Video: Metropolisie van aanranding, intimidasie aangekla

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding en intimidasie nadat twee Ekurhuleni-metropolisiebeamptes Sondag glo ʼn motoris en sy vrou in Edenvale, Johannesburg voor hul twee kinders hardhandig behandel het.

Malcolm Brown, die motoris, het aan The Star gesê die voorval het naby Modderfonteinweg plaasgevind. “Ek het by ʼn rooi verkeerslig stilgehou en ʼn verkeerspolisiebeamptes verder af in die straat sien staan,” het hy gesê. Toe hy verder ry, het die beampte hom van die pad af getrek en glo op hom begin skree en gevra hoekom hy die rooi verkeerslig verontagsaam het.

Brown het dit ontken en hy is glo gewaarsku dat hy ʼn boete gaan ontvang. Hy het uit sy motor geklim om sy inligting aan die beampte te verskaf. Terwyl die beampte die boete ingevul het, het Brown hom gevra hoe hy die verkeerslig van so ver af kon sien. Die beampte het glo geantwoord: “Ek is die wet”.

Nog twee beamptes het daarna by hul kollega aangesluit en ook op Brown geskree. Toe Brown hulle name vra, het hulle hom glo gevloek.

Brown het sy selfoon uitgehaal en wou ʼn video van die polisievoertuig se nommerplate te neem. “Net nadat ek die video begin neem het, het ʼn beampte my arms gegryp en my tot op die grond toe gestoei. Sy kollega het my ook gegryp, en die beampte in die video het my op my bors geslaan.”

Brown se vrou het nader gehardloop om hom te help en een van die beamptes het haar glo weggestoot en geslaan. Hul kinders het op die motor se agtersitplek gesit en die hele voorval sien gebeur.

“Ek kon hoor hoe my kinders skree,” het Brown bygevoeg. “Ek het my vrou gegryp en na die motor gehardloop. Ek het die deure gesluit en die polisie gebel.”

Hy het gesê die beamptes het van die toneel af weggery. Hy het hulle probeer agtervolg, maar hulle het te vinnig gery en glo meer as 120 km/h in ʼn 60 km/h-sone gery.

Ao. Jean Olckers, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê ʼn saak van aanranding en intimidasie word deur die Edenvale-polisie ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Estelle ·

Hierdie voorvalle raak nou algemeen! Hulle dink regtig hulle is die ‘WET” en dan veroorsaak hulle paniek onder die kinders in die voertuig! ek wens iemand wil net eendag die guts he om so arrogante metro/polisieman goed te wetter! Hulle is mos lekker los met die vuiste hoekom nie ook ons nie!

Theresa ·

Die untouchables!! Hulle moet bietjie opleiding in maniere en menslikheid kry. Ongeskikte verdomde goed wat dink hulle kan doen wat hulle wil. Julle klomp ringkoppe moet bietjie opstaan uit julle air-con kantore en julle mense opvoed.

Petrus Swanepoel ·

As jong man het ons sulke verkeerbeamptes uitgelok om ‘n persoon te agtervolg na ‘n afgelee plek waar ‘n klomp jong manne die verkeerbeampte ingewag het. Hier is die man ingelig om sy viktimisasie te staak en dan kry hy pak slae. Sulke nuus versprei gou onder die verkeersbeamptes want dink hulle is die wet.

Mario ·

My vriend was laas week Dinsdag so hardhandig hanter in Van Riebeek Edenvale. En gisteraand was ons afgetrek in Dowerglen want ons het glo nie gestop by die stopstraat nie. Toe ek vir die beampte se ons het toe se sy vir my ek moet maar net “shut-up”

Alex ·

Dit het laas jaar ook met my gebeur, en ek is n vrou. Ek het by n robot in Van Riebeeck gestop en toe dit groen slaan het ek oor gery. Ek is afgetrek en die gemors het vir my gese dat ek op my cell foon gepraat het. Ek het op my cell foon gepraat, maar my voertuig het Bluetooth en die foon word beantwoord oor die radio….maar nou ja daar is min wat aangaan tussen hulle twee ore. Ek is ook uit geskel vir wit gemors en n klom ander name toe gesnou. Dit is aangemeld by die Metro stasie hoof en ek het dit later deur gevat tot by n department wat met die aangeleenthede deel. Tot vandag toe nog nie n wood verder gehoor nie.

Anton ·

Ons weet nou mos almal van die ondersoek gaan niks kom nie want hulle almal kop in een mus

carel ·

Ek het ook Sondag in Edenvale met die selfde dom metro’s te n probleem gehad – ek sal as karakter getuie vir die man gaan getuig – hulle het op die hoofweg gestaan na die e toll gantry en my afgetrek in Galoelies en gese ek het oor die wit sper streep gery – ek vra toe die beampte hy moet die streep aan my uitwys aangesien n mens nie die streep kan sien van waar ons staan nie al loop jy 100m terug – hy het my begin dreig en n vrou wat saam met hom was het op my begin skree – ek het hom aangese om my nie te dreig nie en n video en fotos geneem – hul het n volgende motoris ook afgetrek en hy het ook fotos geneem en gese hy gaan ook hof toe – maar dan is ge nog gelukkig want die E toll hek sal wys ek is eers teen 12uur daar verby en die dom metro beampte het geskryf dat hy my teen 11:21 gevang het – ek wil sien hoe hy my van die een gaan skuldig vind? Ek kon mos nie die oortreding begaan 40 min voor ek daar verby gery het nie?
Ek is nogal skaam om te sien dat ons Metro so swak opgelei is dat hy jou n boete kan gee vir iets wat hy nie sien gebeur nie – se vir die man ek sal sy karakter getuie wees – ek sal die mense se gesigte uitken.

Peter Says ·

Pepersproei, dit werk baie lekker, as jy bedreig voel…Spuit hulle…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.