Video: Motor ploeg in leerders in

‘n Skermgreep uit die video.

WAARSKUWING: Die video in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem op verskeie aanklagte waaronder roekelose en nalatige bestuur nadat daar in ’n groep leerders buite ’n skool in Durban ingeploeg is. Dít met ’n gesteelde motor.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 14:05 buite Fairvale Secondary School in Wentworth plaasgevind.

In ’n video van die voorval wat sedertdien op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe ’n wit Toyota Corolla straat op en straat af jaag waarna die motor later in ’n groep leerders op die sypaadjie inploeg.

Vier leerders is in die voorval beseer en na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Volgens Naicker is die betrokke motor verlede jaar November in die omgewing van Amanzimtoti gesteel.

Die verdagtes, onderskeidelik 21 en 23 jaar oud, verskyn na verwagting vandag in die hof op aanklagte van die besit van ’n gesteelde voertuig, roekelose en nalatige bestuur, die versuim om ’n rybewys te toon asook die versuim om na ’n ongeluk aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Annelize ·

Die laaste een in hierdie voertuig, of hy nou die bestuurder was, behoort so diep weggesluit te word, dat hulle kos met ‘n kettierek vir hulle geskiet moet word.

Dis mos nou blatante moeilikheid soek, maar hul optrede spreek boekdele van hul mentaliteit en verstandelike vermoeens. Kriminele.

JohanR ·

Nie die eerste keer dat die soort nonsens in SA gebeure nie. Wonder nou eintlik wat die hofe oor die twee sal besluit op die ou einde. Na Covid-19 is my geloof in die hofe rerig weg!

Thea ·

Waar is die aanklag van poging tot moord? Die siek siel het mos geweet wat hy doen kan iemand se dood veroorsaak.

LANA is ELANè ·

Diewe wat wil “windmakerig” wees voor jong skooldogters, pateties is nie eintlik die woord wat ek hier wil gebruik nie!

Yvonne ·

Hier is geen verskoning te bied nie …hierdie persoon het blatant moeilikheid gesoek en dit gekry….jammer vir die kinders

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.