[Video] Motoris glo deur metropolisielede aangerand

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het bevestig hy is bewus van ʼn video op sosiale media wat wys hoe ʼn motoris glo deur lede van die JMPD rondgestamp word voordat een van die beamptes met sy voertuig wegry.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die video is onder hul aandag gebring, maar hulle nog nie veel kan doen nie, aangesien die motoris wat in die video verskyn, nog nie met hulle kontak gemaak het nie. Volgens Minnaar het hulle ʼn verklaring van die motoris nodig om die ondersoek voort te sit.

Die video is deur Carmen Bell op Facebook gelaai. Die voorval het glo by die ingang van die nuwe Mall of Africa-winkelsentrum in Midrand plaasgevind.

In die video kan gesien word hoe ʼn man deur mense, wat in JMPD-uniform is, rondgestamp word. Daar kan ook gehoor word hoe die man verduidelik dat hy van die pad af getrek is, aangesien daar nie nommerplate op sy bakkie is nie. Volgens die man is sy nommerplate gesteel maar het hy tydelike nommerplate in sy bakkie. Teen die einde van die video klim een van die JMPD-lede in die man se bakkie en ry weg. Hy kom egter later terug voor die einde van die video.

Volgens Bell het die JMPD-lede die motoris geskop en geslaan voordat sy die video kon neem. “Die arme man was so bang hy kon skaars praat. Dit was walglik en angswekkend om te aanskou.”

[wpvideo ttkHn2Wk]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

MCS ·

En dit nou na gister se bohaai ! Liewe land , gaan mense nou ook die padgebruiker so slegmaak dat die see hom ook nie kan skoon was!

Fanie ·

Kriminele in ons Metrodiens?! Wat wou, alles wat verkeerd is, is nou mode en in ding. Die verkeerd is reg, en die reg is verkeerd. Wat se kans het wetsgehoorsame burgers. Zilts, soos dit vir my lyk!
Wie keur dit goed, en wat word daaromtrent gedoen. Ook Zilts.

Mielie ·

Goed so vir die persoon Wat dit aggeneem het en versprei het, ook vir die feit dat Sy opgestaan het vir haar self en haar regte. Dit vir my is net so rassisties soos die pizza man. Hier gaan niks van kom nie. Dis Mags misbruik. Hierdie mense het iemand aangerand, hulle moet hulle werk verloor, ander mense verloor hulle werk, dis BS. Ek hoop hierdie ding gaan net sover as al die ander, maar twyfel. Wat sad is, is dat daar so veel haat en on verdraagsaamheid in die land is, op n tyd Wat ons almal moet saam staan en die eintlik groot vyand moet beveg. JZ en Sy gespuis. …

Naas Vermaak ·

Nee wat, dis glad nie so ernstig nie…ek het al veel erger gevalle van omgekeerde wit op swart/bruin aanrandings/hardhandigheid in my tyd gesien. MAAR,…dis afkeuringswaardig en behoort te stop/nooit plaasgevind het nie…almal moet maar net kalm bly en vir wysheid bid/vra…daar is nie ‘n handboek vir gebeure van ons tyd nie.

Karma ·

Naas, ek moet met jou saamstem op een punt: net enkele jare gelede, voor 1994, het ons eie wit polisiemanne, weermag-outjies en onluste-eenheid lede beslis heelwat erger goed gedoen. En dit was nie net ‘n bietjie rondstamp en klap nie – party manne het grootgepraat oor hoe hulle dié of daardie ditse-datse ding op ged****r het.

Ongelukkig is die bordjies nou verhang: die eens-vertraptes het nou die vertrapper geraak en met groter mate van geweld. Jy is reg, Naas, as jy sê daar is nie ‘n handboek vir die gebeure van ons tyd nie, maar daar is een iets anders wel: dit is morele waardes vir wat reg of verkeerd is.

Dat dit verkeerd is, is onbetwyfelbaar. En dat mnr. Minnaar sê daar kan nie teen die beamptes opgetree word nie omdat die persoon betrokke nog nie met hul kontak gemaak het of ‘n klag gelê het nie, is onaanvaarbaar. Sekerlik, mnr. Minnaar, kan die beamptes op die greep geïdentifiseer word? Sekerlik moet daar ‘n inskrywing in die een of ander logboek of voorvalleboek gedoen wees?

Dit is, myns insiens, kriminele optrede (die neem van die voertuig kom neer op voertuigdiefstal en die stampe en stote wat uitgedeel is, kom neer op aanranding) – hierdie 3 beamptes moes sommer al die volgende dag geïdentifiseer gewees het en dissiplinêre stappe teen hul geneem gewees het.

Chanel ·

Wil net vir jou noem daar is ‘n handboek. Die Bybel. Ons is nog in die Woord want die aarde het nog nie op sy einde gekom nie en ons is nog hier. Eers as ons by Openbaring kom het die hele Woord tot vervulling gekom. Net weer: ons het ‘n handboek.

Vra Maar Net ·

Gaan die voorval nou ook op SABC 2 Nuus wees vanaand vir almal om te sien?

CHA ·

Nee dit gaan nie op tv wees nie want die man is wit. En niemand sal na ras verwys nie want ons wit-mense is mos niks in die land nie. ALMAL was gestir so erg oor die rasse-aanval dit was so erg MAAR waar `n wit man aangerand word deur lede van die JMPD is dit tog nie so erg nie??
DIS ook rassisme. Dis omdat hulle rassties is dat hulle hom afgetrek en het dis rassisties dat hulle hom geskop en slaan is. ALLES is mos rassisties.

Hannelie ·

MCS geen bohaai gister gewees nie, jy het uit en uit gewys jy is net soos hulle. Die padvark wat nie jou padwoede kan beheer nie. Julle soort hoort glad nie op ‘n pad nie.
Die metropolisie, polisie en veral sekuriteitsfirmas dink hul het die mag en hef in die hand om te maak en breek soos hul wil (die meeste van hulle). Ek al gesien dat iemand jaag oor ‘n rooilig en as jy hom sien, dan staan hy by die kafee om ‘n pie te koop. So wat hulle gedoen het aan die witman is ongevraagd. Is dit weereens oor hy wit is? Hoop nie ek trap op te veel mense se tone nie…..maar as die skoen jou pas, trek hom maar aan.

charlene ·

MAAR DIT WORD NIE `N RASSE AAN VAL GENOEM NIE. MAROELA MEDIA KON OOK NIE GESTIR GOU GENOEG DIE RASSE VIDEO PLAAS NIE NIE MAAR WAAR `N WIT MAN AANGERAND WORD DAN IS DIT NIKS NIE, NET NOG `N WIT MENS. ONS BETEKEN MOS NIE VEEL NIE. TOE WAAR IS JULLE RASSE-AANVAL OPSKRIF NOU??????

JB ·

Ek dink Maroela lewer gebalanseerde nuus, nie soos sekere mediahuise wat absoluut eensydig berig. Ek sien nie dat laasgenoemde enige iets berig oor hierdie voorval nie, maar was soos blits om die pizzaman-storie aan te blaas.

Sune van Heerden ·

Dagsê Charlene

Maroela Media is trots daarop dat ons nuus gebalanseerd is, en ons doen moeite om seker te maak dat ons nie sensasie probeer wek of eensydig berig nie. In die video waarna ons gister in ‘n berig op Maroela Media verwys het, word uiters kru rassistiese en aanstootlike woorde gebruik.

In hierdie video, waar die motoris glo deur metrobeamptes rondgestamp word, kan daar egter nie enige rassistiese uitsprake of uitlatings gehoor word nie en dit is dus nog nie bekend of die voorval rasgedrewe was nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gertjie ·

Gaan le n klag dis jou reg. gaan sien ook ‘n prokureur en sit ‘n eis teen die mense in..

Tammy ·

Skande ! Dis n skande! Die man se voertuig is voor sy oe weg gesteel. As jy iemand se voertuig vat sonder sy toestemming steel jy dit. Wayne Minnaar ek wil vir jou se as jy enigsins inisiatief het sou jy al iets gedoen het. Maar dis duidelik dat dit ontbreek…… Julle het seker die man se voertuig …… Hy hoef nie eers voor julle te kom kruip om gehelp te word nie. Ek is vreeslik ontstel, ja en SABC2 Waar kruip julle weg. Ek kyk uit vir julle kommentaar? Dit sal interessant wees.

Speedgaurd ·

Wayne Minaar werk nou net met die Rooi miere, motoriste is nou net ‘n bron van inkomste!

Tammy ·

Die metropolisie het n skande geword. Kort kort is hulle in die nuus vir n voor val soos hierdie van wangedrag. Wat gaan in hulle kantore aan? Wens ek was n vlieg om hulle vergaderings te kon bywoon.

Tammy ·

Die metropolisie het n skande geword vir hulleself. Kort kort is hulle in die nuus vir sulke skandelike wangedrag. Wat gaan in hulle vergaderings aan? Wens ek was n vlieg om dit te kon bywoon.

anna ·

Hy moet die anargiste aankla.Vra vir Afri se hulp.Hulle is n Burgerregte Organisasie.

MCS ·

Tenminste word dit geplaas deur Maroela, ander nuus werktuie plaas gladnie sulke gevalle! So dankie Maroela, ons weet darm wat buite aangaan! En Hannelie tenminste jok ek nie vir myself oor hoe baie van ons en inkluis jy partykeer voel as mense padreels verontagsaam! Suiker smelt mos net in party van ons monde!

JB ·

Metropolisie is niks anders as verhewe munisipale amptenare nie, met letter en figuurlik ‘n sterretjie op hul skouers. Ons weet natuurlik wat die kaliber mens is wat deesdae by plaaslike owerhede aangestel word. ‘n Bose kringloop van onbevoegtes, wat later nog onbevoegtes aanstel, ad infinitum.

Theresa B ·

Ek is meer as moeg om te sien hoe hierdie mense dink hulle kan doen wat hulle wil. Ek hoop iemand kry hierdie padgebruiker en dat hy ‘n klag gaan lê. Daar sal seker ook net weer waarskuwings uitgereik word aan hierdie untouchables. Hulle kultuur spruit uit arrogansie en onmenslikheid. Dan praat hulle van rassisme.

Theresa ·

Skors al die Metrolede daar betrokke.
Arresteer die een wat die motor weg gery het vir diefstal en teistering van die motoreienaar.
Op voorblad van alle nuusblaaie – waarom was dit nie gedoen nie???
Blatante teisterende optrede en totaal verdoemend vir die Metrobeeld.
Mnr, dagvaar die Metro asb. Ek hoop jy kan sien dat mense agter jou staan. Hoop jy lees die rubriek en tree daadwerklik op teen die skuim.

Michael ·

Hierdie is ‘n rasistiese aanval dieselfde as die ou wat nie pitza fiets omgery het die verskil is die sogenaamde maroela media joernaliste wat behep is om polities korrek te wees en dubbel standaarde het.

skok oor rasse aanval ·

Dit was die opskrif oor die pizza voorval maar die opskrif hier is motoris ….glo…deur polisielede aangeval hoe pateties julle het dan die bewyse op video wat is nou so onduidelik dat dit kon gebeur het omrede hy wit is en deur swart polisiemanne aangerand is

Paul ·

Ek gaan probeer om polities korrek te wees anders skrap Sune soos gewoonlik my kommentaar. Vir my as leser/kyker was gister se video duidelik opgestel en ek twyfel of die fiets ooit gestamp is want dit is nie sigbaar op die video nie. Ek dink die persoon wat die bal aan die rol gesit het, het ‘n akteur gekry om die kommentaar te lewer op ‘n video wat gemaak is om ‘n wit op swart geweld en rassisme klag te fabriseer. Die emosie in die kommentator se stem kom geensins ooreen met wat gebeur in die video nie. Mnr A T moes meer moeite gedoen het om ‘n beter akteur te kry. In vandag se video sien ‘n mens duidelik dat dit swart op wit geweld en rassisme is, daar kan geen twyfel wees nie.

Kaspaas ·

Niks anders as blatante rassistiese aanval maar niks sal gebeur want swart op wit rassisme word nie erken

KYK MOOI ·

Kyk mooi net na die video begin waar die persoon se bakkie nog voor die metro voertuig staan. Dit lyk of daar iemand by sy kar deur is en die stap weg as die metro polisie man nader stap om in die bakkie te klim. Is daar nie iets gesteel / geplant nie? Die Metro beampte ry skoon aan die verkeerde kant van die pad met die persoon se voertuig – totaal en al teen ons pad verkeerswet!!

Jan ·

Komplimente aan die bestuurder van die bakkie, onder moeilike omstandighede het hy redelik kalm gebly. Dis bitter moeilik, maar jy gaan nie jou saak help deur hardekwas met die Metro te wees nie – jy kan hulle altyd later dagvaar.

Tina du Toit ·

Ek het ook die ou gesien staan by die deur wat oop is. Wonder wat hy daar gesoek het. EN die metro beampte het met `n helse spoed daar weggetrek en kon iemand getrap het. Ek hoop nie hierdie bestuurder los alles en laat hulle weg kom nie.

hou kop ·

Dankie “kyk mooi” ..jy sê daai ding…ons gewone wetsgehoorsames kry Swaar! Onder alles wat Nou hooggety vier ELKE HOND KRY SY DAG. DIE WIEL DRAAI AL HOE VINNIGER. HOU VAS AAN ONS SKEPPER EN BID GEDURIG.

Kallie ·

Genoeg is genoeg al wat mens op di nuus sien is moord roof verkragting geweld mense wat nie die son wil laat skyn oor die ander se kop nie n geskinder en gevloek en ek kan aangaan,nee flip ek weet nie meer hoe n mens moet positief in di wereld moet bly nie.Mag God intree in als wat so verkeerd gaan in di mensdom se swart siele

KarooKlong ·

Daai metro beampte sal dit nie nie hier by ons in die Karoo regkry nie.

Michael ·

Karoo klong julle weet nie hoe gelukkig julle is nie wes kaap ,noord kaap julle is in die hemel ons in Gauteng is in die hel met álles wat saam met dit gaan hou dit so daar.

Jessiac ·

They real animals, they should get beaten up, and rot in hell, they think they can do whatever they like because we white

MCS ·

Maroela daar is gerugte op social media dat gister se pizza video vervals is kyk op praag.co.za

Adele ·

Dit wil vir my voorkom of Siener van Rensburg se visies wat met die Afrikaner gaan gebeur, sommer al baie naby is om heeltemal te realiseer!

Oom Boer ·

Hierdie is maar ‘n werklike optrede wat daagliks deur Metro lede ge-openbaar word en Carmen Bell was gelukkig om dit te kon verfilm sonder dat hul haar foon gekonfiskeer het en hierdie inligtigting verwyder het nie en haar dan gedreig het nie wat die normale optredes is.
Hierdie jong man was kalm en het alles op ‘n mooi manier aanvaar, maar dit is so vernederend en onnodig van hierdie onbevoegde beamptes wat mags gebruik openbaar vir persoonlike gewin of krediet onder mekaar en nie by die wetstoepassing reels hou nie. Hoop die jongman en sy ouers gaan maak ‘n verklaring en stel ‘n goeie siviele eis in teen hierdie department.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.