[Video] Munisipale gebou aan die brand gesteek

Foto: Facebook

Die Mamusa-munisipaliteit se munisipale gebou in Schweizer-Reneke in Noordwes is Donderdagmiddag aan die brand gesteek, net ʼn week nadat die munisipale gebou in Lichtenburg ook onder betogers deurgeloop het.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die brandweer was teen 15:30 nog op die toneel besig om die vlamme te blus. “Ek dink nie daar is veel van die gebou oor nie,” het Müller gesê.

Volgens Müller het ontevrede inwoners van die gebied die gebou aan die brand gesteek in protes teen ʼn tekort aan dienslewering en bewerings van korrupsie in die munisipaliteit. Hy het gesê onlustepolisie is na die gebied ontplooi om die situasie te monitor, maar besighede moes om veiligheidsredes gesluit word.

Foto: Facebook

“Die polisie is na die toneel ontbied, maar daar is nie plundery aan die gang soos ons voorheen in Coligny gesien het nie,” het hy gesê.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar gesê die motief vir die brandstigting is nie bekend nie. Volgens Mokgwabone is ʼn biblioteek ook aan die brand gesteek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig betogers in Lichtenburg het op 24 Mei Daniel Buthelezi, die burgemeester van die Ditsobola-munisipaliteit gyselaar geneem en ʼn gedeelte van die munisipale gebou aan die brand gesteek. Buthelezi is ure later bevry en 32 verdagtes is in hegtenis geneem. Hierdie voorval het ook met ontevredenheid oor dienslewering verband gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Louise ·

Mooi man….sommer mooi.
Wie dink hul gaan daardie geld voorskiet om weer n gebou op te rig??
Voor de vrek dink ek belastingbetalers moet almal staak om te betaal. Want duidelik word dit gemors en geboue onnodig afgebreek deur mense wat geen respek het nie…wat nog te se vir hulself..

Ander Annie ·

Dit is sommer twak dat alles verbrand en verwoes moet word. Nou moet ons belastingbetalers weet opdok vir die herbou van die kantore.

Swannie ·

Kan ons mense nie las nie ????
Fooitog, nou het die agtergeblewenes nie `n munisipale gebou of `n biblioteek nie. Dis `n skande !!…hoe moet die arme kindertjies nou naslaanwerk doen ?

Ek wed julle, dis als apartheid se skuld.

( Defnitief tong in die kies geskryf !!)

Bray Rabie ·

Brande is al so algemeen dat die afbrand van n munisipaliteit nie eers die nuus op TV haal nie. Tragies.

jaco ·

En in die volgende munisipale verkiezing stem 80% of meer v.d. dorp se kiesers maar net wéér ANC… Aanmekaar diezelfde patroon in al die ANC-beheerde munisipaliteite.

Kry vir julle ·

Janee ek het GEEN simpatie met protesgangers en oproermakers nie. Eerstens raak hulle gewelddadig en vernietigend en tweedens stem hulle WEER ANC in die volgende verkiesing, so ongelukkig geen hulp of simpatie aan hulle nie .. Veg maar met die regering wat JULLE ingestem het.

Ken2 ·

Demokrasie werk net in intelligente gemeenskappe. Die mense is so intellektueel challenged dat hulle nie verstaan wat die doel van stem is nie.

Alet ·

Dit is so hartseer! Ek het grootgeword in Schweizer-Reneke en my familie bly nogsteeds daar. En ja, agv korrupsie in die Munisipale bestuur is dienslewering daar power. Die strate is meer gat as teer, en dorp sit gereeld sonder krag. Maar hoekom brand hulle die geboue af? Daar is alreeds nie geld vir dienslewering nie, nou waar gaan geld nou vandaan geskraap word om weer nuwe geboue te bou? Ek verstaan eenvoudig nie die mentaliteit…

Sarel se boetie ·

As mens hoor hoeveel geld ons honorable president en sy seuntjie al in Dubai het, dan besef mens SA het eintlik baie geld…gehad

Bruno Stef ·

Jippee wanneer kry ons as n buurdorp ook ons beurt ( Sarkasties ) alhoewel ons Stadsaal al n geruime tyd gelede deur ontevrede Munisipale werkers afgebrand is. Ek het ook tot nou toe nog nie van enige vervolgings in verband met die insident iets verneem nie.

Karek ·

Ja-né, die ou volkie van ons en dan staan daardie kaalkop “president” van hulle nog vanmiddag in die parlement en grappies maak asof daar nie ‘n enkele probleem in sy sogenaamde “rainbow nation” is nie. Die engelse gesegde “there is none as blind as those who cannot see” tref werklik in die kol hier.

Eish ·

Genade, maar dis n oproerige klomp mense in Noordwes. Sal interressant wees om te sien hoe die volgende algemene verkiesing in die provinsie loop.

Stem maar weer ANC ·

Moenie worry nie, in die volgende verkiesing stem hulle almal weer ANC met n nuwe T hemp en n kospakkie en baie beloftes. Hahahaha.

humor ·

En so is hulle bestem om steeds nog in die verre eeue toekoms agtergeblewenis te bly. Onmoontlik om uit hierdie graf te kom.

Riaan ·

En vir hul straf sal daar dadelik aan al hul eiese gehoor gegee word. Niemand kom mos in die moeilikheid vir brandstigting nie.

FrenchPeteers ·

Ek weet hulle my al verduidelik lank terug, maar ek kan nie die detail onthou nie. Hoekom hou ons mense aan belasting, munisipale fooie, ens betaal as dit so gaan.

Chaparel ·

Stem saam, dit word tyd dat ons die geldkraan toe draai, die regering se enige swak plek is die toevoer van geld na hulle bankrekeninge toe, sodra die geldlyn stilval dan val die regering.

Scalla ·

Die SAPD is te slap, noudat sambokke nie meer gebruik mag word nie, skiet die voorbok en alles is op n einde, end van die prent.

Nicci ·

Jy is so reg… hul moes al sommer by die ingang vanaf Amalia gekeer gewees het. Hul het flippen niks in die dorp nodig nie

Francie ·

Kan iemand aan my verduidelik hóékom hulle dit doen? Hulle gaan nou géen diens kry nie. Ek stem 100 % met die LUR van Onderwys (Gauteng ? nie seker nie) saam wat met die opening van ‘n nuwe skool hierdie week vir die ouers gesê het dat as daardie skool afbrand, daar nie vir hulle kinders weer een gebou word nie. Ditsem!!

Noting to loose ·

Weet jy wat skryf ‘n ou gister op FB .. we have NOTHING TO LOOSE< so dink bietjie daaraan .. hulle het niks om te verloor nie, .. so hulle brand en breek en moor en roof .. want hulle het niks om te verloor nie want die beloftes wat aan hulle gemaak is deur die ANC in 1994 is nooit nagekom nie , nou verskuif die ANC die fokus na die wittes in plaas van om pa te staan vir hulle beloftes …Meeste klipgooiers het nie eers werk nie .. hulle het net vuurhoutjies .. so om te vernietig en te brand kos hulle NIKS nie!

arno ·

n Oulike manier om van al die agterstallige rekenings en skuld wat belastingbetalers ophoop ontslae te raak

Knersis ·

Ek hou van die manier waarop jy dink: dink soos ‘n skelm om ‘n skelm uit te vang.

ADRI ·

Ek is seker dat apartheid baie meer vir die burgers gedoen het as die huidige regering. Nie belasting betalers se geld gesteel en niks vir die burgers gedoen nie. Dit sluit wit en swart in

cor ·

Brand stigting, moord op boere , verkragting van kinders en moord , asook roof is die nasoinale sport waarvoor geoefen word vir die volgende olimpiese en afrika spele. Korrupsie kom nie in aanmerking nie want SA sal dit oorheers

Ek gee op ·

Gelukkig kry die wit boere in die bakkie nie weer skuld nie, so wie gaan nou die verantwoordelikheid dra, en hoekom is dit nie nou wereldnuus dat hierdie mense net eenvoudig alles om hulle vernietig omdat die ANC vir wie hulle gestem het nie die BELOFTES wat hulle gemaak het in 1994 nagekom het nie. Steeds word die vinger na die nagevolge van Apartheid gewys na 22 jaar …nous daar nie meer wittes betrokke nie, nou word die insident sommer maar net stil stil laat verbygaan. Herbou die plek weer met ons belastinggeld .. en maak weer lee beloftes vir 2019.

Meraai ·

Liewe betoger
Terwyl jy vandag jou danspassies uitgevoer het en tyd gehad het om vure aan te steek wat jy nie van plan was om te blus nie, het ek gewerk… Nie omdat ek van die sogenaamde bevoorregte groep mense in die land is nie, maar omdat ek besef as ek nie werk nie, kan ek nie vir my kind en myself sorg nie. Indien mense soos ek nie werk nie, is daar nie geld vir staatspensioene, “social grants” en “childpay” nie. Is daar nie geld om paaie reg te maak nie en is daar nie geld vir dienslewering nie. My raad is dus: kom van jou “jack” af en begin werk, dra by tot die land se ekonomie en eers dan kan jy jou mening lug. Ek is seker dit sal aansienlik verskil van die een wat jy nou het, as jy dit aan eie bas voel hoe belasting in vlamme opgaan!

Henk ·

Sou die regering hulle welvaartbelasting implimenteer kan ek dit dalk oorweeg om te help om staatsgeboue af te brand totdat die belastings gestaak word! Ek meen, dit is mos die daaglikse ding om te doen en dan kry jy jou sin?

Magda ·

En as dit nou ek of jy was wat die gebou aan die brand steek omdat ons tevrede is oor dienslewering was ons al in die tronk!! Ek sit met n water rekening van R 22,000 omdat hulle n nuwe meter ingesit het en die lesing op 00000 begin, my verbruik was 21 kiloliter en ek gee 21 deur maar hulle sit 3 nulle agter maw 21000 kiloliter en nou moet ek die rekening betaal of my krag word afgesny. Patetiese dienslewering maar het ek die gebou aan die brand gesteek? NEE ek was net woedend omdat van my verwag word om te betaal en dit terwyl die beampte by TSHWANE erken dat dit n fout moet wees. Red nou n volk met so n NASIE

Robbie ·

Ventersdorp was darem die eerste een wat afgebrand is….kom ons sit maar agteroor en kyk hoe ons gelykes ons eens land afbrand……

Robbie ·

Henk ek hou van jou denkwyse, maar wie gaan dit doen? Seersekerlik nie die witmense nie, want kyk wat het in Parys gebeur, jou vriende gee jou weg, want ons try mos brownie points by die nuwe heersende party en bewoners score….

Johannes Meintjes ·

Terwyl nie een van die SA regering, SAPD, SANW of intelligensiedienste enige wil toon om die subversiewe optrede in die nuwer Nuwe SA hok te laan nie, of tot beter regering ten bate van die hele Nuwe SA en al ons mense oor te gaan nie, is die beskeie vraag of die befaamde selfbestuur en selfbeskikkende berade van die blanke Afrikaner werklik tot enige tasbare vrugte en alternatiewwe strukture aanleiding gee?

broos ·

en hoe moet die munisipaliteit dienste lewer as daar nie ‘n gebou is nie???

marie ·

Ek glo die onluste word aangevuur deur die ANC om n “state of emergency” te kan afkondig, dan het Zuma al die mag wat hy nodig het. Dit is die rede vir al hierdie onsinnige dade in NW.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.