Video: Mej. Suid-Afrika 2014 gekroon

Rolene Strauss, Mej Suid-Afrika 2014 Foto: Miss South Africa, Facebook

Rolene Strauss, Mej Suid-Afrika 2014 Foto: Miss South Africa, Facebook

‘n Video van haar kroning en eerste onderhoud volg onderaan die berig. Rolene Strauss, ʼn Kovsie maar oorspronklik van Mpumalanga, is Sondagaand in die Sun City Superbowl gekroon as Mej. Suid-Afrika.

Ziphozakhe Zokufa van die Oos-Kaap is die eerste prinses en Matlala Mokoko is as die twee prinses aangewys, het die organisasie in ʼn verklaring gesê. ‘n Foto van die ander deelnemers volg onderaan die berig, voor die video’s.

Strauss (21), is ʼn vierdejaar- mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Sy is oorspronklik van Volksrust in Mpumalanga en was ‘n proefbuisbaba. Sy sê sy voel nederig en dankbaar om die kroon te kan dra.

“Ek is so lief vir Suid-Afrika! Ek kan vrylik leef, praat, leer en liefhê,” het Strauss in haar aanvaardingstoespraak gesê. “My drome is ontwikkel en het hier ʼn werklikheid geword. Ons land is my trots en my doel is en sal altyd hier binne lê.” Klik hier om meer te lees oor Rolene.

Strauss het kontant, ʼn motor en produkte ter waarde van meer as R1.3 miljoen gewen. Sy kry ook duisende rande in kontant- en studiebeurse om aan Suid-Afrikaners uit te deel wat sy tydens haar jaar as Mej. Suid-Afrika ontmoet. Cell C skenk ook R200 000 aan die wenner om lukrake welwillendheidsdade uit te voer.

Die beoordelaars was Mej. Suid-Afrika 1992, Amy Kleinhans-Curd; tydskrifredakteur, skrywer en digter Kojo Baffoe; TV-persoonlikheid en model Bonang Matheba; bekende radio- en televisiepersoonlikheid Anele Mdoda; en die redakteur van Glamour-tydskrif, Pnina Fenster.

‘n Video van haar kroning en eerste onderhoud volg onderaan die foto.

Foto: Miss South Africa, Facebook

Foto: Miss South Africa, Facebook


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.