Video: Motor ‘vlieg’ deur die lug

‘n Skermgreep van die video. (Foto:

’n Man (28) is vroeër vandeesweek na ’n hospitaal in Makhanda (Grahamstad) in die Oos-Kaap geneem nadat hy beheer oor sy motor verloor en dit deur die lug getrek en teen ’n muur gebots het.

Die voorval het Dinsdagaand kort voor middernag gebeur toe die bestuurder na bewering die randsteen van ’n verkeersirkel in die dorp met sy motor getref het.

In ’n video van die voorval op sosiale media kan gesien word hoe ’n motor om 23:44 skielik deur die lug trek voordat dit ’n hele ent verder teen die muur van die St. Andrew’s College se skoolkapel bots.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, sê die man het na bewering kort voor die voorval vriende by die plaaslike lugmagbasis afgelaai voordat hy beheer oor sy motor in Somersetstraat verloor het.

Hoewel die bestuurder gedisoriënteerd op die ongelukstoneel voorgekom het, het hy mediese behandeling van die hand gewys en is hy na die plaaslike polisiestasie geneem.

Hier het polisiebeamptes egter opgemerk dat bloed uit sy ore sypel en hy is deur ’n familielid na die hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek intussen ’n saak van roekelose en nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jessey ·

Hy was seker haastig opppad huistoe om in tyd te wees vir “Curfew”

Misky ·

Lekekr lag ek nou vir jou @Raymond – ha ha ha!!!! Baie skerp

Adam Adriaan ·

Ja glo die versterkwater het ook ‘n bydra gelewer om die randsteen raak te ry.

antieke antie ·

sy spoed lyk reg vir opstyg…. glo nie hy sou om die sirkel kon gaan nie….toe gaan hy bo-oor

Jacques ·

Ek was 21 jaar in die Lugmag en glo my daar is geen Lugmag Basis in Grahamstad, nie wel 6SAI Bataljon wat n Leer Basis is daar was wel 44 Air School wat in die 2e Wereld oorlog deur die Royal Air Force gebruik is. 6SAI Bataljon is in 1962 geopen.

SomeOne ·

ek was vanaf 1972 in lugmag en kan aan geen lugmag basis daar dink nie

SomeOne ·

nadta hy sy vriende by die basis afgelaai het, het hy sekerlik ‘n “ramp” gesoek om hom take-off te gee

Kaal Keiser ·

“I believe I can fly….. back to the future” …

Casper ·

Dit lyk soos ‘n mirage.Beslis nie 60 km per uur gery nie.

Cornelius ·

Ongelooflik. Hy moes n redelike spoed gery het vir die motor om so vinnig en so ver te vlieg.

Gert Johannes ·

Te veel alkhol, daarom wou hy nie hospitaal toe nie. Moet sy eie voertuig herstekoste dra, waarom moet ons wat nie suip nie dit doen??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.