Video: Motoris skiet verdagte dood

Die wit Ford Ranger wat geteiken is (Foto: Skermgreep)

ʼn Man is doodgeskiet toe hy en twee makkers Donderdagoggend ʼn motoris in Pinetown in KwaZulu-Natal probeer kaap of beroof het.

In ʼn video wat wyd op sosiale media gedeel word, kan gesien word hoe drie mans na ʼn wit Ford Ranger-bakkie, wat in die verkeer by ʼn verkeerslig in Josiah Gumede-straat staan, aangehardloop kom. Talle kapings en rooftogte het glo al by dié verkeerslig plaasgevind.

Daar kan duidelik gesien word hoe twee van die mans na die bestuurder se kant hardloop terwyl die derde een na die passasierskant van die voertuig gaan en die deur probeer oopmaak.

Die verkeer begin beweeg en die bakkie ry ook effens vorentoe voor dit tot stilstand kom. Die volgende oomblik val een van die kapers aan die bestuurder se kant op die grond terwyl die ander twee laat spaander.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die bakkiebestuurder een van die mans doodgeskiet het. Sy het gesê die voorval het omstreeks 06:50 plaasgevind.

“Die drie mans was met ʼn mes gewapen en wou die bakkie kaap of die bestuurder beroof,” sê Mbele.

’n Geregtelike doodsondersoek en ʼn saak van poging tot roof is by die Pinetown-polisiekantoor aanhangig gemaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Diets ·

Ek sal presies dieselfde doen…
Sterkte aan die bestuurder

QueenB ·

As hy dit nie gedoen het nie was hy vrek….hy net homself beskerm

shari ·

Sou presies dieselfde gedoen het.Dit is hy of ek.Geen simpatie nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.