n pragtige meisie maar HOEKOM is haar lewe en haar aanval in ‘n ernstiger lig beskou as al die ander s’n? Soos iemand hierbo noem, Johann Botha het met sy lewe geboet, het die Minister sy familie gebel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.