Video: Nataniël-kortfilm betower by Silwerskermfees

Nataniël is te sien in die kortlfilm, Almon Henry, waarvan hy ook die draaiboek geskryf het.  Die kortfilm is by kykNET se Silwerskermfees 2014 te sien. Foto: Skermskoot uit lokprent.

Nataniël is te sien in die kortlfilm, Almon Henry, waarvan hy ook die draaiboek geskryf het. Die kortfilm is by kykNET se Silwerskermfees 2014 te sien. Foto: Skermskoot uit lokprent.

‘n Lokprent van Almon, Henry en ‘n gesprek met die regisseur en vervaardiger volg onderaan die berig.

Nataniël het die teks vir die kortfilm Almon, Henry geskryf en vertolk ook self ‘n rol daarin. Die kortflim vertel die storie van Henry wat sy ma-hulle se huis moet oppas wanneer hulle met vakansie gaan. Sy lewe neem ‘n onherroeplike wending wanneer hy ‘n vreemdeling in ‘n bos naby die huis ontmoet.

Met min dialoog dra die visuele ‘n sterk boodskap oor en die kostuums skep ‘n magiese gevoel.

Almon, Henry is een van die talle rolprente wat tans by die Silwerskermfees in Kampsbaai in die Wes-Kaap vertoon word. Die fees duur nog tot Saterdag en kaartjies is hier beskikbaar.

Maroela Media het ‘n draai by die Silwerskermfees gaan maak om met die Jan-Hendrik Burger, die regisseur van Almon Henry asook Berdene du Toit, die vervaardiger te gesels oor die fliek. Die lokprent volg onderaan die video.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.