[Video] Minister se mediumtermynbegroting ontwrig

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die minister van finansies se mediumtermynbegroting is Woensdag in die parlement vertraag nadat die EFF daarop aangedring het dat dit uitgestel word vir ʼn dringende debat oor studentebetogings oor klasgelde.

“Dit is jou enigste kans om die land se burgers te wys dat ons simpatie het met hul saak,” het Sipho Mbatha, ʼn EFF-LP, gesê terwyl duisende studente buite die parlementêre hekke betoog het en aangedring het op gratis hoër onderwys.

Die EFF se LP’s is hierna gevra om die Nasionale Vergadering te verlaat. Die parlementêre beskermingsdienste is ingeroep om hulle te verwyder.

Minister Nhlanhla Nene het egter kort hierna sy toespraak begin lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Paul ·

Wat gaan dan nou aan met die studente is hulle dan nie die sg.”free borns”nie of is dit maar net die barbare element nie?

Winston ·

Nee jy is ook verkeerd Paul. Dit gaan net oor klasgeld en as die regering hulle sponsor met ons geld is alles reg en loop die land soos n horlosie man! Amper glo ek die bollie wat ek nou kwytraak

alida ·

Ek dit word toegelaat. Waar is die sekuriteitswagte en SAPD by die Parlement?

alida ·

Ek dit word toegelaat. Waar is die sekuriteitswagte en SAPD by die Parlement?

Rynhardt ·

Minister Nene speel SA met sy sogenaamde begroting.Die Anc het lankal ekonomie opsetlik doodgemaak met implementering van Vryheidsmanifes!Geen regering in wereldkan n “come back” maak as hy n land se ekonomie vernietig het nie.Die minister van finansies was so bemark as wonderlik maar hy is op dieselfde vlak as alle soustreinryers!Hoekom het ons nog die sirkus-parlement?Net groot sotte glo dat SA op die wenpad is.Zuma is lankal niemeer inbeheer van land nie.

Dan ·

Die land brand. Niks gaan hierdie brand kan keer nie. Nie n slapgat regering nie. Ek dink die regering gee niks om met wat van die land word nie.

Genis ·

Kyk net hoe geslepe en ongesiens het die EFF agter die leisels van die massaprotes inbeweeg. Nou gons sosiale media met uitroepe van revolusie en die fooie is vergete. Rassekonflik is besig om te eskaleer. “Mens kan julle domheid op julle gesigte sien!” en “Nou gaan die plek weer stink!” skree wit studente vir swart studente. “Ons het niks terug gevat in 1994 nie, dis tyd dat ons alles vat” en “Ek is nie bang vir jou nie, witman!” skree swart studente. Waar’s my popcorn.

Genis ·

Kyk net hoe geslepe en ongesiens het die EFF agter die leisels van die massaprotes inbeweeg.

Francois ·

Totale anagergie…..dat hulle tot die parlement kan binnedring. wat jy waar in jou lewe kry?!!! En die ploisie, weermag is te swak om enige iets daaromtrent te doen…almal onder die zoompie “spell”, Tyd dat die ou vertrek!

DAAN ·

EK REKEN DIE STUDENTE SAL VIR MALEMA STEM EN DIE ANC SAL MEER STEMME VERLOOR

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.