Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het die voorval waar ʼn motoris teen meer as 300 km/h op een van die land se hoofweë gery het, ten sterkste veroordeel.
In die video, wat wyd op sosiale media gedeel word, kan daar gesien word hoe ʼn motoris ʼn video neem terwyl hy of sy aanvanklik teen 243 km/h ry en dan uiteindelik versnel tot 308 km/h.
In die agtergrond kan daar gesien word hoe die motoris onder ʼn e-tolhek deurjaag en ander motors verbysteek.
Daar word vermoed die video is op die N1-suid in die Midrand-omgewing geneem.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het gesê hulle ondersoek die voorval.
“Alle moontlike beeldmateriaal sal hersien word in ʼn poging om die motoris op te spoor en in hegtenis te neem.”
Sheer madness!!!!! Video posted on Instagram. Look at the speed…N1 South Midrand. @MbalulaFikile @TrafficRTMC @TrafficRTMC @GP_CommSafety @AsktheChiefJMPD pic.twitter.com/tSr79DA6c8
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) January 19, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
56 Kommentare
Was hy in tweede rat of derde rat? Dit is a Audi R8 lyk vir my.
Stem saam Anton R8
Ek weet nie wat dink so mens nie, dalk dink hy nie, maar ‘n kar is soos ‘n kis op wiele wanneer as jy so ry. Hy kan die liewe Vader in die Hemel dank as hy niks oorgekom het nie. Onverantwoordelik.
So hy bestuur met een hand ook?
Dit is n Audi R8. So net soos daai Skyline en Motor Fiets op die R21 by die lughawe so 3 maande terug kan hulle nie iemand opspoor as julle deur n spesifieke tyd onder deur die Etol ry nie??? More ry hulle weer so vinnig en maak my en my kinders dood dan is dit net n oooo ek is jammer en word oor die vingers geklap met n R10 na R12000 boete…. Die probleem is die mense wat daai karre kan ry en bekostig betaal die boete met n smile. Ek love spoed en om daai karre tesien… Lees meer »