Video: Mej. Suid-Afrika is die nuwe Mej. Heelal

Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, is die nuwe Mej. Heelal. Foto: Miss SA/Instagram

Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, is Maandagoggend (SA tyd) as die nuwe Mej. Heelal gekroon.

Die 26-jarige Tunzi het in Atlanta, Georgia, teen verteenwoordigers van 91 ander lande meegeding om die gesogte Mej. Heelal-titel.

Mej. Puerto Rico, Madison Anderson, was tweede en Mej. Mexiko, Sofia Aragon, derde. Mej. Colombië en Mej. Thailand was die ander lede van die top-vyf.

Tunzi is van Tsolo in die Oos-Kaap afkomstig en het tot haar kroning in Tuine in Kaapstad gebly waar sy gestudeer en gewerk het. Sy het egter ná haar kroning as Mej. SA die Moederstad vir die Goudstad verruil.

Demi-Leigh Nel-Peters, is in 2017 in Las Vegas as Mej. Heelal gekroon, terwyl Mej. SA 2018, Tamaryn Green, verlede jaar as naaswenner in dié kompetisie aangewys is. Mej. Filippyne, Catriona Gray, is met die titel huis toe.

Tunzi is die derde Suid-Afrikaner om die kroon te wen nadat Margaret Gardiner dit in 1978 gedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Strandloper ·

Geluk jys pragtig in alle opsigte en ons is baie trots op jou! Hoop regtig jou sukses spoel oor na die res van Suid Afrika dan kan ons n wonderlike land wees.

aj ·

Hartlik geluk Zozibini en die span wat jou bystaan!!!!

Suid Afrika het elke bietjie goeie nuus bitter nodig!

So vars en verkwikkend soos die milde reën wat nou oor die land uitsak!

Mel ·

Sys pragtig! Geweet sy kan dit doen.
Geluk Tunzi! Ons is trots!

Essa ·

Heerlike nuus. Baie geluk aan Zozibini vir haar welverdiende wen. Geniet jou jaar van “glam” saam met die baie verpligtinge. Stem sasm met Strandloper.

magda ·

Yip stem saam 100% – Sy is pragtig en verdien om te wen – Baie Baie geluk – jy en die blitzbokke het darem goeie nuus gebring die naweek. Hou net net duim vas vir Kaapstad se 7 rugby die naweek – sterkte bokke. julle kan dit weer doe.

Emma ·

Baie geluk geweet sy het die houding en die looks. Hou.ons naam hoog.

Abe ·

Neels,
Ek weet nie wat was haar persoonlike omstandighede nie, maar as sy uit een of ander haglike omstandighede opgestaan het en hierdie prestasie behaal het, dan is ek baie bly vir haar en dan is dit selfs nog n beter prestasie. Mooi so.

Deloris ·

Klas en styl het sy beslis. Geluk. Mag jou jaar n groot sukses wees.

Krewel ·

Ek is bly om hierdie nuus te sien vanoggend. Waarlik beeldskoon! BAIE geluk!

Annelize ·

Baie geluk! Ek hou van haar want sy is opreg, veral in haar voorkoms.

Geen ellelange wimpers, geen haarverlengings of pruike, en ook nie tonne en tonne grimering nie. Sy werk met dit wat sy het, en wat ‘n mooi voorbeeld is dit nie vir jong meisies daar buite nie. Maak die beste van dit wat God jou mee geskape het. Wees trots op wie en wat jy is, en maak die beste daarvan,

Ronel Nortje ·

Ek dink sy is absoluut pragtig! Baei bly sy het gewen!

Antonietta ·

Baie geluk. ons kon dit nie sien nie want die krag was af.
wou dit graag sien

Loraine ·

Heinrich en Annelize stem volkome saam met julle. Tunzi baie geluk, geweet jy gaan wen ons baie trots op jou jy is pragtig stylvol en nog slim ook. Hou Suid Afrika se naam hoog.

piperno ·

Bravo – Baie geluk – goeie 2019 jaar vir SA sport, Rugby, Netball (en nog vele ander) en nou Mej Heelal.

Abe ·

Henk,
Wat het dit met poletiek te doen? Hoekom is dit vir jou soos n sirkus?

Stem saam ·

Ane, ek stem saam met jou, sy is ‘n pragtige ambasadeur en ek is bly vir haar. Op ‘n stadium het ek ook gedink, die kompetisies is eintlik so teleurstellend, daar is ‘n klomp wat dit nie kry, maar daardie meisies leer ongelooflik baie in die tyd van die kompetisies, maak vriende en beland op positiewe werksgroepe en gemeenskapsdiens, daar word van hul verwag om goed te doen en hul doen dit en hul sal in hul lewenspad uitkyk vir sulke goed en beter mense uitdraai en belangrikste ‘n verskil maak!

Hendrik van George ·

Korrek. Vroue wil ernstig opgeneem word, maar dan volgard hulle met skoonheid kompetisies…

Pieterjat ·

Sy het meer ‘n skoonheid vir ‘n loopplankmodel. Wanneer sy haar haarverlengstukke dra lyk sy beelskoon. Nou lyk sy na ‘n jonger weergawe van Grace Jones. Nogtans geluk aan haar

mar-nee ·

Eers wen ons bokke die rugby die wereldbeker dan wen ons dame die mooiste in die heelal – SA is tops .

Corrien ·

Het julle gesien dat Maroela alle kritiese kommentare het verwyder. Dalk kom daar verbroedering, maar min mense glo dat. Sensuur by Maroela is erg, nooit verwag nie.

Strandloper ·

Mmmmmm…. miskien n goeie ding in die feestyd om ons ou volkie biekie op te beur! Ons is ten minste ALMAL Christine en ons heemlse Vader leer ons tog om te vergeewe en te vergeet. Ek is n groot skuldige sondaar wat gewoonlik vuur braak maar die Here verig wondere met my….Imagine vreede liefde en harmonie in Suid Afrika… daai kan net lekker wees!

André-Chris ·

Sy gaan die land red, vergeet van Cyril, Eskom en die land se ekonomie!

O ja … hier kom die Bokke … hier kom die Bokke ….

nelspruitlaeveld ·

Baie bly vir haar maar sy het nie die aandrok aangehad wat sy gewys het saam haar nasionale kostuum nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.