Video: Mense dood, groot skade in KZN ná tornado, hewige storms

Groot skade is aan infrastruktuur aangerig. (Foto: KZNCOGTA/Twitter)

Minstens twee mense is dood ná hewige storms die New Hanover-gebied net buite Pietermaritzburg Dinsdagmiddag getref het.

Provinsiale rampbestuurspanne het intussen deurnag gewerk om diegene wat deur ʼn tornado geraak is, by te staan. ʼn Video van die tornado wat groot skade aangerig het, het soos ʼn veldbrand versprei .

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 17:20 na die Mpolweni- informele nedersetting ontbied waar provinsiale medici reeds met die behandeling van pasiënte begin het.

‘n Agtjarige seun word steeds vermis. (Foto: SA Polisie)

ER24-paramedici het ʼn verdere nege pasiënte behandel wat na verskillende hospitale in die gebied geneem is. Altesaam 20 mense is uiteindelik net in dié gebied beseer.

Twee volwassenes is ongelukkig op die toneel dood verklaar, het hy gesê.

Campbell het gesê een van dié pasiënte was ʼn vrou wat ernstig beseer is nadat sy weens die storm beheer oor haar voertuig verloor het.

“Luidens berigte is verskeie diere in die gebied dood of beseer. Kragdrade is ook beskadig,” het hy gesê.

Eskom het later bevestig dat een van sy substasies deur die tornado beskadig is.

Rampbestuurspanne besoek die gebied vanoggend om die volle omvang van die skade te begin bepaal. (Foto: SA Polisie)

Polisieduikers en lede van die honde-eenheid is gisteraand ook na die Melmoth-gebied ontbied waar twee seuns, onderskeidelike ses en agt jaar oud, ʼn yskasdeur gebruik het om op die Mfuli-rivier te dryf.

Die twee het van die deur afgeval en in die water beland. “Die sesjarige kon op die yskasdeur terugklim, maar die soektog na die agtjarige seun duur voort,” het die polisie gesê.

Lennox Mabaso, woordvoerder van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in KZN, het gesê amptenare besoek vanoggend die gebied om die presiese omvang van die dodetal, asook skade aan infrastruktuur te bepaal.

Verskeie huise in veral die Mpolweni- en Thokozani-gebied, wat deel vorm van die uMswathi- plaaslike munisipaliteit, is weens die tornado weggespoel.

(Foto: SA Weerdiens)

Minstens drie ander mense is sedert Sondag dood ná die gure weer die provinsie getref het. In die noorde van die provinsie is ʼn jong vrou dood nadat sy deur weerlig getref is en in Inanda is ʼn ouerige egpaar in hul beddens dood nadat hul huis Maandag weens swaar reën ineengestort het.

Die SA Weerdiens sê November het gewoonlik heelwat storms, reën en hael. Hy voorspel gedeeltelike bewolkte toestande in KwaZulu-Natal vir die grootste deel van die dag, maar ʼn weerwaak is uitgereik vir hewige donderstorms oor die grootste dele van die provinsie laatmiddag en vanaand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
ongewoon

Gewoond om van die soort rampte te hoor uit ander lande. So iets sal die rooimiere se taak vergemaklik om ontslae te raak van gronbesetters. Voel verskriklik jammer vir die diere wat daardeur geraak word.

Sonja

Ek sien baie meer in die vloed rampe en tornado as net mother nature. Mense moet begin wakker word

CK

Dis hartseer van die kinders, jammer vir die ouers.

Nettie

Damn, die tornado het op die verkeerde plek in KZN toegeslaan ……. Nkandla lê ‘n entjie verder aan ……..

Piket

Dis nogal interessant dat jy nie weet nie.
Ek weet presies waarvan Sonja praat.