Video: Metrobeampte klap omstander glo ná onderonsie

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Saak van dwarsboming van die gereg is teen ʼn skrootwerfeienaar aanhangig gemaak na aanleiding van ʼn onderonsie met metropolisiebeamptes wat op beeldmateriaal vasgevang is.

Ao. Gorden Billing, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die saak is deur die Johannesburgse metropolisie aanhangig gemaak.

Beeldmateriaal wat deur die misdaadbekampingsorganisasie eBlockwatch op sosiale media versprei is, wys hoe twee metropolisiebeamptes Woensdag omstreeks 11:15 by die skrootwerf in Newlands, Johannesburg, opdaag.

André Snyman, stigter van eBlockwatch, het aan Maroela Media gesê die eienaar van die skrootwerf en sy seun het die beamptes gevra om identiteitskaarte te toon, omdat hulle wou bevestig dat die mans werklik polisiebeamptes is. “Die beamptes het geweier om enige vorm van identifikasie te toon en het gesê die wet vereis nie van hulle om hulself te identifiseer nie,” het Snyman gesê. “Hulle het daarna aanvallend en aggressief geraak.”

Die eienaar, wat ʼn lid van eBlockwatch is, het onraad vermoed omdat die beamptes so aggressief was en het hulle in ʼn vertrek in gestoot en die deur gesluit. Hulle het daarna die polisie gebel en die situasie aan hulle verduidelik. “Die feit dat die metropolisiebeamptes nie bystand ontbied het nie, het die eienaar ook laat dink dat alles moontlik nie pluis is nie,” het Snyman gesê.

Toe die polisie op die toneel opgedaag het, het hulle die metropolisiebeamptes uit die vertrek gelaat. Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe een van die beamptes ’n omstander, wat glo nie by die onderonsie betrokke was nie, agter teen die kop klap. Wanneer die man opkyk, klap die beampte hom weer, hierdie keer deur die gesig.

Volgens Snyman het die ander polisiebeamptes net toegekyk hoe die metropolisiebeampte die man aanrand en niks gedoen om hom te keer nie. Die eienaar van die skrootwerf het nog ’n polisiebeampte gebel om na die toneel te kom en laasgenoemde het die metropolisiebeamptes weggeneem.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn onderonsie tussen metropolisiebeamptes en die eienaar van die skrootwerf ontstaan het.

Hy het egter ontken dat enigiemand in hegtenis geneem is en het gesê geen saak is teen die beamptes geopen nie. Minnaar het ook gesê hy is nie daarvan bewus dat die metropolisiebeampte ʼn omstander geklap het nie.

Die skrootwerfeienaar en die metropolisiebeamptes se name is aan Maroela Media bekend, maar kan nie in hierdie stadium bekendgemaak word nie.

Die twee onderstaande videos is deur eBlockwatch verskaf:

[wpvideo Lr59pard]

[wpvideo QafxMKxQ]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peet Schabort ·

Dan behoort dit te gaan oor reg en geregtigheid?
Voorheen ‘n polisiemag wat toe ‘n polisieDIENS geword het. ‘n DIENS teenoor wie? Sterkte aan diegene wat werklik die beroep wil beoefen tussen die korruptes.

PIETER ·

Daar is niks wat ek aan die saak kan doen nie en ek weet niks gaan met die beamptes gebeur nie. Ek gaan wel nie vanaand soos die gewoonte die kos pakkie aan die swart gesin gee nie. Te danke aan die twee beamptes. Daar sal hoopelik more nie soortgelyke nuus wees nie dan sal n gesin nie weer honger gaan slaap nie.

Paplepel ·

@ Pieter
Ek het reeds al ‘n paar jaar gelede opgehou om kos en geld aan diesulkes te gee. Het een op die veiligheids kamera gevang my hek se slot steel. ‘n Dag later was ta terug en bedel vir kos. Ek het die kort sambok gaan en hom 10 sekondes kans gegee om te gaan. Eers toe ek die hek oopmaak besef hy ek is ernstig en hy hardloop. Dit was laaste, NIKS aan bedelaars nie. Ek het gewerk vir my geld. Kom werk vir my as jy van my geld wil hê.

Tania ·

Hoekom straf jy daardie gesin? Is hulle een van die beamptes?

AH ·

HELP Lees ek skeef of gaan daar nou weer niks verdergebeur nie

Dave ·

Ek dink nie jy lees skeef nie, ek dink jy lees glad nie. Waar’t jy daai kristalbal gekoop?

Riaan ·

Dis ‘n jammerte manne soos Gerrie Gernecke en Wayne Minnaar het nie die guts om sulke beamptes ordentlik vas te vat nie, want hulle is bang hulle verloor hulle poste as hulle te streng is op die ANC se tjommie beamptes optree. Sulke beamptes behoort tydens die opleidingsproses uitgekeur en afgedank te word, maar almal sit eerder in hul kantore en wegkruip terwyl die skuim wat hulle aanstel om die publiek te bedien soos diere die strate ingestuur word om die publiek te laster en aan te val. Solank hulle hul kwota van 10 boetes per dag uitreik kan die manne wat moet seker maak dat hul werk reg gedoen word nie enigsins minder omgee nie.

George ·

Ek verstaan die polisie se dilemma maar dit maak hulle nie gode nie. Tragies ….
ek het geen vertoue in die polisie meer nie.

Karin van Ede ·

Dit sou wragtig sy laaste klap wat hy uiitdeel gewees het!!want as ek met hom klaar was sou hy nie weer opgetsaan het nie……hy sou met ‘n ambulansbedjie daar uitgedra geword het!!!As jy kan uitdeel moet jy ook kan ontvang!!

STEVE ·

Ag hoe lekker verdwaal mense nou…!
Genade! Bly by die punt!
Summiere ontslag vir beide die twee Metro Polisie-beamptes…sonder betaling, en neem ook sommer hul pensioen ook weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.