Die motor wat vanoggend voor die Nelspruit Mediclinc uitgebrand het, is blykbaar nie ʼn Ford Kuga nie.
Volgens Robyn Baard, woordvoerder van die hospitaal, het ʼn man vanoggend rondom 06:30 sy vrou by die noodingang van die Mediclinc afgelaai. Hy wou sy motor gaan parkeer toe hy rook ruik en opmerk sy motor brand.
“Die man het betyds uit sy motor geklim en niemand is in die brand beseer nie. Daar is ook geen verdere skade aan eiendom nie,” het Baard gesê.
Baard het gesê iemand het vir haar gesê die motor was ʼn Ford Figo, wat op die hospitaal se perseel uitgebrand het.
Maroela Media se motorjoernalis, Brendon Staniforth, het na die video van die brandende motor gekyk en bevestig die vorm van die motor is beslis nie soortgelyk aan ʼn Kuga nie, maar dat dit moontlik ʼn Renault kan wees. Buks Viljoen, ʼn oudjoernalis, wat ook die video van die brandende motor op sy Facebook-blad gedeel het, het gesê hy vermoed ook die motor is eerder ʼn Renault.
Ford SA het vandag bevestig hulle het reeds die helfte van die sowat 4 500 1.6-liter EcoBoost Ford Kuga ontvang, wat Maandag amptelik herroep is. Eienaars is gevra om hul motors na die naaste Ford-handelaar te neem sodat die onderdele, wat veroorsaak dat die enjin oorverhit, vervang kan word.
Volgens die Facebook-groep, Ford Burning Vehicles, het 47 Kuga’s al aan die brand geslaan. Die familie van Reshall Jimmy, (33) van Johannesburg, wat in Desember 2015 in sy Kuga doodgebrand het, het gister gesê hulle gaan saam met verskeie Kuga-eienaars ʼn klasaksie teen Ford instel.
- Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die Ford Kuga.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
Dit wil vir my na ‘n Ford Figo lyk. Bevestig indien moontlik asb.
Kyk na sy agter ruit gedeelte. Defnitief Renault.
Wat is dit nou dat die karre net begin brand? Baie eienaardige? Wat sal mens dit noem.
Maar hy brand lekker!! Soos droeë Rooikrans.
Lyk vir my soos ‘n ou Renault Clio