Video: Mercedes brand in Kampsbaai

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die motor met ‘n petrolbom bestook is (Foto: Skermskoot)

Inwoners van Kampsbaai in Kaapstad het Donderdagaand groot geskrik toe ’n Mercedes-Benz in dié buurt skielik in vlamme opgegaan het. Die voertuig is vermoedelik aan die brand gesteek. Volgens die Wes-Kaapse polisie is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie, maar die moontlikheid dat die motor met ’n petrolbom bestook is, word ondersoek.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer‑ en reddingsdienste in Kaapstad, is Seepunt se brand-en-reddingspan om 20:21 na Geneva-rylaan in Kampsbaai ontbied.

“Met hul aankoms op die toneel het hulle die brandende voertuig langs die pad aangetref. Die venster aan die bestuurskant was gebreek,” sê Carelse.

“Daar was baie vlambare vloeistof onder die voertuig.”

Carelse sê die reddingspan het lank gespook om die vlamme in bedwang te bring en het omstreeks 21:10 die laaste vlamme geblus.

Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie in Kampsbaai ondersoek ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Aanklagte klink nie reg nie dink eerder dis terrorisme as ek reg is by gesê…

Cherokee ·

Vele van dat, soos ook die onglangse onrus in KZN & GTNG, is bloot diewery en vandalisme.

Toy ·

Wat gaan aan in die mooie Kaap. Dit is hartseer dat mens mense kry met soveel haat in hulle. Hulle is verseker nie gelukkig met hulself ook nie.

Anoniem ·

Dit kan ook sindikaat verwant wees. Jy moet die huise wat gehuur word en voertuie van die buitelandse sindikate in daardie area sien om dit te glo. Meeste van Noord-Wes Afrika……

Spook ·

Nee wat, niks om oor bekommerd te wees nie. Dis maar net die smokkelbendes wat mekaar uitsorteer.

Duck ·

Gelukkig het ek ‘n 14 jr ou Merc, dink darm nie hul sal oor hom worry nie

ES ·

Tensy hulle lus is om hom te brand, dan gaan hy ook in vlamme op… ek dink hierdie was net moedswilligheid en het niks met die tipe kar te doen gehad nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.