Volgens LCS het die voorval Maandagoggend op die hoek van Cradocklaan en Potgieterstraat in Lyttelton, Centurion plaasgevind. Die motorfietsryer het glo ʼn stopstraat verontagsaam waarna die laerskoolmeisie raakgery het. Sy is in ernstig beseer.
Ao. Hero Gumbu, woordvoerder van die Lyttelton-polisiestasie, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.
Enigiemand met inligting is versoek om die Lyttelton-polisiestasie of LCS te kontak.
Die video van die voorval is deur LCS op YouTube gelaai.
Mag hy opgespoor word sodat hy gestraf kan word . Dit is blatante misdaad om nie te stop nie.
Dai motorfiets ryer moes sy hand seer gemaak het met dai impak dat dele van die fiets afgeskeur is.ek glo hy moes mediese behandeling gekry het erens.is daar al ondersoek ingestel by hospitale of mediese sentrums?
Die Polisie het alles wat hulle nodig het om hierdie persoon aan te keer maar is hulle bevoeg genoeg?
Maroela hou ons asseblief op hoogte aangaande die arme meisie?
Die Verkeerspolisie of Metropolisie stel nie daarin belang om ons paaie veilig te maak nie. Weekliks rapporteer ek aan die Ekurhuleni Metropolisie gevaarpunte waar voertuie nie stop nie of waar minibus taxis rooi ligte verontagsaam en net oor ry. Die Metropolisie trek net hulle skouers op met die ekskuus “it’s not my area”. Wanneer ek hulle daarop wys dat hulle uniform net “Ekurhuleni”aandui en geen ander area se naam nie, draai hulle net hulle rug op jou en stap weg. Dan verwag ons WET en ORDE in ons land. HAHAHA!!