[Video] Musiek-huldeblyk vir SA tiener wat in Mauritius sterf

Mundolene Vosloo

Mundolene Vosloo

Die kêrel van die Suid-Afrikaanse tiener Mundolene Vosloo (17), wat Woensdag in Mauritius dood is, het ʼn video op Facebook gedeel waarin hy ʼn liedjie op die klawerbord speel wat hy vir haar geskryf het.

Tyron Bothma het by die video geskryf, “Ek is nie ʼn goeie pianis nie, maar ek het hierdie vir my meisie geskryf uit my hart uit, so ek wil dit graag deel. Hierdie is vir jou my engel.” Die video is teen Sondag al meer as 11 000 keer gekyk.

Maroela Media het vroeër berig Mundolene is Woensdag by die Hotel Riu Creole in Le Morne dood. Sy was saam met haar pa, stiefma en twee broers met vakansie. Sy het die aand inmekaargesak en ʼn dokter by die hotel het haar ondersoek voordat sy dood verklaar is. Die polisie was kort hierna op die toneel en dit het glo aan die lig gekom dat Mundolene en haar stiefma, Marietjie Vosloo, in ʼn argument betrokke was. Vosloo het haar na bewering geslaan en sy is in hegtenis geneem.

ʼn Nadoodse ondersoek het later getoon Mundolene het bloeding op die brein gehad. Dit is nie duidelik of dit deur fisieke trauma of natuurlike oorsake veroorsaak is nie.

Bothma het sedert Donderdag verskeie boodskappe oor Mundolene op sy Facebook-blad geskryf. In een van die boodskappe het hy gesê hy is dankbaar vir die tyd saam met haar. In ʼn volgende skryf hy daar is nie woorde, musiek of kunswerk wat haar skoonheid kan regverdig nie. “Jy was ʼn engel in menslike vorm. Die meisie wat my gewys het wat die betekenis van ware liefde is, my alles, my liefde, my prinses,” het hy geskryf.

Mike Vosloo, Mundolene se pa, het vroeër by monde van sy regsverteenwoordiger gesê die gesin sal nie in die “geweldig moeilike tyd” kommentaar lewer nie.

So im not a good paino player but i wrote this to my girlfriend from my heart so I'd like to share itThis is to you my angel

Posted by Tyron Bothma on Thursday, October 6, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nou waars die video? ·

Nou eaars die musiek video soos die opskrif lei…..ek sou dink dat ons dut kon sien?

Mariné Lourens ·

Dagsê Nou waars die video

Dankie vir jou kommentaar. Die video volg onderaan die berig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Patrich ·

Waar was haar pa toe die voorval gebeur het. Ek hoop daai stiefma sit lewenslank My innige simpatie met haar moeder en familie en haar vriend. Die HERE is met julle .

Maria van Dieweeck ·

So mooi! Hou vas aan Jesus se hand! BId vir jou en familie.

Erica ·

Die stiefma is nie veronderstel om haar hand teenoor n tiener meisie te lig nie hoekom her die pa dit toegelaat.as dit my kind was sou ek die saak nie daar gelaat her nie.runs in vrede pragtige kind .

Sam ·

Nou wat gaan gese word as dit nie die stiefma se skuld is nie. Julle wat so child abuse skreeu. Ek was in my tyd ‘n hele paar keer deur die mond geklap vir cheeky wees, ek was nie geabuse nie, ek was maniere geleer. Moenie so vinnig vinger wys nie, die media het nie al die feite nie nie eers in Mauritius nie. Sterkte aan die familie en vriende, God se plan is groter as ons.

Poplap ·

Sam dis hartseer dat jy dit goedpraat. Jy is duidelik so beinvloed deur die klappery dat jy nie die realiteite kan sien nie. Dis mishandeling. Stel voor jy kry vir jou goeie sielkundige om deur jou denial te werk. Sterkte vir jou en hoop nie jy klap ook jou kinders so rond nie. As jy dit wel doen gaan sien onmiddelik iemand want jy is dan mishandelaar

Sannie ·

In Die Burger het die pa erken dat die stiefma gekla het oor die dogter se gedrag. Klink nie asof hy die dogter veel aangepraat het oor haar gedrag nie.Daarom se ek altyd….vergeet maar van iemand met bagasie…kinders…. Jy sal nooit wen nie want die ouer wie se kind dit is sien niks verkeerd in die kind se optrede nie.

Ek kook ·

Ek kook, GEEN OUER BEHOORT ‘N KIND TE KLAP NIE, maak nie saak of jy sy of haar eie ouer of stief ouer is nie!!!! As jy dit nie kan uithou met die kind of die Pa nie jou punt sien, vat jou goed en trek Fereira!!!!!! ‘n 17/18 jarige klap, wragtig kom jy uti die middel eeue en dit is presies waarom daar geen dissipline is nie, ordentlike liefdevolle opvoeding emt ‘n pak slae het plek gemaak vir klappe, skoppe en skelle!!!!

Theresa B ·

Wow – Dis nou ‘n stiefma met ‘n hoofletter “S” hoor …………………………

katie ·

n Stiefouer het nie die reg om aan n stiefkind te klam, slaan ens nie. Want hulle doen dit nie met liefde nie. En dit gaan dikwels gepaard met haat.

koos ·

ek het haar geken en sy was n pragtige goeie goed gemanierde dogter wat jou met respek behandel het en altyd n glimlag gehad het almal gaan haar mis

foxi ·

Eerstens…..die gras is NOOIT groener aan die anderkant nie! Daar is baie goeie stiefma’s en daar is jaloerse stiefma’s. Die goeie stiefma sal alles in haar vermoeë doen om almal gelukkig te maak. Die jaloerse stiefma sal alles in haar vermoeë doen, om al die aandag op haar te vestig, party van hulle bring n pakket saam en dan verwag sy dat haar (kinders) ook net eerste moet kom. Nie n maklike saak nie…….maar weet net een ding…..jy weet wat jy gehad het…..maar jy weet nue wat jy gaan kry nie! Jammer dat so n pragtige jong dame se lewe so vroeg van haar weggeneem is…….

Liza ·

Die hele naweek maal hierdie pragtige kind in my gedagtes…. Wat het deur daai mooi koppie gegaan toe dit gebeur? Sy is dieselfde ouderdom as my meisiekind wat ook maar deur ‘n moeilike tyd met haar stiefma is…. Poppie, ek hoop daar waar jy is het jy vrede, en baie sterkte aan haar eie mamma….. So hartseer!

ANTJIE ·

Die feit dat sy bloeding op die brein opgedoen en gesterf het, beteken dat sy ‘n besonderse harde hou teen die kop toegedien is. Vir my is dit in die eerste plek onaanvaarbaar om enigiemand teen die kop te klap, hetsy hard of sag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.