[Video] Motoris glo oor k-woord in hegtenis geneem

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn motoris, wat hardhandig deur lede van die Johannesburgse Metropolisie uit sy motor geruk en in hegtenis geneem word, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media sedert dit Dinsdag op Facebook gedeel is.

Die video, wat deur Francois Nel afgeneem en op sy Facebook-profiel geplaas is, wys hoe ʼn man in hegtenis geneem word omdat hy na bewering ʼn polisiebeampte die k-woord toegesnou het. In ʼn stadium word die man se vuurwapen glo deur die polisie afgevat en die man vra Nel om hom te help. ʼn Groep mense drom deurentyd op die toneel saam om die voorval te aanskou.

Die video is sedert Dinsdag al meer as 5 200 keer op Facebook gedeel. Nel het Donderdag aan Maroela Media gesê hy het verby die toneel op die hoek van Dale- en Modderfonteinweg in Midrand gery, toe hy ʼn groot groep mense langs die straat sien saamdrom het. “Dit het vir my gelyk asof hierdie man en sy vriendin aangerand word en ek het gestop om te probeer help,” het hy gesê.

“Toe ek uitklim was die polisiebeamptes besig om die man uit die motor te probeer trek, omdat hulle hom in hegtenis wou neem. Sy vriendin was saam met hom in die motor. Twee van die beamptes het uniforms aangehad en ek kon sien hulle is polisiebeamptes, daarom het ek geweet ek kan nie inmeng nie. Ek het net my selfoon gevat en die gebeure begin afneem.”

Volgens Nel het die beamptes beweer hulle neem die man in hegtenis omdat hy een van die beamptes die k-woord genoem het. Die man het deurentyd ontken hy het ooit die k-woord gebruik en volgens Nel het die man nie die woord gebruik in die tyd wat hy [Nel] op die toneel was nie. Hy het gesê daar was wel ʼn duidelike snymerk aan een van die polisiebeamptes se nek sigbaar.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het Donderdag aan Maroela Media gesê die man is deur polisiebeamptes afgetrek omdat hy roekeloos bestuur het. Nadat die beamptes hom afgetrek het, het hy hulle glo die k-woord genoem, geweier om uit sy voertuig te klim en een van die beamptes met ʼn motorsleutel in die nek gesteek.

Minnaar kon nie bevestig presies watter aanklagte teen die man aanhangig gemaak is nie, maar het gesê hy is intussen op borgtog vrygelaat en moet weer op 31 Mei in die hof verskyn. Hy kon nie onmiddellik die man se naam bevestig nie.

Volgens Nel het hy nie ʼn idee wie die man is nie en het hy geen kontak met hom gehad sedert die voorval nie. “Nadat [die polisiebeamptes] hom agter in ʼn privaatvoertuig gesit het en ek gehoor het hoe sy vriendin met ʼn familielid van hulle oor die telefoon praat, het ek gedink dit lyk asof die situasie onder beheer is en ek het gery. Ek weet nie wat gebeur het nadat die polisie hom van die toneel af geneem het nie,” het hy gesê.

[wpvideo 0PyJwpYk]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Jaques ·

Alicia,

Van watter mense praat jy nou?

MEt ons huidige regering en sekere ander partye wat so onmin saai en rasisse polarisasie aanjaag, het dit net te maklik geword vir “hulle” om agter die “k” woord weg te kruip.

Van “hulle” kant af kan hulle doen en se net wat hulle wil, maar wrintie waar, moenie jy eens skeef kyk na een van “hulle” nie, dan word jy sommer beskuldig dat jy rasis is.

Sê maar net ·

Alicia & M…. Hoop nie more of oormore is dit jul beurt om so onregmatig behandel te word nie. Dan kan ons dalk dink julle is ook common. Die ou lyk vir my glad nie common nie. En hy het baie ontsteld en bang gelyk. So dalk moet julle nie so gou van ‘n “high horse” oordeel nie. Julle bly in dieselfde SA as die res van ons. En julle kan enige dag so iets oorkom.

Wim Kotze ·

Stem saam Alicia. Almal moet George Orwell lees sodat hulle kan bykom: “4 legs good, 2 legs bad”.

Merk ·

Maroela Media – Hou ons asseblief op hoogte van wat hier verder gaan gebeur – want hierdie is niks anders as rasse haat… Ek kry hierdie man vreeslik jammer

J ·

Ek voel dit maak nie saak of die persoon verkeerd is of nie.
Ek dink dit is glad nie nodig om dit op so agresiewe manier te handteer nie.
Hulle optrede is ook nie van pas nie.

Martin Potgieter ·

moet se, die lyk nie reg nie, maar ek was in die week afgetrek deur polisie, en die beampte was baie vriendelik. Ek het vir hom gese dat ek bang was toe hulle my aftrek, agv al die vidoes wat ek op die internet sien, toe se hy nee, hulle is rerig net daar om hulle werk te doen, en as ek ooit n slegte ervaring met hulle het, moet ek dit raporteer. Dit was n swart beampte, en hy het my regtig met respek hanteer, al was my lesensie verval, “wat ek nie agter gekom het nie”. Ek het my boete gekry en sal hom betaal.

m ·

Presies wat het hy nou gedink gaan gebeur…. party mense is so common. Wonder of daar nie ook so bietjie drank betrokke was nie, die man lyk nie lekker nie.

Ronell ·

Ek het die video gekyk en hy was nie dronk of commen of het enige vloekwoorde gebruik nie. Jy is te gou op die sneller.

Lynette ·

Maklik om te kritiseer as jy nie self in die persoon se skoene was nie. Hy lyk nie common of dronk nie

Marga ·

Ek stem nogals effens saam met jou M…..hy lyk bietjie onstabiel op sy voete

B ·

M…en wie gee jou die reg om die man te oordeel van wat ny net op n foto sien??Die polisie kan ook enige iets uit hul duim suig net om hom te arresteer..dis nie ons plek om te oordeel nie.Die storie maak inelkgeval nie lekker sin nie..

Jaques ·

B, ek stem saam met jou.

Glo my as ek se, daar is van ons sogenaanmde “polisie” lede (en ek sit polisie tussen ” ” met ‘n rede, want hulle is nie polisie se g@t werd nie) wat sommer enige klein verskoning sal gebruik en opdink om target practice te speel op ons “ander” mense, of sal ek se ongewenste immigrante wat honderde jare terug hier aangeland het, en die land opgebouo het tot waar dit was so 20 jaar terug.

vierkleur ·

So dis nou hulle woord teen sy woord? Wat keer rassistiese polisie lede om blankes
links en regs te arresteer, en die aantuiging te maak die persoon het die K_woord gebruik?

Jaques ·

Vierkleur,

Presies wat ek nou net hier bo ook gese het, dis net te maklik vir “hulle” om agter daai woord weg te kruip, en hoe bewys ons “ander” dat jy dit nie gese het nie. Dalk vir ons ‘n draagbare opnemer kry wat 24/7 aan is om op te neem wat gese en bespreek word, op dieselfde prinsiep as CCTV

Johann ·

Dit mense is alles die vloek van die ja-stem. Ek hoop die ja-stemmers is baie gelukkig met die vermoording van die blankevolk in ons land.

Hannelie ·

Vierkleur en Jaques ek stem saam julle. Enige iets om die blankes ‘n bietjie te intimideer. Ek sal bly wees as ons op hoogte gehou word hiervan. Want sommige, let wel sommige, verkeersbeamptes en polisie dink hulle IS die reg wat reg en geregtigheid sommer in eie hande neem. Ek dink hulle is dan nie hul beroep werd nie.

Willie ·

Hierdie is magsvertoning, sy woord teen hulle… en glo my hulle staan saam… ek glo nie enige iemand sal sommer so optree nie… hoe gryp 20 n man net sommer so… moet my nie se dat die sogenaamde polisie beamte nie self kan arresteer… in die laaste 3 kere in om JHB was ek gestop was het die JHMP geld gesoek…. Hulle is n skande vir die gemeenskap…

Willie ·

Niks anders as aanranding nie… waar kom die massa vandaan en wie gee hulle die reg om aan hom te vat….

koos ·

Die beamptes ly almal magsbehepteit, arrogansie en is daarop uit om jou te treiter. Die probleem is sè jy net iets wat hulle nie verstaan nie dan verdraai hulle dit en jy is n rassis.

Marietjie ·

Glo my dis nou wraggies die een woord wat almal presies verstaanbaar kan uitspreek en spel. Dit raak nou ‘n afgesaagde verskoning van hoekom wat ookal gebeur ……

polisieman ·

Laat almal leunverklikker toetse aflê, dan sal ons kan sien wie praat die waarheid.

alida ·

verduidelik net gou vir my dit is n ongemerkte voertuig dit was sy reg om tot by die naaste polisie stasie te ry sodat hulle daar kan doen wat hulle wil, ek mag verkeerd wees maar van hulle het nie eens behoorlike uniform aan gehad nie, ek hoop hy maak n saak teen die beamptes betrokke indien hulle wel was.

anoniem ·

ek ken die mense, en ek kan julle verseker hy was nie onder die invloed van drank nie!!
die hele storie is GEDRAAI om ‘metro’ te pas ….. daar is baie waarhede/details wat nie bekend gemaak is nie… hierdie mense is victims van ons “nuwe land” en dit kon met enige een van ons gebeur het ….. ek stem, polygraph sal alles bevestig ….. hierdie gaan nog ‘n GROOT STORIE word, dit is klaar ….

anoniem ·

hulle was van die pad af gedruk / was gedwing om te stop …. hulle het dood eenvoudig reg voor hulle gaan stil hou…… kyk bietjie na die “ongemerkte voertuig” (wat mos nou volgens die wet en reels moet doen), sien enige een van julle die voertuig se “hazard ligte” aan ?? nog ‘n wet oortreding meneer ……..

Didi ·

Dit gaan mos nou deesdae baie maklik wees om teen blanke mense te diskrimineer. Daar word net gegil dat ‘n blanke die k-woord gesê het, en jy het moeilikheid vir ‘n leeftyd. Of jy dit nou gesê het of nie. Ek glo daar is al mense onskuldig so verwoes. Hoe kan mens jouself beskerm teen sulke wraak/aanslae van persone wat nie sal skroom om te lieg nie?

Wim ·

Didi ek sien Maroela media het my kommentaar verwyder waar ek gister gesê het dat ek daardeur is en dat daar teen my ook vals getuig is dat ek die sogenoemde k woord gebruik het en skuldig bevind is.Lyk my Maroela media wil nie weet van waar mense skuldig is aan iets wat jy nie gedoen het nie.As dit nou andersom was moes jy sien hoe was dit hoof nuus vir weke

Gesiggie ·

Belaglik man… ongelooflik hoe baie wil saam drom, om amper in die kar in te klim, en wat soek die lady heeltyd aan die ander kant van kar? jammer die man wat als afgeneem het se foon het so bietjie nou en dan die gras afgeneem? maar ek sien geen hardhandigheid” ek dink dit maar net n geval van ( Moet nie try raak aan my) die man het bietjie kwaad begin raak.. verbaas my net die privaat kar? oh wel metro polisie? en Mnr met sy das aan… wat so ewe mooi help… Jy kan nie terug baklei… as jy verkeerd was, doen maar wat hul vra… anders kom daar groot moeilikheid… sterkte vir jou broer”’

Acca ·

Swart mense mag vertel hoe hulle wit mense haat en ons moet uitgemoor word en dan kry hy ‘n tikkie oor die vingers en is weer terug na ‘n week of twee se skorsing by sy werk want hy het verskoning gevra. Niemand doen iets daaraan nie. Laat ek as blanke mens nou iets verkeerd se dan is almal op en roering en soos die slap gatte wat dadelik die persoon oordeel maar hulle weet nie eens wat daar gebeur het nie buiten die berig. Ons is uitgelewer aan die genade tot die media is traag om op dieselfde wyse wat hulle wit op swart diskreminasie rapporteer swart op wit te rapporteer.

Siestog ·

Dankie vir die inligting “anoniem”. Hulle gaan ons nou om elke hoek en draai soort van viktimiseer. Hulle het hulle messe in vir die blankes van hierdie land. Van taal, sport, ens.
Kan net sê: “Sterkte mnr Nel”.

Johan D du Toit ·

Mnr. Nel is die een wat die video geneem het, die gearresteerde se naam is nognie bekend nie!

Lee ·

Anoniem ek stem 100% saam met jou. Hulle dink hulle is above the Law. Dis tyd ons almal dash cams aanskaf want in die land moet jy jouself teen die Polisie en metro polisie beskerm wat so korup is.

Riaan ·

Dieselfde ding het al met my gebeur. Ek is afgetrek vir kamtige dronk bestuur sonder dat ek ‘n druppel gedrink het. In plaas van my in hegtenis neem het een van die beamptes saam my in die kar geklim en ek is aangese om polisiestasie toe te ry. Ek bestuur

Paar blokke van die stasie af word ek aangese om na ‘n kits bank toe te ry waar R500 my k_k sal laat verdwyn. Die naaste ABSA was van die lig af, en ek is aangese om na die BP garage te ry want daar is ‘n FNB.

By die FNB het ek 3 keer die verkeerde kode in gelees en my kaart is gesluk. Die beampte het toe vir my gese om te f-off en hulle is daar weg. Ek ry toe na die Wierdabrug polisiestasie toe en was besig om ‘n saak oop te maak toe die 2 daar inbars en my arresteer. Ek word in ‘n vangwa gegooi en daar word toe bloed getrek by Lauduim kliniek.

Twee uur die oggend word ek toe toe gesluit saam 15 ander swartes, en ek is eers die volgende dag ongeveer 15:00 op borgtog uitgelaat.

Ek moes laas jaar 18 Sep in die hof wees. My bloed het teruggekom – 100% skoon
Ek het nou ‘n saak teen die SAP, en ek is seker daar sal net mooi NIKS van dit kom nie.

Gesie ·

Riaan, dis presies wat met my gebeur het. Vriend, moet dit nie daar los nie. Ek het ‘n Advokaat by Wits se “Law Clinic” gehad wat my saak aangevat het en ek het deurgedruk vir amper 4jaar, en ja, ek het my vergoeding gekry daarvoor. Dit gaan oor die prinsiep van die saak en ons blankes los eerder as om te veg vir die vernederings wat ons moet deurmaak. Dit het my nie ‘n sent gekos nie en die saak het gaan draai in die Hooggeregshof en alle kostes was gedek.

Illa ·

Joe, Riaan & Gesie – dit maak my bang.
Ek kan nou nie oordeel vel oor wie reg of verkeerd was in die video opname, want ons weet nie wat vooraf gebeur het nie, maar die blote feit dat gebeure soos wat met julle gebeur het wel plaasvind, maak dit ‘n mens se tweede natuur om agterdogtig te wees teenoor die mense wat ons moet beskerm.
“Dashcams” is nie buitensporig duur nie en ek begin te dink dit is regtig in alle wetgehoorsame motorbestuurders se belang om daarin te belê. Dit gaan ons nie noodwendig tydens ‘n voorval van hulp wees nie, maar tenminste sal ons meer hê om op terug te val as net ons woord.

oupa D ·

Looi hulle, Riaan! Ek hoop jy wen jou saak met koste! Maar wat, in “Zuma-la-la-land” gaan alles mos honkie-dorie! Verrotting begin bo en syfer deur na onder – dis nou al hoeveel keer in Suid-Afrika bewys.

wynand ·

Alicia hoe sou jy gevoel en gelyk het as jy so geboelie was? Dink voor jy skryf. Dit gaan nog erger word.Lees gerus Siener se boeke.Die polisie voel n veer vir almal wat wit is.

IS ·

Geen mens wat verkeerd is, smeek omstanders vir hulp nie.
As hy kwaad genoeg was om die “k” rond te gooi, sou hy fokus op die “fight” & nie so onseker wees oor hoekom hy geboei word nie. Buitendien is ENIGE mens GEREGTIG om te weet waaroor dit gaan – nie waar nie???? Rassisme in SA is net een VELKLEUR, & niks anders nie.

Johan D du Toit ·

@ IS: Dit kom vir my voor asof jy nie die aksies van gearresteerde persone ken nie! Sodra iemand (‘n gearresteerde) agterkom daar is ‘n gehoor, kamera of simpatiek gesindes gaan hy/sy sulke gedrag toon of opmerk! ‘n Gearresteerde is altyd verbaas en o so onskuldig!

Marga ·

hahaha, Dis waar wat jy sê Johan. Mens speel so vinnig toneel dan., maar ongelukkig weet ons nie wat alles gebeur het nie.

mielie ·

Hi maroela gaan julle in die toekomsalle berigte 2 keer plaas? Daar was al daaroor gepraat maar dit gebeur nog daagliks?Is dit nou die norm? Vra maar net om bevestiging te kry.

Sê maar net ·

Mielie. Lees dit dan net een keer. En hou op kla. Ons kry ten minste goeie nuus by Maroela. As jy nie daarvan hou nie, gaan lees jou nuus in Engels by News 24. Dit is regtig nie so erg nie.

Illa ·

Ai ou Mielie, ek wil jou nie beledig nie, maar dis ‘n bietjie van ‘n doffel vraag. Die berigte wat twee keer verskyn doen so omdat die betrokke berig die “Hoofberig” is en dus sowel heel boaan die webblad verskyn (om aandag daarop te vestig) en dan verder af op die webblad in die volgorde waarin die berig geplaas is in verhouding tot die ander berigte. As hul nou-nou ‘n nuwe hoofberig het, dan sal die duplikaat bo verdwyn en dan gaan daar ongelukkig ‘n nuwe berig twee keer verskyn, alhoewel hierdie berig dan net eenkeer te sien sal wees (op sy oorspronklike plek) op die webblad.
Hoop dit klaar die saak vir jou op.

Lulu ·

Ek kry die ou wraggies baie jammer. Snaaks, niemand het enige details van hom nie. Wat my die meeste pla is dat hulle sy vuurwapen gevat het. Wat het intussen daarvan geword?

Johan D du Toit ·

Hoekom pla dit jou dat hulle sy wapen gevat het, aangesien hulle hom gearresteer het is dit hulle goeie reg en verantwoordelikheid om dit te doen of verwag jy dat ‘n gearresteerde persoon gewapen mag wees!

Lulu ·

Johan du Toit, Ja, hulle het dalk die “reg” MAAR ons hoor daagliks van wapens wat by die polisie gesteel wat in misdade gebruik is/was. My vraag was bloot om te wonder wat het van die wapen geword. Was dit toegesluit by die polisiestasie (waar daar ‘n 90% kans is dat dit gesteel gaan word), is dit aan sy prokureer oorhandig ens ens.

Kaspaas ·

Die probleem is dis so maklik om n witte van rasisme te beskuldig en te se sekere woorde is gebruik, ongeag of dit gebruik was of nie en niemand sal die witte glo. Dit is omgekeerde rasisme so duidelik soos daglig.

Xa ·

Ek het ook n baie onaangename ervaring met Van hulle gehad, eintlik meer as een. Die een keer het hulle my probeer laat erken ek het gedrink (intussen het ek maande laas iets gedrink). Die les wat ek geleer het is om maar net vriendelik te wees en gladnie terugpraat of kortaf wees nie, net vriendelik en nederig te bly.

A ·

Ek sit en kyk nou die clip.
Net een vraag. Hoe bewys jy jou onskuld dat jy nie die woord gespreek het teen so `n klomp mense. En wat keer hulle om net te se vrek die persoon lyk maklik en die mense gaan ons glo kom om ruk hom uit sy voertuig wie gaan ons keer en wie gaan hom en sy metgesel glo.

Mens probeer postitief bly maar as jy dit sien raak jy as man bang vir jou vroulief en kinders.

Anti afrikaner ·

Hier is ‘n voorbeeld hoekom ek geen tyd het vir die Afrikaner volk nie.Een van julle is in die moeilikheid en pleks van saam staan en hom die”benefit of the doubt “te gee word hy veroordeel en beskuldig en dit is hoekom julle bang slawe in julle land van geboorte sal bly

Andre ·

Bang slawe in jou eie land. Dis n mondvol en tog werklik waar. Slawe van so baie dinge. Afrikaner sal eers saamstaan as hulle al die dinge verloor het.

J ·

Ons sien daagliks taxis voor die polisie die padreëls oortree. Veral by Menlyn. Dan doen die polisie en verkeers beamptes niks aan hulle. Ek was afgetrek dan soek hulle fout. Dan sê ek vir die ou hier oortree die taxi seker 2 padreëls voor julle oë. Dan lag hulle net.Hulle soek bribe en die ou wou seker nie betaal nie of het nie geld gehad nie. Eks so moeg dat die K woord kamstig altyd gebruik is.

Lance ·

Ag ons weet almal hoe deurspek die mense met korrupsie en omkoop geld is (seker nie almal nie) …. so wat is dit vir hulle om te lieg oor wat gese was….gaan maar oor die kalieber mense ook ….

Johan D du Toit ·

@Sê maar net: Nie een van ons op hierdie forum weet presies wat gebeur het voor die video begin nie dus kan ons nie van “onregmatige” arrestasie praat nie! Daar is wel geweld gebruik om die persoon uit die voertuig te kry maar dit wil voorkom of die persoon hom verset dus is die nodige geweld gebruik om hom in hegtenis te neem! Wat sy vuurwapen se afneem aanbetref was hulle ook ten volle by magte om dit te doen! Geen persoon hier kan ‘n oordeel fel sonder die volle storie nie of die polisie afkraak net omrede daar ‘n hele paar vrot appels in die kas is nie! Kom ons volg die saak en berus by die uitspraak!

Xa ·

Goeie antwoord Johan maar dit geld nie heeltemal in n piesangland soos die nie, nie hier waar korrupsie en rassisme teenoor witmense so sterk is nie.

Flippie ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Die grootste gros van die polisie is daarop uit om wittes by te kom. Dit is eintlik hulle gtootste ideaal om witmense te verniel en te verneder.

Ek dink nie daar is meer bars Appel’s in die appelkrat nie. Dit geld ook vir die magistrate in die laer howe.

Leeukuil ·

Wat vir ‘n ding is ‘n “K-woord”? Noem ‘n graaf ‘n graaf. Die woord is dan in die HAT, gebruik dit!

Uhhmm ·

Uuuhhhmm. Johan, ek stem saam daar is dele wat ons nie weet! Die dele wat egter pla is – die ongemerkte voertuig, die hoeveelheid mense wat arrestasie uitgevoer het (kerel daai deel maak nie sin, lyk eerder soos n dwelm raid ….) die voertuig het hom van die pad gedwing, hul stryery vooraf, want beide het n paar shots – baie vreemde gedrag as n ou roekeloos ry en k-woord gebruik! Jong man ek het probeer luister, ek dink nie jou regte is aan jou gese nie, dink mooi en neuk hul op! Daar is regte misdaad – Polisie spandeer jul energie daarop! Die saak teen die jong man is onbenullig, hy is op borg uit!

Catryn ·

Sies, ek skaam my vir my eie volksmense wat so die man veroordeel en hom skuldig bevind terwyl hulle hom onregmatig arresteer. Julle dink julle is bo die wet verhewe, wag tot jy daar beland langs die straat en hulle arresteer jou, en dit geld vir almal wat so klippe gooi om hom dood te gooi. Wat het die man dan gemaak volgens jou? Was hy in ‘n hof dat daar ‘n hofuitspraak was.

Mens kan mos sien die massa om hom, waar kom hulle skielik almal vandaan?

Wat sou jy gedoen het as hulle jou vuurwapen gevat het, ek sien nie een keer het die kastige beamptes gevra vir ‘n lisensie vir vuurwapen nie en nog boonop arresteer sonder om sy regte vir hom voor te lees. En op watter grond arresteer hulle hom hy het dit gevra. En dan nog sy sonbril en sleutel gebreek in die proses.

Riaan ·

Simpel vraag … Volgens die SA regstelsel, kan iemand inhegtenis geneem word vir die gebruik van die K woord ?

Indien wel, hoekom is die LP wat dit onlangs in die parlement gebruik het nie ook onmiddelik in hegtenis geneem nie

Flippie ·

Die polisie tree net in opdrag van hul politieke op.

Die opdrag is eenvoudig maak dit vir die blankes sleg om in SA te bly.

Mr P ·

Soos ek verstaan mag hulle jou nie uit jou voertuig verwyder nie. Jy moet self uitklim.

Bekommerd ·

Almal wat so bespiegel oor wat gebeur het, daar is `n paar mense wat die waarheid weet, ek is een van hulle, die jong man en sy meisie was nie gedrink nie, het nie dwelms gebruik nie, het nie die “K” woord gebruik nie,
Niemand wat kommentaar lewer weet wat vooraf gebeur het vooraf hulle toegesak is deur mense nie.

Ek hoop Johan Du Toit beland nooit in so situasie nie, dan sal hy nie so maklik oordeel nie, mag jy behoed word deur so tramatiese storie, maar duidelik is jy nog nie deur so iets nie.

So hou op wonder en bespiegel en wag vir die saak om voor te kom, dan sal julle die werklike waarheid hoor wat vooraf gebeur het.

Dankie vir die mense wat hulle ondersteun, daar is nog mense wat saam staan met korrupte amptenare in ons land.

Berhalet Beukes ·

Ag maar ons land se regering en staatsbeamptes is darem maar pateties!

hans brits ·

Nou gaan hulle die k -woord verskoning om elke hoek en draai gebruik om n ander ras wat nie soos hulle is te arresteer.Net die HERE kan ons uit die hand van die bose red en al hoe ons dit kan doen is om op ons kniee te gaan.

Lezaam ·

Hierdie video is skreeu snaaks. Hy het gedink hy kan rasisties wees en toe die pawpaw die fan strike toe wil hy nou skielik sir. Laat dit n les wees vir hom hierdie is die nuwe SA jy kan nie mense noem wat jy wil nie jy gaan sleg tweede kom

Paulus N Antonio ·

Using the K word these days in our beloved country could have very serious legal implications / consequences for such transgressors and deserves to be dealt with very stringently in order to reconcile our dark past with the new South Africa. I per se do not live in South Africa, anymore but in the US. Let us not gang up like fools against the justice system. The officer had the legal authority to execute any arrest in terms of sec. 40 of CPA 1971 if these “gross offensive” words were used in his or her presence. If not he or she had a lawful duty to thoroughly investigate such an offense and than forward the case docket to the DDPP where the offense happened. Let us not take sides about who is, wrong or right but leave that up to our courts of law to deliver judgement on the police or police officers action and do not give any further offense like some of you do in a racially inclined manner they way some of you are doing

Bekommerd ·

Thank you Paulus N Antonio for your comment, people are quick to judge about things they do not know the facts, I know for a fact that the racist word were not used, so let the courts do the judgement, not the people that do not know all the facts.

Dit mag vir party mense skreeu snaaks wees tot hulle in so situasie is, dan sing hulle `n ander deuntjie. !!!!!!!!!!

willie ·

Die Metro is magsbehep… en as hulle verkeerd is, dan gebruik hulle rassisme… die mees korupte geld bedelaars op ons paaie… met magte…. dit kos jou duisende rande om jou onskuld te bewys, en die korupte spul word deur ons belasting geld beskerm…

Tani ·

Weet julle, ek moet eerlik wees dis soos Wolf skree, hier by my werk as mens net vir iemand se bv moet asb nie die werk melk vir pap gebruik nie dan is jy rasisties. Maak nie saak wat jy doen nie jy is rasisties. Kyk net skeef of lyk moeg dan is jy rasisties. Hoe bewys jy dat jy dit nie gese het nie of dat jy dit gese het? Ek voel as hulle nie iets kry nie dan se hulle jy het die K woord gebruik om te justify wat gedoen was???? ons word die hele tyd onder ‘n mikroskoop bekyk en word die hele tyd valslik beskuldig, in tussen word ons werk weg gevat, ons plase word geplunder ons boere word dood gemaak en ons bly net stil???? en so gaan dit aan?? waar gaan dit stop, wie se die arme ou het dit ooit gese??????? ek raak al moeg vir alles en probeer positief bly maar dit is moeilik. My simpatie vir die man en sy situasie

anoniem ·

@Bekommerd ….. ek kan jou sekondeer ….. ek ken ook die mense, en daar was nie drank, dwelms of vuiltaal betrokke nie !!!

kan ek almal net inlig, dat daar NET TWEE wettige Beamptes op die toneel was. dit was die man met die “blou trui” en die dame met die “blou trui”, die res van die mense wat so lekker gehelp het met die ‘arrestasie’, was bystaanders… nerens het ek die Beamptes gesien dat hulle die bystaanders weg van die toneel jaag OF vir hulle beveel om nie betrokke te wees/raak nie????

ons kan ongelukkig nie meer details uitgee nie, want dit moet beskerm word, maar ons kan julle verseker dat daar baie voor die video gebeur het, wat baie mense wat dink die Man wat afgetrek was, is verkeerd, tweekeer laat dink …….

wag tot die saak in die hof begin, dan sal julle alles hoor.

in tussen tyd, respekteer asb die Man en Vrou betrokke by die voorval, hulle is getraumatiseerd en sal op die regte tyd alles ontbloot …

Lienkie ·

Riaan, vat daardie saak verder, luister na Gesie, al vat dit vir jou jare, jy sal op die einde baie tevrede voel sodra als afgehandel is en jy kan lekker lag bank toe. Sterkte.

Sakkie ·

As ek my mening kan gee het daai emd lede heeltemal verkeerd op getree eerstens wat soek al daai groep nuuskurige omstanders daar is wonder die man het nie op hulle geskiet nie want daar was geen beheer nie almal kon net doen wat hulle wil Tweedens dit kon op baie beter manier gedoen gewees het die lede het dit net erger gemaak maar weereens hulle dink hulle kan net maak wat hulle wil daai man het ook regte daai hele gedoente is baie deur mekaar jy weet nie eers wie is wie daar nie hulle is baie lief daar voorom altyd rassisme voor koppe te gooi maar wonder wie is die rasis. Hoop hy kry vir hom prokereur want dit is heeltemal on aanvaarbaar.

T ·

Dis vir my of die polisie deesdae hierdie mag ding geniet. Hulle is soos kinders waarvoor daar gese word julle moet nou kyk dat die ander kinders nie praat in die klas nie. Hulle is arrogant en cocky heeltyd oor alles. Hulle trek ons werkers af wat fietsry en soek permitte en ID”s ens en as hulle nie dit daar het nie sit hulle hulle binne in die vangwa en soek geld vir hulle vrylating…eerlik die polisie het hierdie magshouding wat suig

yol ·

ek kan nie glo wat ek van paar mense hier lees nie….. dis mense soos julle wat sal maak dat ons nooit weer die land terug kry nie ,,, ek kan sien hoe bang daai man is is en op sy senuwees is ,,,, ek ken hom glad nie maar ek kan sommer sien hy het defentef nie die K woord gebruik nie…. sies vir julle man….. ek wil regtig nie eendag julle aan my kant he die dag wat die wittes uitgemoor moet word nie

Theresa ·

A nee a polisie! Om ‘n man uit sy voertuig te wil sleep. Glad nie reg nie. Ek twyfel baie sterk of daardie man kanker, keffer, koffer of watter k-word ookal gebruik het. Dis snert en word vir als wat hul wil verkeerd doen, gebruik. En in watter privaatvoertuig is hy ingesit???? Sal baie graag meer detail oor hierdie man se veiligheid wil sien. Het hy veilig tuis aangekom? Waarheen het wie hom gevat?????! Wens almal wil groot word en nie soveel chips op die skouers hê oor woorde nie. Let eerder op dat ons in ‘n beskermde land moet kan leef en hou die skelms, verkragters, moordenaars en onwettige mense van ons almal af weg.

9119 ·

Middag aan almal.
Ek is die pa van die twee kinders en daar was nou al vreeslik baie gese oor hierdie insident. Kom ek vertel julle n bietjie meer maar ek gaan glad nie hulle hofsaak in gedrang trek nie.
Die lede in die privaat kar het my kinders ge “tailgate” waarna hulle vir hom gewys het om verby te gaan. Hulle het wel verby gegaan en op daardie oomblik die middel vinger gewys, waarna my kinders natuurlik reageer het en diselfde gedoen het. Daarna was hulle af afgedruk van die pad met die privaat voertuig. Die metro lid het uitgeklim en my skoonseun geklap deur die gesig, (ons het nog videos om die insident te bewys) en toe kom hy met die beweerings van die “k” word. Nou my vraag is hoe het hy dit gehoor as jy teen 80 kmpu ry met toe vensters. Wel van daar af weet almal wat gebeur het.
Ons is besig met die saak en baie mense het ons al gehelp om bewyse bymekaar te kry. Ons moet maar ongelukig die regstelsel se pad loop maar ons gaan dit nie daar los nie.
Ek dink in vandag se tyd in ons land is rasisme meer aktief as in die ou dae, maar wat my meer bekommerd maak is dat die swart jeugtiges van vandag so militant en rasisties is. Hulle het altemit in n demokratiese land groot geword.

Foxie ·

Mnr Nel, jy kon so waar as wragtig nie wag om jou video die wêreld in te stuur nie!Jy het daardie persoon nou nog in n groter verleentheid gestel waarin hy tans is. Jy gaan beslis nie n klop op die skouer kry nie. Staan eerder saam en help mekaar man! Sies!!!!

Ben ·

Wat is besig om met ons ou volkie te gebeur. Van die eerste kommentare dui daarop dat ons maar tevrede en gedwee onderdanig aan ‘n klomp breinlose kommuniste moet wees.Dit dui maar net op die rugraatloosheid van sommige my volksgenote. Ek kry skaam en is bekommerd oor die toekoms. Dis tyd dat de la Rey kom. Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer en as jy wakker word is jou huis, kar en hond weg. Slaap rustig voort.

Bekommerd ·

Foxie: Inteendeel is dit `n goeie ding dat mnr Nel die video die wereld ingestuur het, al is dit `n groot vernedering vir die mense wat daarby betrokke is, ANDERS , sou niemand die mense in die hof geglo het nie, DIT is `n stewige bewys teen die “polisie” amptenare, So baie dankie mnr Nel, jy het die saak baie sterker gemaak.
Theresa: Die man was Polisie stasie toe geneem in die “ongemerkte voertuig”, Sy verloofde is alleen agtergelos met `n gebreekte kar sleutel ( deur die polisie man gebreek) met gesukkel het sy die kar aan die gang gekry en hom gaan haal, hy is veilig, Uit op borg.

Almal wonder oor die “ongemerkte voertuig” dit sal in die hof uitkom, want die legkaart se stukke kom al hoe meer bymekaar.

Praat van “Korrupte Polisie” , kyk op die nuus, in die koerante, Hul is al tot betrokke by rooftogte, “bribes”, in my dorp is daar nou 4 gevang daarvoor, so hoe maklik is dit om `n witman te blameer van die “K” woord,

Dankie Annoniem: vra dat die mense die betrokke man en sy verloofde respekteer. en wag vir die hof om die uitspraak te gee.
Deur sulke dinge is daar miljoene rande se eise al teen die minister van polisie ingestel.
Die mense wat so kritiseer en oordeel, lees die nuus, dan sien jy ons bly in dieselfde “KORRUPTE LAND”.

MP ·

Jammer, weet nie of ek verkeerd gesien het nie, maar het daardie polisie vrou, sy verloofde terug in die kar in geklap aan die begin???

MP ·

Jammer, weet nie of ek verkeerd gesien het nie, maar het daardie polisie vrou, sy verloofde terug in die kar in geklap aan die begin???…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.