Video: ‘Meteoriet’ het sosiale media aan die gons

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Vermoedelike meteoriet wat Saterdagaand vanaf die Ottosdal-omgewing in Noordwes te siene was, het sosialemediagebruikers behoorlik op hol.

Die glimmende vuurbal wat deur die lug trek voordat dit lyk asof dit ontplof, is op twee plaaslike boere se veiligheidskameras, Vicus van Zyl en Barend Swanepoel, vasgevang. Dié beeldmateriaal is Sondag wyd op sosiale media versprei.

Van Zyl, wat tussen Hartebeesfontein en Ottosdal boer, het aan Maroela Media vertel ʼn buurman het by hom koffie gedrink en omstreeks 18:45 huis toe gery. “Net nadat hy weggery het, het hy my gebel en gevra of ek dit gesien het. Hy het self gesien hoe die ding deur die lug trek en my gebel. Ek het op die kameras gaan kyk en daar sien ek dit toe ook,” het Van Zyl gesê.

Volgens ʼn vriend van hom wat ʼn sterrekundige is, dui ʼn voorlopige ondersoek daarop dat die meteoriet teen ʼn snelheid van 252 000 km/h beweeg en 60 km bo die aardoppervlak uitgebrand het.

Daar word vermoed dat die meteoriet Botswana getref het.

Asteroid Initiatives het op Twitter gesê dit kom wel voor asof die meteoriet, wat informeel die naam ZLAF9B2 gegee is, die atmosfeer oor Botswana getref het. Daar word bespiegel dat dit dieselfde meteoriet is wat vroeër oor die Yunnan-provinsie in China sigbaar was.

Volgens ITV News het die Yunnan Observatory of the Chinese Academy of Sciences bevestig dat die blink lig wat inwoners in die lug gewaar het wel ʼn meteoriet was.

Video met vergunning van Vikus van Zyl:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Valerie ·

Eerstens, niemand gons hieroor nie, en tweeedens, dit het gebeur in die grammadoelas soos al daai UFO’s wat nooit op Loftus Versfeld land (waar almal dit kan sien nie) nie maar op iemand se plaas êrens verby vlieg. Flop nuus?

Leeann ·

Valerie Ottosdal is nie in die boendoe nie, dit is 40km van ons af. Ons is Coligny area. So die plek waar hy getref het, kan gekry word

Grassie ·

Nee, Valerie, jy het net nie goed genoeg gekyk nie. Daar land elke jaar ‘n klomp vreemde “alians” op Loftus. Hulle het blou truie aan en hardloop net daar rond en vertrek dan weer sonder dat hulle iets noemenswaardig bereik het.

Koos ·

Dit sou nogal ironies gewees het as die ding Coligny getref het. Die plek is mos laasjaar afgebrand en daar is glo nie juis iets oor om te vernietig nie.

Elize ·

Ons was die naweek by Roosekoppies dam anderkant Brits en het dit ook gesien.

Gerhard ·

Meteoriete tref nie altyd iewers in die gramadoelas nie, net meer as dig bewoonde gebiede. Die rede is omdat die gramadoelas ‘n baie groter oppervlak van die aarde bestaan as dig bewoonde dele.

RK ·

Valerie, ‘n meteoriet en UFO is nie dieselfde ding nie. UFO’s is beman en meteoriete nie. Meteoriete brand uit of tref ‘n planeet en meeste van die tyd “crash” UFO’s nie, behalwe hierdie wat aangeteken is: http://www.v-j-enterprises.com/ufocrash.html
Jy glo waarskynlik nie dat UFO’s bestaan nie. Ek het ook nie, totdat ek een in 1988 gesien het. Spandeer gerus ‘n bietjie tyd op Youtube.
Iets om oor na te dink omtrent Louie Giglio wat ‘n studie maak oor ruimtewetenskap: “If God made the whole universe just for us, then it’s way oversize !”

Niebevrees ·

Waarvoor bevrees??
Die dinge moet gebeur voor Chrisus weer sal kom.

Dit is beslis nie interkontinale MISSIEL met ‘n kernkop van een van die groot state nie óf ANC nie!!!!!

Francois le Cockon ·

Ek het self so ‘n vuurbal in Kaapstad gesien, so 10 jaar gelede. Dit was baie aanskoulik. Dit was ‘n bol vuur so groot soos ‘n volmaan. Het eers nie geweet wat dit was nie. Sutherland se sterrewag het my gese^ dit was ‘n vuurbal.

Avra ·

Die meteoriet wat destyds in Namibia geval het, is solied yster. Jy kan dit nie eers met n ystersaag n stuk afsaag nie.
Sal graag n monster van hierdie nuwe meteoriet wou ondersoek.

Maggie ·

Dit is reg.. ek onthou as kind toe ons daar was, hoe indrukwekkende gesig dit vir ons was.. wow.. het al byna daarvan vergeet

DeJager ·

Ons het gesien hoe trek hy gisteraand deur die lug en gelyk of hy die aarde tref. Baie “scary”

DeJager ·

Ons het gesien hoe trek hy gisteraand deur die lug en gelyk of hy die aarde tref.

Brannas ·

Skuus julle. Ek dink dit was dalk ek gewees. Na gisteraand se rugby teleurstelling het ek nog hout op die vuur gegooi, en ek vermoed dit kan dalk een van daai vonke wees. Sorry

Spook ·

Glo my, dit was so….ons het buite gesit en braai toe my skoondogter se daar val n ster, maar dit was te groot en het met n oranje kleur lig die aarde getref. Ons woon so 80km vanaf die Botswana grens op Tolwe en het dit verseker gesien. Dit was so vinnig maar baie mooi….

Sue ·

Wow, laat dit my terug dink aan my tiener jare toe ons die laaste keer na “Helley se kommeet” https://www.space.com/19878-halleys-comet.html gekyk het. Ek sou wat wou gee om n metioriet met my eie oe te kon sien in lewende lywe. Meteoriet word ook gebruik in juweliers ware al vir toenterjare. Dis net so interessant

Gerhardt O ·

Ons het die geweldige flits gesien oppad van Parys af. Eers gedink dis weerlig maar daar was geen wolke nie.

Martina ·

Dit was aanskoulik! Ek het dit in Pretoria gewaar – ‘n groot bol vuur.

Nienie ·

Ek het hom ook gesien was buite besig om te braai saam vriende, natuurlik het HULLE toe al n paar doppe in en ek niks…. Hulle het my oortuig ek verbeel myself. As ek nie die nuus gelees het nie sou ek sekerlik steeds getwyfel het of ek dit wel gesien het of nie

Elize ·

Ons was die naweek by Roodekoppies dam anderkant Brits en het dit ook gesien.Iets om te aanskou.

Vermeendes ·

VERMOEDELIK???

Of was dit dalk n kernbom van Noord Koria af.

Bosveld ·

Ons is op ‘n plaas naby Thabazimbi en het dit gesien. Ons het glad nie geweet wat dit was nie tot ek die berig gelees het.

Danie steenkamp ·

Ek en my twee seun het hom om die kampvuur gesien vanaf steenbokpan Limpopo in noordelike rigting

Carol ·

Ons het om die kampvuur gekuier en dit duidelik gesien toe dit val en die aarde tref en alles ophelder, baie mooi. Ons was op die plaas Kameeldrift naby die Botswana grens.

kas ·

As die meteoriet teen 252.000 km/h trek vir hoe lank was dit sigbaar.Wat is ‘n meteoriet eintlik.Weet iemand presies waar het die meteoriet geval in Botswana?Waaruit bestaan ‘n meteoriet.Breek ‘n stuk van ‘n planeet af en beweeg in ‘n wentelbaan.

Chantell ·

Ons het dit ook wargeneem. Ons het gesien hoe val hy tot op die aardoppervlak in die limpopo area. Tussen Dendron en Polokwane.

nico k ·

Kas ek sien niemand antwoord jou nie, en ek is nou nie ‘n kenner nie, maar basies is meteore stukke klip van verskillende groottes wat in die ruimte rondsweef en sover ek weet nie in vaste wentelbane nie. As hy te naby die aarde se atmosfeer kom, of enige ander planeet, dan word ht aangetrek en die spoed waarmee hy deur die atmosfeer trek laat hom letterlik uitbrand. Daardie oomblik word dit ‘n meteoriet genoem. Dit is wat ons ‘n verskietende ster noem. Bitter min van hulle beland op die aarde maar brand uit in die atmosfeer. Hierdie een mos ‘n besonderse grote gewees het, en dit is moontlik dat hy op die aarde geval het. Hulle bestaan meestal uit metale. Google bietjie Grootfontein se meteoriet. Daar word spesifiek gemeld watse metale in daardie een gevind is.

MICHAEL ·

ons was die naweek in Magaliesburg NW en dit ook gesien onbeskryflik om te sien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.