Video: Motoris gesoek ná jong man ‘wonderbaarlik’ oorleef

Jason Pieters (Foto verskaf)

Die polisie in die Vrystaat is op soek na die bestuurder van ʼn wit bakkie wat die 22-jarige Jason Pieters oor die naweek by ʼn rooi lig reg van agter getref en hom met ernstige beserings in ‘n hospitaal gelaat het.

ʼn Video van die voorval word wyd op sosiale media versprei. Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe Jason op die hoek van Zastronstraat en Eerstelaan in Bloemfontein op sy motorfiets by ʼn rooi lig stilhou. Terwyl hy staan en wag, tref ʼn wit bakkie hom van agter.

Ryno Pieters, Jason se ouer broer, het aan Maroela Media gesê hy sterk aan in die Pelonomi-hospitaal en dit is ʼn wonderwerk dat hy leef.

Die ongeluk het Saterdagoggend omstreeks 01:20 plaasgevind. Jason, ʼn werktuigkundige, het die aand by ʼn vriend gekuier wat nagskof werk en was op pad na sy ouerhuis in Bloemspruit. “My pa het my vroeg Saterdagoggend gebel om te hoor of my boetie dalk by my oorgeslaap het, want hy het nog nie by die huis opgedaag nie,” verduidelik Ryno, wat in die stad bly. “Teen 10:00, toe ons al sy vriende gebel het, het ons die Parkwegpolisie gekontak, maar hulle het ook nie inligting gehad nie. Toe ek Pelonomi-hospitaal kontak, het hulle bevestig daar is ʼn jong man met kopbeserings in die hospitaal, wat die oggend omstreeks 02:15 opgeneem is, en my ouers moet hospitaal toe kom om te bevestig dit is Jason.”

Jason het kop- en breinbeserings opgedoen, sy kakebeen moet geheg word en hy het ook beserings aan sy bene en bors opgedoen. “Sy gesigbeenstruktuur is ook beskadig, maar dokters wag vir die swelling om te sak sodat hulle kan sien presies wat alles beskadig is,” het Ryno verduidelik.

Hy sê hy kon darem al ʼn paar woorde met Jason praat.

Ryno sê die gesin is dankbaar vir almal se omgee, belangstelling en ondersteuning in dié tragiese tyd. “Dis moeilik om te beskryf wat al die bystand vir ons beteken. Ons kan net dankie sê.”

Die gesin is ook dankbaar vir die persoon wat die video van die voorval op sosiale media gedeel het. “Ons het nie die moed gehad om dit op sosiale media te deel nie. Die persoon is welkom om met ons kontak te maak, ons sal graag wil dankie sê.”

Sers. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het gesê die Parkweg-polisie is op soek na die bestuurder van die bakkie. “Die bestuurder van die bakkie het nie ná die ongeluk stilgehou nie,” het sy gesê. “ʼn Saak van roekelose en nalatige bestuur is aanhangig gemaak. Enigiemand met inligting oor die bestuurder van die bakkie word versoek om ao Wilna Janse van Vuuren te kontak by 051 503 2778.

WAARSKUWING: Die video is ontstellend van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Angie ·

Liewe land!!
Baie sterkte, hoop hy herstel gou.
En ek hoop die skuldige word opgespoor!!!

Susan ·

Goeie genade, Jason is met ‘n moerawiese spoed getref. Baie dankbaar dat jy leef Jason dit kon soveel erger uitgedraai het.
Trek die vabond vas wat met daardie bakkie so roekeloos bestuur & maak van hom ‘n voorbeeld.
Sterkte vir Jason & sy familie ????

Isjyernstig? ·

Hoe kon dit soveel erger gewees het Susan? Die artikel beskryf duidelik hoe erg die arme man se beserings is.

Netso ·

Absolute nonsens dat die bakkie eienaars gesoek word! Daai dronkie in daai bakkie sal reeds agter tralies wees daar is kring televisie oral op daai pad om ñ registrasie nommer te kry is eenvoudig! Sterkte vir die wetsgehoorsame seun met sy herstel en sy familie!

Jan Alleman ·

Hoekom is dit altyd selfoon opname van ‘n skerm met die oorspronklike beeld op? Kopieer die video van die DVR stelsel af. Dit is dan makliker om ‘n registrasie nommer af te trek. Ek weet nie of ons polisie opgewasse is vir die tegnologie nie. Omdat die voertuig deur pixels beweeg kan mens ‘n saamgestelde beeld skep met meer detail van die nommerplaat as wat net in een raampie van die video is.

Kom aan! Die inligting sit daar. Op die skyf! Die hardeskyf! Kry die video data!

Muffin ·

Ek glo sterk die bestuurder van die bakkie was onder due invloed van drank.
Dit kon baie erger gewees het. Poging tot moord.

Schalk ·

Poging tot moord sou wonderlik gewees het, in hierdie hool van n land is drank versagtend. Tik oor die vingers sal heel waarskynlik volgens ons standaarde te erg wees. Boonop sal die hooligan gesoek word en nooit gevind word nie.

Blikke ·

Painfull is nie die woord nie…..dis blatante ignorance. ….ons gee nie om wie of wat voor is nie……my way of niks!!

Minette ·

Dit is n ABSOLUTE wonderwerk dat hy nog leef…baie baie sterkte vir Jason en sy familie…hoop jy word vinnig gesond…

Jaco ·

Mense hier het ons almal absolutely n wonderwerk voor ons oe gesien gebeur.
Loof en prys die Vader dat daar die Jong man nog leef.

Ann ·

Liewe genade, ek kan nie glo dat iemand moedswillig sommer net sal jaag oor ʼn rooi lig nie! Ek hoop werklik die skuldige sal gekry word.

Jerry B ·

Vertrou die publiek sal hulle samewerking gee om die skuldige op te spoor so spoedig moontlik

Blondie ·

Dis ‘n wonderwerk dat Jason leef.

Ek sien elke dag hoe mense bestuur. Hoe kan hulle respek hê vir ander mense as hulle nie eens omgee vir hulle eie lewe nie……….roekeloos, dronk of besig op hulle selfone

Oujongvrou ·

Toe ek die video kyk, ek het na my asem gesnak. Het 3 kinders met motorfietse so verloor. Altyd ander idiote wat die kinders se lewe so minag. Ek is so so dankbaar vir Jason se lewe wat gespaar is.

pieter ·

Vra vir regal security, hulle ptz kamera is gewoonlik op die robotte gerig, noontlik het hulle beeld materiaal van verdagte

Gaitsigubib ·

Naco jy sal dit nie skryf as jy nie n antwoord tewagte is nie. Ek het lekker gelag noudie dag toe die pawpaw die fan strike, toe begin almal bid. Ek weet nie vir wie nie want die Vader het self gese as Hy jou nie ken nie sal Hy nie oopmaak as jy klop nie, en toe kletter die vliegtuig vas in die pentagon! Dalk moet jy eers “Vader” met respek begin spel voordat jy met “Hom” praat. As jy klop en Hy maak nie oop nie is dit net jou eie ondervinding/ skuld. Van genade kan ek jou baie vertel, maar ek weet jy sal nie wil hoor nie.

Wielspore ·

Die bestuurder van die bakkie het die rooi verkeerslig verontagsaam en terselfde tyd die motorfiets met die seun op raakgery. Dit is net ‘n kwessie van tyd dan sal hy opgespoor word.
Sterkte aan die seun vir ‘n spoedige herstel.

FS ·

Jup, dit is ‘n gespottery onder vriende dat drink en bestuur ‘n nasionale sport is en jy word nie gevang nie. Dieselfde met Kimberley. Ek hoop hy herstel volkome.

honourable member ·

Hierdie video het mens geweldig ontstel want hoe kan daai bestuurder net aangaan met sy lewe asof niks gebeur het nie. Dis absoluut net deur Genade dat hierdie man leef. Sterkte jongman.

se net ·

Die bestuurder het nie eens stadiger gery nie, nie voor of na ongeluk. dit moet n mens wees met geen hart.

Wim Kotze ·

Ryno sê dit is ‘n wonderwerk sy broer het oorleef, en ons is almal bly daaroor. Maar hy is in Pelonomi hospitaal, en dit gaan sy kanse van oorlewing erg benadeel.

Matilda ·

Kan jy my vertel dat hy nie kon oorglip na een van die ander bane nie? Dit was duidelik opsetlik. Geen ander verskoning kan gebied word nie!

wetsgehoorsaam ·

Kyk hoe ordentlik is hy om daai tyd van die nag te stop en te wag vir groen en dan gebeur dit! Behalwe die feit dat die drek in bakkie nie gestop het nie, kyk met watse spoed het hy gery.

Wie weet ·

Sjoe dit was nie jou tyd nie Jy het engele om jou gehad
Gaan op jou knee Dit was net God se genade dat jy nog leef
Sterkte ons bid vir jou

Fly ·

Ek verstaan nie wat hier aangaan nie……… Ander berigte word daar gese die bestuurder het self die motorfiets gaan aflaai by die ouers die Sondag?!?! OOK….. daar was berig dat TWEE sake van roekelose bestuur oopgemaak is teen die drywer aangesien daar blykbaar ‘n tweede insident ook plaasgevind het dieselfe aand, nie ver van hierdie toneel nie…. ?!

BAIE BAIE bly Jason leef nog, wens hom en sy familie sterkte toe deur hierdie tyd van genesing.

toy ·

Mag sy gewete hom so pla dat hy hom gaan oorgee by die polisie.

Gerhard ·

Wat wet ek julle daai ou in die bakkie was seker weer op sy selfoon en nie eers gekyk waar hy ry nie.

Christine ·

Wat ek nie kan verstaan nie is wie het die video geneem? Dit lyk asof dit vanuit ‘n woonstel of iets geneem is….en dit 1:20 in die oggend????

Annalize ·

Die naam Jason beteken Healer, so glo ek dat hy sal herstel, tot die wil van God…..hy sal kan getuig van God se wonderwerk. Soos my kleine Jason, wat deur drs gese was, hy sou nie leef, en al leef hy, sal hy spasties en verstandelik en liggamlik erg gestremd “veggie” wees. Vandag kan ons alreeds getuig hoeveel wonderwerk Jesus in Sy Naam al gegee het….. Jason, jy sal ten volle herstel, jou letsels sal getuig saam met jou Naam, wat se wonderwerk jy beleef…. JESUS het groot doel met jou….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.