Video: Mishandelde sirkusleeus kom in SA aan

Die leeus kort voordat hulle afgelaai en wakker gemaak is. Foto: Mia Spies/eNuus

Vier mishandelde sirkusleeus wat uit die Oekraïne gered is, het Donderdagoggend hul pote vir die eerste keer op Afrika-bodem neergesit danksy ʼn oud-Suid-Afrikaner se onverpoosde stryd om dié pragdiere te red.

Drie leeuwyfies, Charlie, Kai en Luca, en die leeuwelpie, Nathan, is deur Lionel de Lange, Oekraïense direkteur van die Lawrence Anthony Earth Organization, gered. Die drie leeuwyfies is deur ʼn sirkus agtergelaat en het in ʼn klein hok in haglike omstandighede gewoon. Nathan is in ʼn ander stad honderde kilometers verder gevind en sou vermoedelik binnekort aan ʼn sirkus verkoop word.

Dit het meer as ʼn jaar se fyn beplanning, hope papierwerk en ruim skenkings geverg om die vier leeus uiteindelik in Suid-Afrika te kry.

Die jong leeus, wat bestem was vir ʼn lewe agter tralies in die ysige Oos-Europa, sal die res van hulle lewe nou onder die Afrika-son in die Kragga Kamma-natuurreservaat in die Oos-Kaap deurbring.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

alida ·

Wonderlike nuus !!! Hulle sal baie gelukkiger hier by ons wees. Stuur hulle vir Sylverster dan sal hy nooit ooit weer wegloop nie.

Nel ·

Ek stem. Dankie dat daar nog iemand is wat omgee vir ons natuurlewe. Mag Charlie, Kai Luca en Nathan gou aanpas en die vryheid geniet waarvoor hulle geskape is. En mag die sirkuseienaars ‘n #@%@#@!$$ kry waarvan hulle nie gou sal herstel nie.

sus ·

Dit breek my hart om te sien hoe mense diere mishandel … soms wens ek daardie diere kon “retaliate” op dieselfde manier …

Margaret Visagie ·

Dankie dankie, en nogmaals DANKIE!!!! God se seèn oor jou!

Elize C ·

Bitter baie bly dat die leeus nou in SUID-Afrika is. Kan nie help om te wonder hoekom daar op media (tv-nuus inkluis) so spesifiek verwys word na “onder die AFRIKA son” nie…. Suid-Afrika – die land waar hulle in werklikheid nou is – maak net die onderste deeltjie van AFRIKA uit….. as daardie leeus enige ander plek in AFRIKA opgeëindig het, twyfel ek of hul haglike omstandighede enigsins beter sou wees….. Hoekom nie net reguit sê die leeus is na SUID-Afrika gebring nie? Vir my is dit so goed as wanneer iets Frankryk toe gestuur is, om te sê dit is Europa toe gestuur……

Anoniem ·

Awesome om sulke lekker stories te lees ! Baie dankie vir jou goeie hart.

RG ·

Dankie aan almal hierby betrokke. Dit maak op vir al die goor nuus van die week.

TLC ·

Gisteraand op t.v. nuus gesien
Met n baie Gelukkige knop in my keel sê ek
BAIE BAIE DANKIE AAN ALMAL
wat n plesier om hul so ontspanne op ons grod bodem te sien
Mag hul el jul baie lank en gelukkig lewe

Maritha ·

Hopelik land hulle nie nou in die hande van die mense wat leeus in hokke aanhou om die buitelanders geskiet te word nie. Ek bid hulle kry nou die lewe wat hulle verdien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.