Video: Mense op dak vasgekeer toe brand uitbreek

Die gebou nadat die meeste vlamme geblus is. Foto: ANA

Brandbestryders moes Donderdag na ʼn toneel in Rissikstraat in Johannesburg haas nadat ʼn brand by ʼn gebou uitgebreek en talle mense op die dak vasgekeer is.

Vier brandweerwaens en talle polisievoertuie het na die toneel gehaas waar ʼn oënskynlik residensiële gebou in ligte laaie was.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het teen laatmiddag gesê die brand is onder beheer, maar brandbestryders is steeds besig om smeulende dele van die gebou te blus. Radebe het gesê geen beserings is nog aangemeld nie, hoewel daar nog mense op die dak vasgekeer was.

“Hulle word gehelp. Brandbestryders het na hulle toe gegaan en hulle gerusgestel dat die brand tot die eerste verdieping beperk is. Sodra die rook ʼn bietjie minder is, sal ons hulle na onder kan bring. Die gebou is ook deursoek en vir nou het ons niemand binne gevind nie,” het sy gesê.

Rissikstraat is gedeeltelik gesluit terwyl nooddienste op die toneel besig was.

Die gebou word gebruik deur hawelose mense, terwyl ʼn klomp klein winkeltjies vanaf die grondvloer bedryf word.

Polisiebeamptes op die toneel wou nie met verslaggewers praat nie en het belangstellendes so ver moontlik teruggedruk.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adrian ·

Die gebou is een van talle wat in n vervalle toestand is party so erg afgetakel dat herstelwerk onmoontlik is …. tydbomme. Die owerheid moet nou intree en al die geboue sloop veral in Hillbrow

Swanna ·

So lyk die hele Johannesburg midde stad. Dan wonder hulle hoe het dit gebeur dat die gebou aan die brand geraak het. JO’BURG is ‘n plakkers kamp op sy eie. Het dit met my eie oë gesien. Werk elke dag daar.

LB S ·

14 Jaar gelede toe ek laas daar gewerk het was dit al “spot ‘n Whitey” in die middestad en het dit net al hoe meer agteruitgegaan. Daardie jare kon ek en my kinders darem nog gedurende die dag in Hillbrow na Look ‘N Listen gaan om CD’s te koop. Slegs ongeveer 5 jaar later nadat ek Kaap toe verhuis het, het my broer ons een aand gaan wys hoe Hilbrow lyk. Dit was ‘n angsvolle avontuur wat ek nooit weer wil ondervind nie!

Colleen ·

Dit moet verskriklik wees as jy op die dak is en die gebou brand. Hopelik word die ou geboue nou gesloop voor daar nog sulke gevalle is.

bren ·

Of hulle moet alles sloop; OF bou n muur om Jozi sentraal, nes in die movies…..

CHRISTA ·

Ek kan dit nie verstaan nie: mense het vir DEKADES in Johannesburg middestad, Hillbrow, Berea en ander omliggende dele gewoon en NOOIT was daar soveel brande in die geboue gewees nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.